Nóg sterf terwyl gesondheidswerkers staak

‘n Lid van Nehawu Maandag buite die Thelle Mogoerane-streekshospitaal in Vosloorus. (Foto: Wikus de Wet / AFP)

Terwyl ontevrede gesondheidswerkers verbonde aan die vakbond Nehawu Maandag die tweede week van ’n nasionale staking binnegaan, het dit bekend geword dat nóg staatspasiënte weens die ontwrigtende staking gesterf het.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het vanoggend tydens ’n besoek aan die Thelle Mogoerane-streekshospitaal in Vosloorus gesê meer as vier sterftes kan nou direk met die staking verbind word. Dit sluit in ’n driejarige kind.

Die minister was egter versigtig om die jongste dodetal bekend te maak.

“Ons kry meer [getalle]. Ek kan sê dat ons nie op vier [aangemelde sterftes] staan nie. Ons wil versigtig wees met akkuraatheid. Ons vorder tans alle kliniese data in. In hierdie stadium is daar meer as vier [sterftes] wat ons ontvang het.”

Die arbeidshof in Johannesburg het intussen ’n interdik toegestaan wat die staking verbied.

“Ons glo dat hierdie bevel die een of ander vorm van stabiliteit in gesondheidsfasiliteite oor die hele land sal bring,” het die departement van gesondheid gereageer.

Die departement het die bevel bestempel as “’n oorwinning vir die onskuldige, kwesbare en onverbonde pasiënte wat die gevolge dra van die ontwrigtende en gewelddadige stakingsaksie.

“Ons glo ook Nehawu sal die uitspraak in werking stel en sy lede beveel om so gou moontlik terug te keer werk toe.”

‘n Versperring Maandag buite die Thelle Mogoerane-streekshospitaal in Vosloorus. (Foto: Wikus de Wet / AFP)

Honderde stakers het vandag buite die Thelle Mogoerane-hospitaal opgeruk terwyl Phaahla sy besoek afgelê het.

Volgens Phaahla is 20 verpleegsters van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) Saterdag vanaf die Klerksdorp Tshepong-hospitaal na dié hospitaal gestuur weens ’n tekort aan hande.

“Ek het gehoor hoe Nehawu sê [die sterftes wat met die staking verbind word] is propaganda. Dit is nie propaganda van die regering nie. Mense kom hierheen om mediese hulp te soek,” het Phaahla voorts aan verslaggewers gesê.

“Ons aanvaar dat selfs onder die beste omstandighede siektes tot die dood lei.

“Dit gebeur wanneer mediese personeel alle ingrypings beproef het. Wat noem mens dit wanneer daardie ingryping doelbewus geweier word omdat mense wat mediese sorg moet verskaf toegang tot gesondheidsfasiliteite geweier word, en wanneer mense sonder mediese hulp sterf?” wou die minister weet.

“Indien daar mediese ingryping was, sou sommige oorleef het.

“Totdat ons die finale verslae van klinici en patoloë kry, sal ons aanhou sê die meeste sterftes hou verband met die staking. Ons praat van mense wat gesterf het in ons fasiliteite waar hulle nie versorg kon word nie en waar gesondheidswerkers toegang geweier is.”

Bykomende inligting deur News24.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Witbaard ·

Hierdie spul steur hulle nie aan wette of n hofbevel nie. Hulle is buite beheer. Die regering kan niks daaraan doen nie. Die president kom dan weg met skelmstreke.

Johann ·

Kla hulle aan vir moord. Die “stakers” en veral hulle base wat als reël. Gewetenlose selfsug.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy speel glo die laaaaang spel. Volgens sekere analiste versterk hy elke uur sy posisie.

Johann ·

Juis nie. Die kommunis weet presies wat aangaan. Hys net geworry oor stemme om hom en sy kamerade aan bewind te hou soos ‘n anargis en leunaar doen. Elkgeval nie ‘n rugraat om op te staan teen wetteloosheid nie. En sy polisie minster doen mos uitstekende werk so.

Jacobus ·

Asof hierdie stakende gepeupel hulle gaan steur aan hofbevele.

Gerhard ·

Die regering is ‘n klomp slapgatte. Hierdie mense moes al lankal op ‘n hoop gejaag en gearresteer gewees het. Dit is ‘n skande en dink die klomp stakers nie daaraan dat die buiteland, wat veronderstel is om in ons land te bele, wat ons land moet besoek en daardeur bydrae tot ons ekonomie maak, nie hierdie onmenslike optrede sien nie? Julle, tesame met ons uiters swak regering gee ons land ‘n mal slegte naam in die buiteland, nie eers van ons hier op tuisbodem nie. SIES

Republikein in die Wes Kaap ·

Die buiteland het die regime help vestig. Te laat om nou te kla.

M ·

Indien persone sterf agv nalatigheid, of sulke tipe optrede deur die stakendes, bestaan daar nie ‘n moontlikheid van ‘n aanklag van Moord nie ?

melaney ·

There is nobody who will accept the statement or charge. SAPS are also on strike. They couldn’t care less.

jou gewete ·

Hoop die families word gehelp om behoorlike eise teen die vakbond en ook sy leiers in te stel. Sodra hulle alles verloor in sulke eise en die vakbond ook sy fondse verloor en lede moet help betaal aan die eise sal vakbonde leer om ordentlik op te tree indien hulle ontevrde is met hulle omstandighede. Gevolge op n mens se verkeerde dade bring jou vinnig tot ander insigte

Blikke ·

Ja ongelukkig sal eise nie die afgestorwenes terugbring nie…dus, soos hulle in Engels sal sê: “Too little too late ” en ons moet maar daarmee vrede maak!!!!

Theunis ·

Medelye aan die wat gesterf het en hulle families, ek verwys spesifiek na CR en sy kabinet – WAT NOU ? Volgens my verstaan kan ‘n persoon skuldig bevind word aan terrorisme indien dieselfde persoon/e toelaat of self deelneem om die grondwet te breek, in die geval is dit moord. Is dit nie CR en sy kabinet se verantwoordelikheid om die grondwet te beskerm nie en sodoende die mense binne SA se grense, dit is nou die mense wat binne die wet optreë, veilig te hou nie, veral die sieklikes en krankes?

marius ·

Hierdie gemors het en sal nooit enige gevoelens teenoor hul medemense voel nie .

blyweg ·

Wat my nou laat dink, kom ons se dit is een van hulle kinders wat gesterf het omdat hulle personeel gestaak het, en daai ouers gaan in en moor ook of iets (woorde het ek eintlik nie) dan word daardie persoon aangekla vir MOORD, MAAR DIT IS 100% REG WEENS HULLE AFWESIGHEID DAT MENSE STERF, dan is dit mos nie MOORD NIE.

Ek raak buite my self van kwaad, as mense onnosil dink en wil wees……………….

Johann ·

Hof bevel? Die wetters steur hulle aan niks of niemand behalwe hulle eie demands nie. Sal die land verwoes en onskuldige mense laat sterf, maar laat hulle nou benadeel word deur Wette of behoede ons polisie ootrede. ANC LEGACY van voorregte soos werk, wat REGTE en DEMANDS word.

John ·

Ek is seker jy Moet die fakbond kan dagvaar Vir die trauma wat hulle die families deur sit. Ek is Nie n regs geleerde Nie maar ñ men’s moet iemand verantwoordelik kan hou. Dit is niks anders as moord nie. Hulle het geweet wat kan gebeur.. Hierdie mense gaan wil terug gaan Na die staking en verwag hulle moet met tispek behandel word, maar hulle het geen respek Vir pasiente se Lewes Nie. Hoe vertrou Ek hulle met my heliefdes se Lewes?

melaney ·

Ons kan hulle nie vertrou met ons geliefdes se lewens nie.

Aai ·

Kla die aan vir moord wat nie op hulle pos was by daai wat gesterf het.

Hendrik Marthinus ·

Toe Eskom en Transnet laas jaar net 2dae gestrike het het hulle groot verhogings gekry.
Ons president laat sy ministers nie water of elektrisiteit betaal nie
Dink aan dai verhoging in geldwaarde.
Gesondheidswerkers het deur covid gewerk en kry nie eens 5% verhoging nie.
Ondankbare werk vergelyking met Eskom en Transnet.
Hulle verdien soos in ander lande van die beste salarisse.

melaney ·

Daar is ‘n enorme verskil tussen die verleegsters van vroeër jare en die van vandag.

Amelia ·

Jammer maar stem nie saam nie in ander lande werk hul staan nie rond met selffoon en
doen nie werk nie vir die minderheid wat wel werk 1 uit 100) ja gee vir die n verhooging maar ons weet die harde werker sal nie raak gesien word n ie maar wel die met vriende op hoeer vlak

Sean ·

Wat het hulle verwag Die gesondheidswerkers deesdae gee nie n duit om vir mense lewens nie

Regtigegtig ·

Ons wil nie hierdie mense terug he in die hospitale nie. Hulle gee niks om vir mense nie. Neem ander mense in diens. Doen indiens opleiding met mense wat wil werk en wat omgee vir ander. Wat dankbaar sal wees vir n inkomste. ( Daar was geen verhoging die jaar by my man se werk nie en niemand het gestaak nie. Almal dankbaar dat hul nog werk het.)

Anel ·

Die families wie geluefdes verloor het moet siviele eis teen die vakbonde in sit. Dit is agv hulle optrede dat hulle lede staak. Dalk as daar aan hille sakje gevat word, sal hulle 2 keer dink. Maar eintlik globek nie dit sal gebeur nie. Mens kan seker maar hoop!!!! En wat van die regering? Hoogveraad! Hulle los die unies om die land onregeerbaar te maak. Gewone mense se veiligheid word bedreig en cr roer nie ‘n vinger nie!!!!

annie ·

Weet julle hoe SA teen Kersfees gaan lyk? En elders op aarde lyk sake nie feel beter nie, inteendeel.

Nie Verbaas ·

En dit mense is waarheen die ANC ons land bestuur het. Ons nader anargie en die oertydperk met die spoed van lig.

Lillian ·

Dit gaan hier nie oor ‘n passie vir hul werk of medemens nie, net geld en byvoordele. Dank die hele lot af!

Genis ·

Dis eindelik hoogveraad en boonop poging tot moord, tot moord.. Die kriks van die saak is, hulle hou nie van dissipliene nie, nog minder beheer.. Hulle almal is bo die wet.. kom hulle toe..

Peetjie ·

Ek hoop van harte dat die mense wat verantwoordelik is vir die staking en dan die ontydige sterftes van pasiente deur die families aangekla gaan word vir moord…

Tino ·

Dit is duidelik dat hierdie spul nie ‘n passie het vir verpleeging en om deur mediese sorg, mense lewens eerste te stel nie.

Hulle is net daar vir die salaris, die wat staak is in elk geval die onbevoegdes wat dus nie werk in die buiteland kan kry nie en net ‘n las op die samelewing bleik te wees.

annie ·

Interessant dat datums gekies word in en rondom vakansiedae. Lekker niksdoen moet ‘n goeie hê om te is…

Debbie ·

Fire hulle almal, daar is baie mediese personeel wat werk soek

...M... ·

Hoe slaap hierdie mense in die aande?
Hoe kon die regering dit los totdat daar mense & kinders sterf.
Dis iets om van naar te word!!

Pim ·

Ek hoop die base by Nehawu word aangekla van moord. Dit is hulle skuld. Met ‘n ekonomie wat nie groei nie hoe kan jy 10% verhoging verwag. Genade, die arrogansie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.