Nog aanklagte kom dalk ná parlement brand

Zandile Christmas Mafe Dinsdag in die hof. (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

Die saak teen die man wat Sondag in hegtenis geneem is vir sy beweerde betrokkenheid by die verwoestende brand wat by die parlementsgebou in Kaapstad ontstaan het, is met ’n week uitgestel.

Zandile Christmas Mafe (49) het Dinsdagoggend vir die eerste keer in die landdroshof in Kaapstad verskyn nadat hy Sondag by die brandende gebou, glo in die besit van vermoedelike gesteelde eiendom, in hegtenis geneem is.

Mafe staan tans tereg op een aanklag van huisbraak met die doel om te steel, twee aanklagte van brandstigting, die besit van ʼn ploftoestel en die vernietiging van noodsaaklike infrastruktuur.

Hy ontken skuld en alle betrokkenheid by die voorval.

Zandile Christmas Mafe Dinsdag in die hof. (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

Luvuyo Godla, Mafe se regsverteenwoordiger, het buite die hof aan verslaggewers gesê deur ʼn persoon ná inhegtenisneming naby ’n misdaadtoneel te plaas, beteken nie noodwendig die persoon het die misdaad gepleeg nie.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê nog aanklagte sal waarskynlik teen Mafe gevoeg word soos die ondersoek na die brand voortduur.

Mafe verskyn weer op 11 Januarie in die hof.

Die staat het versoek dat die saak vir sewe dae uitgestel word sodat inligting wat benodig word vir die borgtogaansoek nagegaan en bevestig kan word. Die staat sal borgtog teenstaan.

Die staat benodig ook tyd om die skedule van die oortreding waarvolgens die beskuldigde aangekla sal word te bepaal. Die staat is van voorneme om Mafe van ’n skedule 5-misdryf aan te kla terwyl die verdediging volhou dat dit as ’n skedule 1-misdryf geklassifiseer moet word.

“Die uitstel sal ook die ondersoekbeampte die geleentheid bied om die misdaadtoneel te besoek om die omvang van die skade te bepaal”, sê Ntabazalila.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Juffrou ·

Hy gaan nou weer vir waarneming gestuur word. Óf is hy net baie kwaad? Ek dog hy’s haweloos? Maar tog ń regsverteenwoordiger? Wat die belastingbetaler weer moet betaal! Absurde spul.

annie ·

Hopelik is die man se bloed getoets vir doofmiddels sou hy geplant gewees het. Iets ruik na rot… Die aangeklaagde lyk dalk na moeiliheid maar ‘n mens se instink sê die storie het meer om die lyf. Hoeveel dinge gebeur toevallig saam? As iets te goed is om waar te wees, is dit gewoonlik.

Jan ·

Wat ‘n grap. Hulle het duidelik die eerste boemelaar in die omgewing gearresteer, net om te Jan sê hulle het ‘n arrestasie gemaak. Daar sal niks van die gekkespul kom nie, behalwe dat die ou vir ‘n paar dae “famous” is en gratis verblyf en kos kry.

Johanncb ·

As daar beeldmateriaal van die daad self beskikbaar is, behoort die regte verdagte vasgetrek te word.

AW ·

Kan maar net LAG,

So enige Jan Rap en sy Maat kan daar in loop en doen soos hulle wil…..

Dries ·

Praat jy Kokerboom. Dit is lig gestel. Weersin is n beter woord

Sarel ·

Borgtog….saak word uitgestel vir ongeveer 10jr.
Hang af van die persoon se Politieke afiliasie

Rudolf ·

Hierdie hele saga stink, veral met die inhegtenisneming van die verdagte persoon. Met aanskoue van die arme siel, is dit duidelik dat hy nie in staat was en is om so ‘n daad te pleeg nie. Iets sinisters is aan die gang!!!

Linx ·

Kom voor soos d storie van toe tafelberg brand toe word n bergie wie woon in d berg Sommer toegesluit

Willempie ·

Ek dink hy is onskuldig…. dit is dan ons minister sonder portefeulje.

Deon ·

Glimlag… Hy gaan minister van brandweer word want hier brand nou te veel goed in ons land en die verantwoordelike lot moet n oningeligte belhamel he om hulself uit die sop te probeer hou

Esme ·

Maklik – gryp ‘n verwese boemelaar van die straat af, en kla hom aan. En die ware brandstigters kruip agter hulle Portefeulje’s weg.

Jr ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg. Ek wil nog sê maar nee wat.

Linx ·

Wat my pla is dat d regverteen woordige sé sy klient is naby d toneel “geplaas” so waar is hierie arme siel gekry en Sommer toegesluit,iets klop nie,dt lyk in elk geval of d verdagte Al Kante blank is

Frederik C ·

Mafe lyk vir my meer na ‘n boemelaar as na ‘n brandstigter. Die ou was moontlik toevallig in die omgewing van die (nou gewese) parlement, en is onmiddellik arresteer om Cele se manne beter te laat lyk.

Nie Verbaas ·

Is die ondersoekbeampte nou n bourekenaar ook aangesien hy die omvang van die skade moet bepaal? Net ANC kan so onnosel wees. Roep vir Ace, hy weet van dakke, veral asbes dakke.

Deon ·

Waarom sal hy nou die plek aan die brand wil steek? En dit terwyl hy in die gebou is. Vertel ons van die “klepkraan wat eintlik beteken kraan kraan of klep klep” wat toegedraai was waarvan een van die ministers gepraat het…. Hoe weet daardie persoon waar die klep is? Wat se inligting is op die skuriteits beeld materiaal? Of was dit ook in die brand vernietig?

Jaco ·

Ek het verwag die verdagte sou ‘n “rassistiese” wit mens weet vol “wit monopolie kapitaal” is en wat “reaksionêr” is en “teen transformasie”. En hier is die verdagte nou sowaar een van die anti-wit ANC-regering se “our people”. Hoe dan nou?

Esme ·

Is dit nie loutere twak nie? ‘n Boemelaar – ag nee, kan die SAPD of Valke nie met ‘n beter verdagte navore kom nie. Hierdie arrestasie lyk veel eerder na iemand se gewete wat gesus moes word.

Brandwag ·

Ek het baie vrae. Te veel goed wat toevallig gebeur het. Ons land is onder aanval, ons weet dit almal, daar is brandpunte wat beskerm moet word soos die parlementsgeboue. Sekuriteit moes verskerp gewees het.

Waar was die wagte?
Kameras is nie gemonitor nie?
Spreiers se kleppe is toegedraai?
Springstof is gevind????
Waar is die persone wat die wagte moes besoek?
Waar is die Veiligheidsverteenwoordiger wat moes toesien dat alles in n werkende toestand moes wees?
Hoe het die brand so baie skade aangerig voordat alarm gemaak is?
Daar is nog baie vrae.

Hierdie is sabotasie/terrorisme!

Gaan die ondersoek ook net wegraak soos die Natal ondersoek???

Groete
Brandwag

Blikkies ·

Hierdie was ‘n baie strategies beplande sabotasie. Die vloeibare plofstof was op die regte plekke geplaas en daar moes ‘n besliste plan van aktevering in plek wees. Daai ou in die beskuldigde bank of sal ek sê hawelose, is maar net die ‘Fall Guy’ vir die komplot leiers. As jy ‘n halwe brein het kon jy uit die staanspoor sien hier is iets baie, baie verkeerd en verdag. Ek sit my geld op ‘n inside job deur sekere Politieke partye as die beplanners?

Astrain ·

Hierdie is ‘n terreur daad en behoort dienooreenkomstig hanteer te word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.