Nehawu-staking verby

(Foto: Nehawu, Facebook)

Nehawu het Woensdag sy staking afgelas nadat die vakbond ’n ooreenkoms met die regering bereik het.

Die regering het ingestem om die onderhandelinge oor die 2022-salarisverhogings te heropen en dit saam met vanjaar se onderhandelinge te hanteer.

Nehawu is een van die vakbonde betrokke in ʼn geskil met die regering oor salarisverhogings en staak sedert 6 Maart om hoër salarisverhogings te eis. Die departement van staatsdiens en administrasie bied ʼn salarisverhoging van 4,7% aan, terwyl vakbonde verhogings van tussen 10% en 12% eis.

(Foto: Nehawu/Facebook)

Volgens die departement is ʼn spesiale vergadering Woensdag byeengeroep om voorleggings oor uitstaande kwessies van verlede jaar se loononderhandelinge te ontvang.

Nehawu sê intussen “die staking het aansienlike sukses en uitkomste gelewer”.

“Die vorige jare se salarisonderhandelinge is nooit afgesluit soos die arrogante regering gedink het nie,” sê Lwazi Nkolonzi, woordvoerder van Nehawu.

Die regering het ook ingestem om binne ses maande ʼn minimum diensvlakooreenkoms vir die openbare sektor te beding. Dit sal die voorwaardes en bepalings uiteensit waaronder noodsaaklike dienswerkers kan staak.

“Die ooreenkoms sal ʼn behoorlike balans verseker in die nakoming van die Grondwet se bepaling oor die reg om te staak en die verpligte vereistes rakende die aangewese noodsaaklike dienste. Dit is ʼn groot stap vorentoe,” sê Nkolonzi.

MRK moet ondersoek instel

‘n Lid van Nehawu Maandag buite die Thelle Mogoerane-streekshospitaal in Vosloorus. (Foto: Wikus de Wet / AFP)

Michele Clarke, die DA se woordvoerder oor gesondheid, sê in die lig van die ernstige skade aan die openbare gesondheidsektor en die nadelige uitwerking van die afgelope paar dae se optrede op pasiënte, sal die DA vra dat die Menseregtekommissie (MRK) die Nehawu-staking ondersoek.

Sedert die staking begin het, het die DA verskeie oorsigbesoeke gedoen en met talle rolspelers in die openbare gesondheidsektor geskakel.

“Ons bevindinge stem ooreen met mediaberigte. Die hospitale en klinieke wat nie deur die staking lamgelê word nie, word oorval deur die pasiënte wat daarheen gestuur is en gaan erg gebuk onder die druk. Ons prys hierdie openbare gesondheidsfasiliteite wat hul bes probeer het om die publiek onder uiters moeilike omstandighede te dien en die beste moontlike gesondheidsorg te verskaf. Die situasie is egter onvolhoubaar,” sê Clarke.

“Terwyl die DA simpatie het vir die verskriklike omstandighede waarin baie openbare gesondheidsorgpraktisyns werk, kan ʼn loongeskil nie die eed van sorg vervang nie.”

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, het Maandag tydens ’n besoek aan die Thelle Mogoerane-streekshospitaal in Vosloorus gesê minstens vier sterftes kan nou regstreeks met die staking verbind word. Dit sluit in die dood van ’n driejarige kind.

  • Lees hier meer oor die stakings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Katinka ·

Die GROTE is oppad, EFF die 20ste Maart. Hou julle veilig.

Amelia ·

Nee wat stakings sal nooit ophou nie elke jaar sefde storie maar hier is mense dood kon regering nie van begin af dan maar hul sin vir hul gegee het n ie hoop daai ouers en families dagvaar die rook uit hul

henndrik ·

Dit is hoekom dit aanhou gebeur want hulle kry wat hulle wil he

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.