NGV geen utopie vir SA gesondheidstelsel

Foto: pixabay.com

AfriForum veroordeel dr. Zweli Mkhize, nuwe minister van gesondheid, se aankondiging dat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)-plan so gou moontlik ingestel moet word.

Mkhize het Vrydag tydens ’n mediakonferensie beweer dat die vraag nie is óf die NGV ingestel gaan word nie, maar eerder wanneer, en dat hierdie stelsel ongelykheid in gesondheidsorg sal uitwis. “Mkhize se beloftes van ’n utopie vir die Suid-Afrikaanse gesondheidstelsel is egter net ’n rookskerm vir die ANC om hul kommunistiese agenda verder te dryf,” het Natasha Venter, veldtogbeampte by AfriForum, in ʼn verklaring gesê.

“Die oorgrote meerderheid van staatshospitale en -klinieke voldoen nie aan basiese mediese standaarde nie. Daarom het die staatsgesondheidsdiens tot R56 miljard (’n kwart van verlede jaar se begroting vir gesondheidsdienste) aan die uitbetaling van nalatigheidseise bestee. Dit is ’n duidelike aanduiding dat die regering nie eers die staatsgesondheidsdiens na behore kan bestuur nie. Hierdie inmenging in die privaat gesondheidsektor druis in teen vryemarkbeginsels en sal uiteindelik tot die ineenstorting van die bedryf lei.”

Venter sê tóg is Mkhize van opinie dat al die kwessies binne die gesondheidsdepartement nie opgelos hoef te word voordat die NGV ingestel word nie. “Volgens die ouditeur-generaal se verslag het die gesondheidsdepartement in die 2017/2018-boekjaar een van die slegste oudits van al die departemente gekry. So Mkhize se argument dat hospitale – weens die land se algehele finansiële probleme – min hulpbronne het en daarom nie na behore dienste kan lewer nie, is maar flou,” het Venter bygevoeg.

“Ironies genoeg het die minister besluit om die mediakonferensie by die Mamelodi-hospitaal te hou, waar Martha Marais (76) verlede maand op die vloer van die hospitaal met haar hande agter haar rug vasgemaak is en vir agt ure só moes lê.”

AfriForum is tans besig om ’n verslag saam te stel oor die gebreke in die gesondheidsektor. “Die stories wat die publiek vir ons stuur, is angswekkend en die instelling van die NGV gaan net tot verdere en erger rillerstories lei,” het dr. Eugene Brink, AfriForum se strategiese raadgewer vir gemeenskapsake, gesê. “Die NGV gaan enige iemand van hul reg ontneem om te besluit watter diensverskaffer hulle wil gebruik, wat sal beteken dat privaat hospitale en klinieke nie meer vir pasiënte hoef te kompeteer nie.”

  • Klik hier om meer te lees oor watter gevolge die NGV vir jou kan inhou.
  • Klik hier as jy ’n rillerstorie oor gesondheidsorg met AfriForum wil deel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

Ja, die ongelykhied sal nou uitgewis word; almal sal ewe slegre sorg kry.

John ·

Dr Mkhize verskyn skielik op die toneel. Waar is die groot planmaker wat nou skielik verplaas is… sy groot droom sommer so aan iemand anders oorgelaat? Snik. Dit is ongelooflik. Nou gaan hierdie kader die kastaiings uit die vuur krap. En hy is vuur en vlam. Die groot geld van die mediese fondse… die gelddrukkers en goud van die Reserwebank…. die groot bewerkte plase… die myne… die wit skole… Chaos hier kom ons!

Foxi ·

As dit ingestel word, beter die staat nog lykshuise bou, anders gaan daar nie genoeg plek wees vir die opgaar van lyke nie. En dit is die waarheid. En, hulle sal moet miljoene in hul spaarvarkie hê vir eise.

Petrus ·

As ‘n groot deel van die minister se volksgenote die huidige hospitale as doodgaan plekke beskou word.
Feite: Net ‘n paar. Bara wás wêreld gehalte hospitaal – nie meer nie. Yusuf Dadoo toe dit Paardekraal was, was dit die “go-to” trauma hospitaal – nie meer nie.
Kimberley se nuwe psigiatriese hospitaal – 10 jaar agter. Klinieke wat nie-funksioneel is nie en verder afgetakel is – algemeen.
Mens glo dat dit ‘n nuwe brak veld vir korrupsie is.
Jammer minister ons belastingbetalers is voos betaal.

Susan vl ·

Ons moet ons self so gesond hou sodat ons nie n dr of hospitaal hoef te besoek nie. Ons lewe op te veel pille. Komaan mense, ons kan gesond lewe. Begin wegkom van tv en uiteet en stap of draf en maak jou eie gesonde etes. Ons hoef nie in hosputaal in te boek om sieker en soos wat behandel te word. Ons kan gesond lewe sonder daai vernederings. Ek was eendag in ICU staatshosputaal om uemand te besoek. Ek was enkeldiep in rioolwater want n pyp het gebars terwyl n dr n operasie in ICU dien op kop net daar. Weet nie eens if daai padient dit gemaak ht nie. Ek ht infeksie in my oog gekry en pasieent wat ek besoek ht oorlede van septisemia. Ek was geskok om on daai haglikke sitsussue te gewees ht. Ek ht hulle gese ek bel nou carte blanche . Na 2 ure ht ek die geraas gehoor van stofsuier wat water begin opsuig..iemand wat aan pype werk.. dit was vreeslik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.