Nelspruit-boer verskeie kere op plaas geskiet

plaashek-pexels

(Argieffoto: Pexels)

’n Boer word tans in ’n private hospitaal in Mbombela (Nelspruit) behandel nadat hy Sondagmiddag op sy plaas in dié omgewing aangeval en verskeie kere geskiet is.

Voorlopige inligting dui daarop dat die boer moontlik sewe keer geskiet is, waaronder in die bors.

Die polisie kon nie dié besonderhede Maandag aan Maroela Media bevestig nie aangesien die boer Sondag met die polisie se aankoms op die toneel reeds hospitaal toe gehaas is.

Callen Herbst, ’n reaksiebestuurder by AG Solutions, sê ’n ambulans was met sy aankoms op die plaas reeds op die toneel.

Volgens Herbst het ’n groep gewapende verdagtes die boer omstreeks 17:00 in sy plaashuis oorval en aangehou.

Die boer is in ’n stadium verskeie kere geskiet voordat die verdagtes hom vir dood agtergelaat en in sy bakkie met onder meer vuurwapens en selfone op die vlug geslaan het. Inligting dui daarop dat die gewonde boer sowat 2 km ver gestap het om hulp by sy plaaswerkers te ontbied, wat om die beurt ’n ander boer gekontak het.

Die plaas is op die sogenaamde lughawepad geleë en die verdagtes het tot by ’n grensdraad gery voordat hulle die boer se bakkie agtergelaat en vermoedelik te voet op die vlug geslaan het.

Die bakkie se sleutels en die gesteelde items word nog vermis.

Kapt. Nkosi Magonseni, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het vanmiddag by navraag gesê die polisie ondersoek in dié stadium ’n saak van huisroof aangesien hulle nog nie met die slagoffer in aanraking kon kom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Otto ·

Sewe kere geskiet en slegs ‘n saak van huisroof! Wat ‘n grap…….
Weet die Polisie nie waar die privaat hospitale in Mbombela is nie?
Dalk moet ‘n paar Bittereinders gaan betoog en dan sal hulle alle polisielede soontoe gestuur word.

JohanR ·

Alles reg as die boer geskiet word, maar die herrie is los as die boer enige van die aanvallers skiet.

Papsak ·

Dit is maar reg dat hulle die boere skiet maar laat die boere kyk nou na Groenewald hulle moet terug staan en laat hulle maak wat hulle wil dan gaan ons nie so tekere soos wat nou in Groblersdal aan nie daai boer is sewe keer geskiet ek wonder net gaan hulle nou ook so vinnig optree om daai gemors te vang en toe te sluit soos wat hulle gemaak het met Groenewald en sy seun daai ding is nie eers seer gemaak nie maar kyk nee hulle gaan niks oor kom nie darem so pateties ne

Andre ·

…hoekom bespeur ek onse Julius se hand in die toenemende aanvalle op plase en ras- gedrewe insidente?

Gaitsigubib ·

Mens durf nie protesteer teen die geweld as jy n Boer is nie. As n aanvaller die oorhand kry tydens n aanval gaan sy weergawe waarskylik die swaarste weeg in die hof. Ek wonder of daar kommentators is wat kastig so “skaam kry vir die Afrikaners” (Tewie Wessels en Willem Petzer en ander se saak), wat my hier wil vertel hoe ons moet optree? Ek glo nie ek gaan van julle hoor nie….

Piet parys ·

Plaas aanval Poging tot moord . Daai breinlose wat sê huisroof het nie skoolgegaan nie . Dit is net om die statistieke beter te laat lyk .

Wendy ·

Hierdie geval is nie net n honde tand bytmerkie nie waarvoor 5 in n tronk sit nie hierdie is regte poging tot moord en hulle hardloop vry rond !!!!!

John ·

Kapt. Nkosi Magonseni, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het vanmiddag by navraag gesê die polisie ondersoek in dié stadium ’n saak van huisroof aangesien hulle nog nie met die slagoffer in aanraking kon kom nie…………………………..

.Daardie stelsel klink net nie reg vir my nie………..Sal hulle dan n afspraak maak om met hulle later in aanraking te kom.????

Henry ·

Ons sal moet leer om onself te beskerm en stil te bly as jy n aanval afgeweer het . Maak jou eie wette op jou eie grond en pas dit toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.