Nog maande in rehabilitasie vir vrou ná kameelperdaanval

Nicole Panos (Foto verskaf)

Nicole Panos sal na verwagting nog tot Februarie volgende jaar in ʼn rehabilitasiesentrum wees ná ʼn kameelperd haar en haar twee kinders onverwags in die Kuleni-wildreservaat in Hluhluwe, KwaZulu-Natal aangeval het. Die voorval het die middag van 19 Oktober 2022 plaasgevind.

Maroela Media het vroeër berig Nicole en Jason Coetzer se 16 maande oue dogtertjie Kaia is in die voorval oorlede. Hul vierjarige seuntjie Kayden het verskeie skedelbreuke opgedoen, maar hy is gou uit die hospitaal ontslaan.

Christa Panos, Nicole se ma, sê terwyl die fisiese wonde besig is om gesond te word, is die realiteit dat mense se lewe in ʼn oomblik verander het, elke dag al hoe moeiliker.

Sy sê dit is veral moeilik vir Nicole om oor Kaia te treur, omdat sy nie ʼn oomblik van privaatheid het nie. Sy het ook nog steeds nie enige gevoel in haar onderlyf nie.

Die rehabilitasiesentrum het aanbeveel dat sy eers op 3 Februarie 2023 ontslaan kan word. “Dit is nog ʼn baie lang tyd vir haar om sonder haar gesin te wees,” sê Christa. “Ons is steeds vol hoop vir herstel vir haar bene.”

Intussen hoop hulle om haar in die volgende week vir ʼn paar uur uit rehabilitasie te kry vir Kayden wat Donderdag sy vierde verjaarsdag vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christine ·

Dit is verskriklik tragies. Ek hoop sy herstel volkome. Baie sterkte.

Gaitsigubib ·

Louis ek dink dit is maar n masker, kan jou jouself indink- probeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.