Nene gepos: ‘’n Jabroer aangestel’

David van Rooyen. Bron van foto onbekend.

David van Rooyen. Bron van foto onbekend.

Die verwydering van Nhlanhla Nene as minister van finansies en sy vervanging met ʼn “jabroer” is ʼn “ongelooflik skadelike besluit” in die huidige ekonomiese klimaat.

Dit is volgens Russell Lamberti, hoofstrateeg by ETM Analytics. Pres. Jacob Zuma het laat Woensdag aangekondig dat Nene vervang word met David van Rooyen.

Volgens Lamberti was daar aanvanklik skok oor Zuma se aankondiging, hoewel dit nie eintlik as ʼn verrassing behoort te kom nie. “Dit blyk egter in ooreenstemming met die karakter van die presidensie te wees. Dit is deel van ʼn lang dalende neiging in bestuur. Dit wys ook dat die presidensie nou bereid is om in te meng by meer ekonomies belangrike departemente.”

Lamberti het gesê Zuma se besluit kan kredietgraderingsagentskappe noop om waarskuwings uit te stuur dat Suid-Afrika vinniger as verwag na sogenaamde rommelstatus afgegradeer sal word indien die besluit nie hersien word of indien die regering nie drastiese stappe doen nie.

Volgens Lamberti word Van Rooyen se aanstelling deur talle vergelyk met die aanstelling van Trevor Manuel in 1996 as minister van finansies. “Sy aanstelling het ook as ’n skok gekom en die markte het negatief reageer op sy aanstelling.” Hy het gesê Manuel se aanstelling was egter te midde van “baie beter regeringstandaarde”. “Die destydse administrasie was toegewy tot fiskale hervorming terwyl presies die teenoorgestelde nou gesien kan word in die aanstelling. Dit is dus ʼn groot fout om die aanstellings te probeer vergelyk.”

Lamberti het gesê Van Rooyen se aanstelling blyk ʼn “jabroer”-skuif vir die president te wees. Die presidensie blyk nou in direkte beheer van die nasionale tesourie te wees. Die ekonomie, hetsy Nene of Van Rooyen, is in ʼn geweldig moeilike plek en daar is groot druk. Die nuwe aanstelling help vir seker nie en strek waarskynlik tot nadeel, maar dis nog moeilik om te sê tot watter mate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rynhardt ·

Die minister van Finansies, Nene was net n tydeltydelike plaasvervanger.Zuma en Anc het liederlik misluk met SA ekonomie! Zuma kan soveel burgermeesters kies vir die pos van minister van finansies, dit is verby vir hom en Anc! Daar is nie n tweede, n derde of vierde kans wanneer jy die SA ekonomie vernietig het nie.Zuma en Anc het van SA ekonomie n rommel-paradys gemaak! Die dae van lekker lewe is verby vir Zuma en sy trawante!

anna ·

En wat het ons hier?
MK lid!!
Wat gaan hy sonder ‘n geweer kan doen?

Eddie ·

Agggg shame dit lyk of die knaap nog in die doekke moet wees met sy ronde gesiggie.
Dink hulle moet n telraam vir hom gee.

Ouman ·

MK lafaards was goed vir niks behalwe vir paar landmyne en bomme met onskuldige burgerlikes die slagoffers. Geen veldslag gewen of verloor want hulle was te bang om te veg. Verder het hulle weggekruip of mekaar uitgeroei in kampe soos Quatro. Nou is hulle helde en sommer ook ministers. Zuma werk met ‘n plan wat begin het met die ontbinding van die Scorpions en wat gaan eindig met die Reserwebank. Ons staan op die rand van die afgrond .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.