Motoriste kan in Februarie nog ʼn daling in brandstofpryse te wagte wees – dít nadat brandstof reeds begin Januarie effe minder gekos het vergeleke met Desember.
Die Automobiel Assosiasie (AA) het in ʼn verklaring gesê gebaseer op die middel-van-die-maand, ongeouditeerde brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is, blyk dit dat daar verligting op motoriste wag.
“Die rand-dollar wisselkoers het die afgelope tyd een van sy laagste tydperke van handel gehad. Dit het verhandel in ʼn baie nou band tussen R12,30 en R12,40 teen die Amerikaanse dollar sedert die laaste week van Desember, wat welkome stabiliteit meebring,” lui die verklaring.
Die AA het ook genoem dat die internasionale pryse van petrol en diesel oor dieselfde tydperk stabiel was, hoewel dié pryse in die tweede week van Januarie effens gestyg het.
“Die huidige data voorspel dat petrol ongeveer 41c per liter minder sal kos, terwyl die dieselprys met ongeveer 23c per liter sal daal en paraffien met 26c. Die voortgesette stabiliteit van brandstofpryse in 2018 sal grootliks afhang van politieke en ekonomiese faktore wat Suid-Afrika se aanloklikheid vir beleggers sal beïnvloed.”
Die skade wat Zuma aan ons Suid Afrikaners se sakke aangerig het is enorm .
is dit nie vreemd dat die laaste paar verhogings net voor vakansieteid plaasgevind het , en nou met skoolteid verlaag hulle dit weer?
As ons ons brandstof vanaf sasol kry wat in ons land gemaak word, hukom betaal ons invoer pryse?????? Of mis ek iets groot? Olie dalk ja maar word brandstof van olie ook gemaak? Blonde vraag dalk maar nie v my nie!
RH ek wonder oor dieselfde ding, dit maak nie sin nie
Uhm ja julle twee, brandstof word inderdaad van olie gemaak…
Mmm, die vakansie is verby nou kan ons die belasting betaal fnuik en hulle oortuig hoe bedagsaam om is nadat ons hulle die hele vakansie geroer het! Ons let wel op!
Hierdie maak nie sin nie, die Rand het weer begin terugsak teenoor die Dollar en olie skiet die yoogte in na Rusland en OPEC lande besluit het om nog hierdie jaar produksie inteperk.
Skelms maak ook foute! ;-)
Baie snaaks. Jare gelede het ek meer vir Sasol petrol in Sasolburg betaal as in Nelspruit.
Maar destyds mog ons nie oor energie kwessies vrae gevra het nie