Dit was kliphard, maar Nieu-Seeland is die uiteindelike wenner van die Kaapstad-sewestoernooi nadat hulle die Blitsbokke met 7 – 5 in ’n aksiebelaaide eindstryd geklop het.
Die eerste helfte was teen ’n vuurwarm-tempo gespeel en albei spanne se verdediging moes hul storie ken om die verskeie aanvalle in die kiem te smoor.
Geen punte is in dié helfte aangeteken nie.
Justin Geduld het egter kort nadat spel hervat is vir die eerste punte van die wedstryd gesorg toe hy skitterend ’n skop saam met Seabelo Senatla opgevolg het.
Sy drie is egter nie verdoel nie. En dít was uiteindelik die verskil tussen die twee spanne.
Nieu-Seeland se Ngarohi McGarvey-Black het ’n rukkie daarna onder die pale gedruk, wat die daaropvolgende skepskop verspotmaklik gemaak het.
Tog sal Blitsbok-ondersteuners mor oor die strafskop wat laat in die wedstryd teen Dylan Sage vir ’n moontlike hoogvat toegeken is. Die heruitsendings wat op die groot skerms vertoon is, het na allesbehalwe ’n hoogvat gelyk.
Die strafskop het net Nieu-Seeland se houvas op die balbesit versterk en met die sekondes wat op die horlosie aftik, is besit ongelooflik belangrik.
Die Blitsbokke kon vier jaar laas ’n toernooi in Suid-Afrika wen. Maar vandag word hul vaardighede, talent en deursettingsvermoë beslis deur die hele land waardeer.
- Puntestand in die HSBC-sewesreeks:
- Nieu-Seeland 41 punte
- Suid-Afrika 41 punte
- Frankryk 29 punte
- Argentinië 24 punte
- Engeland 24 punte
- Fidji 23 punte
- Samoa 19 punte
- Australië 18 punte
- VSA 18 punte
- Ierland 17 punte
- Foto: GB Jordaan
- Foto: GB Jordaan
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
24 Kommentare
New Zealand is die beste rugby land in die wereld,dit sou n ander storie gewees het as hulle teen sa in die wêreld beker finaal gespeel het.
Dis onmoontlik om 2 groit rugby matches op een dag te he, ons het geweet die blitsbokke sou nie wen nie !
Swak dissipline en nog swakker doelskoppe het sy tol geeis.
Kobie,wat maak jy nog in SA,NZ wil jou ook nie he nie.Staan by jou familie,staan by jou land.
JIIPPPEEEEEE!!!!