Nog goeie nuus vir Eskom

(Foto: Dirk Hermann/Facebook)

Eskom het Donderdag aangekondig dat ses van sy steenkoolaangedrewe kragstasies nou op 70% van hul kapasiteit bedryf word. Dit is die eerste keer sedert Mei verlede jaar wat die kragstasies op hierdie vlak bedryf word.

Dié aankondiging kom op dieselfde tyd as die graderingsagentskap S&P Global se aankondiging dat die sukkelende kragverskaffer se kredietmonitering op positief geplaas is.

Eskom sê daar is die afgelope tyd ʼn merkwaardige verbetering in sy opwekkingsvermoëns danksy die ses kragstasies wat nou meer kapasiteit het.

Drie van hierdie kragstasies – Camden, Duvha en Matla – het ʼn volgehoue opwaartse neiging getoon as gevolg van minder onklaarrakings by die aanlegte. ʼn Aantal opwekkingseenhede is ook weer in diens nadat hulle buite werking was.

Die Lethabo-, Matimba- en Medupi-kragstasie vaar deurlopend goed en bly steeds Eskom se drie beste kragstasies.

“Die Lethabo-kragstasie kon boonop daarin slaag om vinning weer krag op te wek nadat oormatige reënval en oorstromings in die Vrystaat bedrywighede gekniehalter het,” sê Calib Cassim, tussentydse uitvoerende hoof van Eskom.

“Hoewel hierdie vordering matig is, wys dit ʼn positiewe trajek oor die ingrypings om Eskom se opwekkingsaanlegte weer op die been te bring.”

Mpho Makwana, voorsitter van die Eskom-raad, sê as die kragvoorsiener voortgaan om al sy hulpbronne in te span, sal hy eindelik daarin slaag om die beskikbaarheid van krag te verbeter.

“Ek wil graag al die spanne by Eskom se kragstasies en al sy werknemers bedank vir die harde werk en toewyding wat ons eindelik tot by hierdie punt gebring het.”

Eskom is steeds besig met sy kragopwekkingsprogramme sodat bedrywighede weer tot normaal kan herstel en opwekkingskapasiteit kan verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Manie ·

Goeie nuus vir Eskom, maar slegte nuus vir verbruikers is die 18.65% verhoging in kragtariewe wat nou wel ingestel gaan word. Armer huishoudings gaan volgens berigte net 10% meer vir krag betaal. Hoe gaan hulle dit bepaal met voorafbetaalde kragmeters? My en jou adres bepaal natuurlik weer die hoër tarief.

Samuel ·

Natuurlik is ons adresse die bepalende faktor by hierdie prysstygings.

Mariana ·

Net so. Daar word mos onderskeid gemaak tussen mense. Vertrou glad nie hierdie kastige flikkering nie, hulle speel alweer woer-woer met ons. Darem baie skielik hierdie verbetering.

Nici ·

Ek wonder of die grootkoppe die diewe gebel het en beveel het dat hul minder sous mag skep sodat die trein weer kan ry.

Andries ·

Is dit mar nie elke keer probleme tot verhoging toegestaan word. Dis mos verwoes tot Eisenhower toegestaan word

Piet 6 ·

Kragstasies word nou weer tot die maksimum gedruk om die minister te regverdig. GROOT probleme en donkerte lê vir on voor.

Casper ·

Hoekom kry ek die idee dat die klip wat de Ruiter in die bos gegooi het iemand getref het en vandaar minder sabotasie van eenhede.As Kusile se onklaar eenhede aanlyn gebring word sal dit nog beter gaan

Mariana ·

Net so. Daar word mos onderskeid gemaak tussen mense. Vertrou glad nie hierdie kastige flikkering nie, hulle speel alweer woer-woer met ons. Darem baie skielik hierdie verbetering.

Alexander ·

Nee wat daai misdaad netwerk waarvan Daily Maverick berig het is nog aktief :D

Owlie ·

Absoluut amazing dat daar skielik ksmtige verbeterings by die steenkool aan gedrewe kragstasies skirlik verbetering toon. De Ruijter se rots het beslis hard en duidelik getref war al die sabotasie en bedrog aan betref want dis onmoontlik om so n skielike omswaai te hê.

Dries ·

Darm toevallig nê.Noudat die witman nie meer daar is nie,nou kom dinge reg.Politiek op sy aakligste.

H.A. ·

Dit laat de ruiter uiters sleg lyk. Dit laat blyk dat de ruiter (blanke) die oorsaak van eskom se probleme was.

Leon ·

Kan almal wat kla en fout vind nie net vir een slag positief wees en hoop en vertrou dat “dinge” by eskom besig is om dalk te verbeter nie. Negatiwiteit het nog nooit enige probleem opgelos

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou word die kragstasies “gesweet”.

Jaco ·

Skielik is die kragsituasie sommer baie beter, so net voor die EFF se nasionale shutdown teen eskom…

Andries ·

Gelukkig kon die kan worms oopgekrap word voor die klipgooier stilgemaak kon word. Nog meer, het hul nou gekry wat hul eindlik wou gehad het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.