Netbal SA internasionaal verkla oor rassekwotas

(Argieffoto: Facebook)

Die burgerregtegroep AfriForum het vandeesweek ’n klag namens vrouenetbalspelers en hul ouers teen Netbal Suid-Afrika (NSA) ingedien.

Die klag het betrekking op junior netbalspelers (o.12 en o.18) wat nie ná die finale skooluitdunne in Gauteng die span gehaal het nie weens oënskynlike diskriminasie wat sover terugstrek as Mei verlede jaar.

AfriForum sê hy het geen ander keuse gehad as om ʼn klag by die Internasionale Netbalfederasie (INF) in te dien nie. Hy sê alle ander moontlike plaaslike maniere is uitgeput in ʼn poging om die dispuut deur middel van interne NSA-strukture by te lê.

AfriForum sê hy het die onderskeie spelers se puntekaarte ontleed en tot die gevolgtrekking gekom dat spelers wat die span op meriete sou kon haal, weens hul ras uitgesluit is. ’n Rassekwotastelsel vir die insluiting van atlete, afrigters en bestuurders druis lynreg in teen die regulasies van die INF, die Internasionale Olimpiese Komitee en die Statebondspelefederasie, wat enige vorm van rassediskriminasie in sport verbied.

Suid-Afrikaanse Skolenetbal en Gauteng Skolenetbal is albei by NSA geaffilieer, wat op sy beurt by die INF geaffilieer is – en dus onder die INF val.

Die organisasie is van mening dat daar minstens ʼn prima facie-saak teen NSA bestaan omdat dit die INF se statute en regulasies oortree. Om hierdie rede het AfriForum die federasie versoek om AfriForum se klag na ’n dissiplinêre of andersins ondersoekpaneel te verwys.

“Politieke inmenging in sport het reeds beduidende skade op verskeie vlakke en oor vele sportsoorte heen aangerig. Die grondbeginsels van sport word ondermyn en rassekwotas maak van meritokrasie en gesonde mededinging ’n grap,” het Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, gesê.

“AfriForum is daartoe verbind om integriteit en regverdigheid in sport op alle vlakke te beskerm en is van voorneme om aan te hou om druk op sportliggame toe te pas wat sport in ’n rassekwessie omskep. Die gevoel van selfwaarde en potensiële sportloopbane van jongmense is in die weegskaal.”

Solidariteit het Netbal SA ook vroeër vandeesmaand met regstappe gedreig oor die liggaam se reëls in verband met die rassesamestellings van spelers wat op ʼn gegewe oomblik op die baan moet wees.

Die Mpumalanga Sunbirds het verlede maand met die Kingdom Queens in die halfeindstryd van die Telkom-netballiga afgereken maar het kort daarna gehoor dat hulle nie aan die transformasieregulasies voldoen het nie en van hul punte gestroop word.

Die span was hul plek in die finaal kwyt omdat hulle te min wit spelers tydens die wedstryd op die baan gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sarel ·

Infidn dit teen Ststebondregulasie is hoekom tree die Statebond nie op nie. Want hulle steun alle besluite van die ANC en staan onder leiding van Britanje.

MakersMark ·

Daar is our people en dan die ander. Hoe meer our people hoe groter die ramp.

Piet ·

Futiele aksie. Almal weet ons pas rasse-kwotas toe. Rugby en krieket sou al lankal geboikot gewees het. Boonop het Afriforum al vantevore klagtes by die IKR en IOK ingedien. Niks het gebeur nie, dit word aanvaar deur die internasionale gemeenskap. Mors van tyd.

Anel ·

Onthou, by ons regering gaan dit nie oor die wen nie. Dit gaan daaroor om in die span te wees en al die voordele wat daarmee gepaard gaan. Jy hoef nie te werk daarvoor nie. Jy moet net daar wees. Al kom jy laaste en jy is die enigste our people, dan wen jy

Natasha ·

Wat het politiek met sport te doen? Ons land is ‘n grap

Bregterblom ·

Die storie kom al baie langer as dit. Hulle is soos die Mafia! Die mense in beheer, nie almal nie, maar baie van hulle behandel die spelers soos gemors. En jy durf niks sê nie, want dit word summier op jou kind uitgehaal. Hulle tree op asof die spelers verleë oor hulle moet wees. Spelers wat wel gekies word, moet langs die kantlyn sit sodat die getalle op die baan tog net reg is.
Die opset is net so toksies soos die KSA krisis!!!

SomeOne ·

….. finaal kwyt omdat hulle te min wit spelers tydens ……, nou wat wil julle he, te min wit of te min swart ???

Jaco ·

Die klagte was dat daar te min, let wel, te min wit spanlede was. Dis dus iets waaroor Afriforum bly behoort te wees. Dis sekerlik ‘n eerste en absoluut uniek in hierdie anti-wit SA.
Dis seker baie edel van Afriforum om by dié saak betrokke te wees, maar waarom? Geen raskwotas in sport, wat in elk geval nooit sal gebeur nie, gaan nie ons eie mense, Afriforum se eintlike teikengroep, help nie. As ek my werk verloor net omdat ek wit is of as daar ‘n plaasaanval of ‘n plaasmoord is, gaan ‘n hofsaak oor raskwotas in sport niks help nie. En ná die hofsaak en al die prestige en “limelight”, dan is Afriforum se geld op en is hulle magteloos om te help met sake waar diskriminasie en rassisme ons eie mense al hoe meer benadeel. Vergeet nou eers die prestige en die “limelight” en konsentreer NET op dit wat ons eie mense regtig raak. Betrokkenheid by ‘n saak wat NIKS met Afriforum se eintlike belangegroep te doen het nie, help ons eie mense niks.

Alta Alleman ·

Nou vra ek waarom word daar GEEN/NIKS gedoen met sokker spanne nie?

Nico ·

Man, stop alle sport, waarom word daar nie gekla oor die sokker spanne nie.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Kwotas: te min wit spelers in netbal en sokker, te min swart spelers in rugby. Alles diskriminasie.

Dirk Mostert ·

Absoluut reg, Afriforum. In die “Ou” S.A. was ons sport internasionaal geboikot op aandrang van anti-regeringsorganisasies. Nou is die skoen aan die ander voet. Daar kan nie normale sport in ‘n abnormale samelewing wees nie. Internasionale sport moet konsekwent optree.

Rina ·

Afriforum moet dalk hul eie Alternatiewe Sportliga begin waarby skole ook kan inskakel, bv ‘n skole liga, onder 21, onder 23 en dan en ‘n nasionale” span moet daargestel word vir die kodes, afhangende van sport en behoefte. Verseker sal die standaard baie hoër wees, want almal is daar op merite!!!
Dis vir my waansinnig onnodig dat enige mens uitgesluit word van sport a.g.v. ras!! Veral kinders, hulle wil net speel en kompeteer op gesonde vlak op skool!!!
Om klagtes in te dien, is tydmors! Begin jul eie Sportliggaam AFRIFORUM!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.