Niehaus het sewe dae om te appelleer teen afdanking

Carl Niehaus mag vandag sy persoonlike besittings by Luthuli-huis gaan oplaai. (Foto: Twitter)

Carl Niehaus, stoere Jacob Zuma-ondersteuner, MK-veteraan en uitgesproke ANC-lid, het sewe dae om te appelleer nadat die party hom Donderdag die trekpas gegee het.

Niehaus se afdanking volg enkele ure nadat hy ’n brief van Febé Potgieter, hoofbestuurder van die ANC, ontvang het waarin hy tot Donderdag om 16:00 gegun word om redes te verskaf waarom hy nie summier afgedank moet word nie.

Niehaus het wel ʼn brief aan die ANC gestuur, maar volgens ʼn skrywe van die regerende party het hy nie die geleentheid gebruik om die bewerings teen hom te verduidelik nie en dit as ʼn aanval beskou.

Volgens die ANC het Niehaus reeds in Oktober verlede jaar en Januarie vanjaar skriftelike waarskuwings oor sy gedrag gekry.

Sy afdanking volg na verskeie openbare uitvalle met die leierskap van die regerende party.

In die jongste voorval het Niehaus gedreig om namens ontevrede werknemers van die party strafregtelike klagte teen hooggeplaastes in die ANC in te dien. Die klagtes hou onder andere verband met werknemers se ongelukkigheid oor die betaal van salarisse. Niehaus het eindelik nie die klagte aanhangig gemaak nie.

Niehaus het in sy brief aan die ANC sy dreigende afdanking – volgens hom sonder ʼn tugverhoor – as onwettig bestempel. Hy sê die twee en ʼn half ure wat hy gegun is om redes te verskaf vir waarom hy nie summier afgedank moet word nie, is “drakonies” en “uiters onbillik”.

Hy skryf dat hy nie ontken dat hy ʼn verklaring uitgestuur het waarin hy sy voorneme te kenne om die klagte aanhangig te maak nie, en ontken ook nie dat hy daarna ʼn verklaring uitgestuur het om dit uit te stel nie.

Die ANC het hom nietemin afgedank.

“In jou geskrewe voorlegging gee jy geen oortuigende redes vir die ANC om enige ander gevolgtrekking te maak as dat die indiensnemingsverhouding tussen jou en die organisasie heeltemal en onherstelbaar verbrokkel het nie,” lui Potgieter se afdankingsbrief aan Niehaus.

“Hierdie brief dien dus as kennisgewing van jou afdanking as werker van die ANC. Jy kan jou persoonlike besittings [Vrydag] tussen 10:00 en 11:00 by ANC-sekuriteit by Luthuli-huis gaan haal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Hardekwas ·

Hierdie wannabee revolutionery se doppie is uiteindelik geklink. Hy moet nou maar vir een of ander Latyns Amerikaanse diktator n werkie gaan vra.

JohanCzu ·

Jy lees te veel comics. Latyns-Amerika het nie meer diktators nie. Anders as Afrika ervaar ons wat hier woon vrede en vooruitgang.

Hardekwas ·

Jy weet duidelik nie van maduro van venuezela nie. Jy klink vir my ook ongeletterd.

Trotse Boervrou ·

Ons wil hom ook nie hê nie. Hy sal maar moet plan sien.

marius ·

Stortkop het iemand nodig om hom te versorg . Ruil maar die kamoefleer drag vir ‘n verpleegster pakkie .

Heinrich ·

Dankie vir daai kommentaar Marius, ek moes dit nie in my geestesoog voorgestel het nie!

Strandloper ·

Kry maar vir jou n leer om appels mee te pluk! Die teroriste het jou uit gespoeg!

Benjamin ·

Nou kan hy Kuba toe gaan en gaan kyk hoe dit daar met hom gaan gaan en sommer ook sien hoe dit lyk as komuniste n land regeer

Adelaide ·

Nou gaan hy sy eie party skep. “Veterans for peace, prosperity and land” whahahahah

Henning ·

Ou Carl, dit is maar moeilik as die proletariaat die bourgeoise word en dan soos ‘n kommunistiese party regeer. Hoe voel dit? Gaan jy nou leier van die rewolusie teen die ANC/SAKP word?

Hennie J ·

Lanklaas so n gevoel van genoegdoening ervaar. Eerste keer wat die anc iets doen wat ek ondersteun.
Niehuas downgraded to the outhouse!!!!!!!

Perdeby ·

Wonder in wie se agterent gaan jy nou kruip seker in Malema sin.

Willem ·

Wonderlikste nuus in baie lang tyd!!!!Ek het sommer nou n huppel in my stap!Nog net dai jz gemors wat sy moses moet teekom!!

Chrisp ·

Spreek nogal boekdele as ‘n organisasie soos die ANC jou uitskop. en dit ook jare nadat jy jou eie moeder as dood verklaar het om sodoende geld te kry om skuld te betaal wat jou “vriende” vir jou leen om jou lewenstyl te handhaaf . Dan praat ons nie eers van sy kerk ekskepades nie!

Die man sonder ‘n huis is oneerlik , egosentries en hoort nou nerens nie……

Kobus ·

Nie juis nuuswaardig nie.Soort soek soort,so hy hoort by die ANC

Wielspore ·

Ek dink die lys van pro -Zuma kaders binne die ANC wat uitgeskop word gaan langer word soos CR sy ondersteuning binne die ANC vergroot. Hierdie is ‘n groot mylpaal vir SA se geskiedenis en gaan ‘n positiewe uitwerking op ons land hê oor die langer termyn. Die ANC is besig om ‘n meer konserwatiewe belidsrigting in te slaan wat belegging moontlikhede vanuit die buiteland bespoedig.

Jr ·

Stem glad nie saam nie. cANCer party het niks in 26 jr gedoen en sal niks reg kry in twenty six and ninety fifty onety jare vorentoe. Môre vat nog n popeye hierdie DING se plek

Dup ·

Oom Carl gaan nou “kaal” daar uitstap.Miskien kan hy hoof van sekuriteit word by oom Jacob se woning.Of ñ karwag by Nkandla se mall.

Jessey ·

Siestog die arme bloeitjie, Help nie jy huil nie, dit wat met jou gebeur het, het met soveel van ons al gebeur. Miskien tyd dat jy besef wat realiteit in die wereld is. Kanse is groot dat die ANC lankal van jou wou ontslae raak, jy het hulle nou net die geleentheid gegee om dit te doen. Ek vir een is bly om te sien dit het gebeur, jou redenasies oor die land en sy ekonomie doen in elke geval net skade, en ja ons verwag dat jy ‘n “rewolusionere” party gaan probeer stig. Sterkte daar is baie kompetisie daarbuite miskien is die BLF vir jou ‘n opsie?

Ian ·

Tata hasie…….. Oooooo en so terloops……. Niemand soek jou nie hoor…… Jy is n veraairer.

Blikkies ·

Nou moet ons hierdie Pot gemors in die media lees. Solank hy nie dink hy gaan hof toe en ons geld gebruik om hom te help in sy saak nie. Hy is nou presies waar hy hoort en moet bly, in die Gutters.

Baardman ·

Jy moes mos weet hulle gaan jou uitsuig soos n lemoen en dan gaan hulle jou in die rug steek. Kry vir jou.

Vettiemaragartos ·

Ek het nou so bietjie oor geagte her Niehaus gaan oplees. Sjoe die man is nie lekker in sy kop nie. Snaaks die ANC het hom so lank verduur.

Raadsman ·

Ons het nou nie veel simpatie vir jou nie ou Careltjie. Lekker saam gery in die ANC karretjie, maar dit is nou verby :)

Jakes ·

Dit sal hom n les leer om nie met kriminele en komuniste te flankeer nie. Kry vir jou meneer.

james ·

Eerste geboortereg verkoop, was slegs window dressing, het doel gedien en geen verdere nut nie, daar gaan van nog van hulle ontslae geraak word, en die wat nie weggejaag gaan word nie bedank sommer vanself (soos een gedoen het na 30 jaar getroue diens). Die geld is op nou word daar net na mekaar gekyk!! en raai wie is hulle?? def nie Niehaus of de Beer nie. Bloed is dikker as water, wat jy saai sal jy maai, ens daar is nog baie idiome wat vir hulle gebruik kan word. Kom ons kyk in kommentaar met hoeveel idiome ons hom kan beskryf……..

JohanR ·

Is maar die selfde in elke werk plek in die wereld. Jy kan nie begin om jou werkgewer te kritissier. Sal Karel nou ‘n regte werk moet kry….begrafnis ondernemer miskien?

Porseleintjie ·

Tata gehasie!! Laat dink my aan Julius Ceasar se einde.

Chef ·

‘n Verraaier of manteldraaier, is nerens welkom nie en moet uiteindelik elke dag die oneer wat hom toekom, vir die res van sy lewe in die gesig staar.

Mauritz ·

Ek het meer gehou van die mandjie met die vrot appel as nou se mandjie sonder die vrot appel. Wie gaan die ANC nou kry om kort-kort vir hulle ‘n verleentheid te wees.

Pierre ·

En hy sal wragtag seker gaan appelleer. Daai mense wil jou nie hê nie, maar jy sal nogsteeds wil terug nê. En ons wil jou ook nie hê nie. Jy sit met ‘n probleem. En daai probleem is jy self. Ha-ha.

Petrie ·

Kareltjie verdien wat hom nou oorkom. Sy mond was nog altyd te groot. Hy en die anc verdien mekaar. Die een so useless en sleg soos die ander.

Jannie van Niekerk ·

Siestog. Arme ou Kareltjie. |Vir wie gaan hy nou lieg om geld te kry?

JohanCzu ·

Ek is geen Niehuas ondersteuner nie, maar as ou Carltjie hulle CCMA toe vat sal hulle tweede kom. Afdanking sonder verhoor bestaan nie meer in Suid Afrika nie, tensy die wet nie op die ANC van toepassing is nie.

Johann ·

Whahahahhahaaaaaaaa….arme ou Carltjie die skoothondjie word uitgesit!

Mariana ·

Ag shame wat gaan hy nou doen, hulle wil hom nie meer hê nie. Jy moenie die hand byt wat jou al vir jare voed nie . Jy het jou doel gedien, koebaai.

Ansie ·

Ja, meng jou met die semels … Niehaus is en was nog nooit relevant nie. Ek vermoed die ANC het gewag vir ‘n rede om van hom ontslae te raak. Hoop hy het nou sy les geleer. Dit help nie om te kruip by ‘n party wat ras voorop stel nie.

Hasie ·

Kom werk maar soos ons “gewone” burgers van die land . Jou sous trein dae is getel .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.