Nog 2 vas vir moorde in Philippi-Oos

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die polisie het nog twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn huis in Philippi-Oos in die Wes-Kaap waarin vyf mense dood is.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes is Vrydagaand in Khayelitsha in hegtenis geneem.

“Die ondersoekspan het inligting opgevolg wat hulle na die Nkanini- informele nedersetting gelei het. Twee 19-jariges is in hegtenis geneem waar hulle in ʼn huis weggekruip het.”

Vrydagaand se inhegtenisnemings volg kort nadat ʼn 20-jarige verdagte Donderdag in hegtenis geneem is. Die eerste twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, is Maandag in Delft in hegtenis geneem.

Volgens Potelwa is beamptes op die hakke van ʼn sesde verdagte.

Polisiebeamptes is die aand van 30 Junie na Blok 4 in Philippi-Oos ontbied waar vier mans in ʼn huis dood aangetref is.

Sewe gewapende mans het glo omstreeks 18:30 die huis binnegestorm en wild en wakker op die inwoners van die huis begin losbrand.

ʼn Vyfde slagoffer is later in die hospitaal dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.