Nog geen einde in sig in Bosasa-bedrogsaak

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Die saak teen vier voormalige hooggeplaastes van die departement van korrektiewe dienste en Bosasa wat verband hou met tenders ter waarde van meer as R1,8 miljard is tot begin volgende jaar uitgestel.

Linda Mti, die voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, Patrick Gillingham, die voormalige finansiële beampte van korrektiewe dienste, en Andries van Tonder, die voormalige finansiële hoof van Bosasa, het Donderdag weer in die Pretoriase gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van bedrog, sameswering om bedrog te pleeg, korrupsie en geldwassery.

Die voormalige Bosasa-bedryfshoof, Angelo Agrizzi, kon hom weens swak gesondheid nie vanoggend by sy medebeskuldigdes in die hof aansluit nie.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die saak is tot 21 Januarie uitgestel sodat daar vasgestel kan word of Agrizzi medies geskik is om verhoor te word.

Die saak hou verband met vier tenders van R1,8 miljard wat tussen 2004 en 2007 aan Bosasa Operations en sy filiale toegeken is. Die kontrakte was vir die lewering van spyseniers- en opleidingsdienste, installering van kringtelevisiekameras, installering van grensdrade, en die verskaffing van televisiestelsels en moniteringstelsels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Blikke ·

1.8 Millard se bedrog….eerlikwaar ek sou ook siek gewees het…..

Perdeby ·

Nee die man is regtig siek dit kom al oor ‘n hele paar jaar aan. So nee dit is ook nie ‘n Zuma taktiek nie.

Shakespeare ·

Zondo soek seker nog R150 miljoen rand. Wat ‘n siek grap.

Samuel ·

Niks sal gebeur nie. Indien hierdie saak verder gevoer word, gaan daar seker groot koppe rol wat nou in die kabinet is. ANC staan vir bedrog.

AW ·

Sê ek ook!!

Die wat baie het om te doen met hul vrye tyd wat hulle nie het nie, gaan geus na die hof en gaan sit en kyk en hoor wat daar aan gaan….

Daar word meer sake uit gestel as wat daar verhoirword.

Pieter ·

Die land se regters is net so sleg soos die anc niks snaaks nie.

Shakespeare ·

Miskien moet ons dié Regters vervang met Linksers want die regters is onbevoeg.

Jack ·

Wel almal kom weg met die zuma skelmstreek. Vra maar vir shabir wat nog steeds wag om te sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.