Nog duisende weermaglede tot Junie ontplooi

Weermaglede in Johannesburg gedurende die algehele landwye afsondering. (Foto: Jerome Delay, AP)

Pres. Cyril Ramaphosa het die parlement ingelig dat hy nog 73 180 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) oproep in reaksie op die Covid-19-pandemie. Die lede word glo tot die einde van Junie ontplooi.

’n Dokument word sedert Dinsdag gesirkuleer waarin onthul word dat die lede tot 26 Junie ontplooi word; ’n besluit wat luidens die dokument die land sowat R4,5 miljard uit die sak sal jaag.

Dit blyk of die dokument aan die voorsitter van die parlement se staande komitee oor verdediging gerig en deur die president onderteken is. Luidens die dokument is die besluit geneem weens die styging in die aantal Covid-19-gevalle wat sedert die algehele afsondering in Suid-Afrika aangemeld is.

Weermaglede word ontplooi om die verspreiding van Covid-19 te help verminder. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

John Steenhuisen, waarnemende leier van die DA, het nou ’n beroep op Ramaphosa gedoen om die egtheid van dié dokument te bevestig. Die SANW het ondertussen die besluit aan Jacaranda FM bevestig.

Ramaphosa het in Maart 2 820 lede van die SANW tot die einde van Junie ontplooi om die polisie en ander staatsdepartemente gedurende die algehele landwye afsondering by te staan.

Die afsondering sal na verwagting aan die einde van April opgehef word, hoewel die regering reeds bevestig het dat afsonderingsregulasies stelselmatig verslap sal word. Ramaphosa spreek die nasie weer Donderdagaand hieroor toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Boortor ·

Die 26ste Junie? Hier kom n groot gemors! Die mense gaan mekaar begin vermoor. Huismoles het klaar die hoogte in geskiet.

marius ·

Dit is niks anders as krygswet nie . Hulle maak gereed om die revolusie wat gaan kom te onderdruk . Daar is groter mag wat agter die ding sit as wat die gewone mens dink . En nee , dit is nie ‘n bang maak teorie nie .

Genis ·

Hier kom ook plunder, en die boere gaan meer vee en gewasse verloor deur diewe…

Willem ·

Hy is oneerlik. Wil die inperking verleng maar gaan hom misgis met die inwoners van die Wes Kaap

Jaco ·

Soos ek verstaan gaan die inperking nog lank duur (hulle gaan nie alles dadelik ophef nie) en word die lockdown stelselmatig gelig op n weeklikse basis met hierdie week as eerste versagting, dis mos wat die president gesê het.

Boortor ·

Dit kan jy maar vergeet. Die massas gaan begin roof en brand. Hulle gaan hulle hande vol he.

Gerhard ·

Ronel, jy weet net so goed soos ek, dit sal NOOIT gebeur nie. Die boere was nog nooit deel van enige plan wat cANCer beplan het nie…behalwe om ontslae te raak van hulle deur georganiseerde plaas-aanvalle. Proof me wrong…

Fedup ·

Well, well. And uhm, why so many little ants? Anyhoo, we will not be paying that 4.5 billion from our taxes. Go find some other idiots to pay it back. No taxes from the normal people will be used for stupidity.

Chris ·

Meeste kommentaar hierbo word gemaak suiwer op aannames, en is soos gewoonlik negatief, wat die normale tendens is van mense wat eenvoudig stellings maak sonder dat hulle of die agtergrond of feite het.

Grassie ·

Waarom wil die ANC nou skielik 73 000 soldate ontplooi? Weet CR iets wat hy ons nie vertel nie? Ek wil iets aanhaal wat hy op 20 April tydens sy toespraak gesê het: “Daar kan geen groter ongeregtigheid in ‘n samelewing wees as dat sommige in gemak en oorvloed lewe terwyl ander sukkel om met min of niks te oorleef nie, Dit is die oorblyfsels van ‘n gebroke en ongelyke verlede…..” Hy weet mos nou voor sy siel dat hy nie wat hy nou gee later weer kan wegvat nie, en die land kan dit nie bekostig nie. Is die ANC nie nou besig om die land te probeer verander van ‘n kapitalistiese staat na ‘n welsynstaat nie?

Nell ·

Eerder na ‘n marxisties- kommunistiese staat waar almal ewe arm en ewe ryk moet wees.

Jaco ·

inperking eindig op 30 april maar weermag word ontplooi tot 26 Junie. is hier iets aan die gang waaroor die publiek nog nie ingelig is nie???

Emily ·

Is dit nou regtig nodig, Of is dit om mense verder te boelie en deel te he aan die gryppe na ons onwettige sigarette en drank.
Of dalk steek hulle iets ernstig vir ons weg.

Willem ·

Dis n logistieke nagmerrie. Hulle het nie eers vervoer vir almal nie. Wat nog van brandstof. Die ANC maak n grap verseker

Willem ·

Wat vandag op die R300 gebeur gaan erger raak en na ander provinsie oorspoel dog Cyril se adviseurs weet ha ha

Willem ·

Iets is nie reg nie. Ek het gehoor dat daar nie genoeg wapens vir al hierdie soldate beskikbaar is nie. Weet iemand iets daarvan?

Riaan ·

Waar kry hulle so baie extra soldate vandaan in die eerste plek – met die klem op EXTRA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.