Nie nodig om weermag in PE te ontplooi, sê Cele

Bheki Cele gedurende sy besoek. (Foto: ANA)

Bheki Cele, die minister van polisie, het inwoners van Port Elizabeth se noordelike gebiede verseker dat dit nie nodig is om die weermag in dié bende-geteisterde gebiede te ontplooi nie aangesien die polisie beplan om operasies hier te versterk.

Cele het Donderdag die noordelike gebiede saam met lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, en Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, besoek.

Die minister het tydens die besoek inwoners by Booysenspark toegespreek waar hy gesê het die stryd teen bendes en verwante misdaad is ʼn nasionale prioriteit. Juis hierom die onlangse aankondiging van ʼn teen-bende-eenheid op nasionale vlak.

“Drie provinsies is hoog op die radar wanneer dit kom by bendeverwante misdaad en die polisie het [dus] ʼn sterk teenwoordigheid in die Wes-Kaap, Gauteng en die Oos-Kaap om die situasie te stabiliseer en wet en orde te handhaaf,” het Cele gesê.

ʼn Totaal van 37 mense is sedert die begin van die operasie verlede jaar in hegtenis geneem en skuldig bevind aan bendeverwante misdaad in die Oos-Kaap.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wielspore ·

Hoeveel dae het hy tyd om op sy woord terug te gaan, in Kaapstad was dit twee dae. Eers het hy gesê dat die weermag nie in Kaapstad ontplooi gaan word en twee dae later kondig hy aan dat hulle wel gaan ontplooi word. In die een liggaam weet die mond en die uitlaatpyp nie wat die ander een doen. In die geval is dit die uitlaatpyp.

Johanna Botha ·

So wat is dan nodig ….dalk moet die polisie hulle werk begin doen !

JP ·

In my opinie is Cele ‘n dubbelganger met dubbel standaarde, hy voeg ook nooit die daad by die woord nie, almal het dit agter gekom en daarom maak elkeen soos hy/sy gedink

Swanna ·

Cele is ‘n rampoker. Die oomblik wanneer ‘n land sy weermag ontplooi in die siviele gebiede beteken dit dat sy polisie mag niks werd is nie en hulle nie opgewase is om hul werk te doen nie. Dit is eintlik wanneer die land veronderstel is om ‘n noodtoestand uit te roep sodat die weermag beheer kan oorneem, maar hier is alles korrup en agterbaks en ook afdwingbaar.

Poot ·

@Swanna
En wat laat jou dink die weermag is enigsins beter as SAPS. Altwee ewe pateties.
Ja….. komende van ‘n 35jaar dienende lid.

Jacques die Goodwoodianer ·

Waar is die motivering vir die polisie?

Ja, die polisie word ñ salaris betaal om hulle werk te doen – ek stem 100% saam.

Daar sal mense wees wat my spreekwoordelik sal bestook maar dink aan die situasie tans: Ongelukkig is daar meer voordele vir polisie wat in korrupte kringe beweeg en misdade pleeg. Die polisie wat wel opreg is en misdaad takel en voorkom word gedreig en is, myns insiens, in die minderheid.

Daar móét ñ (baie aanloklike) insentief beskikbaar gestel word aan lede wat eerlik en lojale diens lewer. Die suksesvolle inhegtenisneming van korrupte polisielede moet hoog geag word en die lede wat hulle vervolging en hul arrestasie bewerkstellig moet hoogs geprys word, natuurlik geldelik.

Polisiemanne wat skuldig bevind word van misdaad moet onmiddelik afgedank word, alle voordele teruggetrek en ten minste 15-20 jaar tronkstraf opgelê word en dit uitdien sonder appél. Maak nie saak hoe gering die oortreding – 15 jaar tronkstraf sonder appél moet die minimum wees.

ñ Spesiale hof moet opgerig word om spesifiek sake van hierde aard (misdadige polisielede) te behartig om die regsproses te bespoedig.

Gert van Wierdapark ·

Dit mag dalk hoog op die Radar wees soos hy kwyt geraak het, maar is/was die radar ooit al aangeskakel!?

Bekkie ·

Laat hy in n bendegeteisterde woonbuurt kom bly. Dan kan hy hierdie besluit neem. Sy lewe en gesin se lewe word nie daagliks hier aan blootgestel nie. Eers Dan kan hy so n besluit maak.

Poot ·

Pat… hy is die hoofnar. Jy moes hom beleef het toe hy dìe “General” was.

Trojaanse Donkie ·

Gebruik die vloot om strande skoon te maak , dan leer hulle ook iets!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.