Nóg ’n brand woed in Kaapse Wynlande

(Foto: Skermskoot)

Die Du Toitskloofpas in die Wes-Kaap is tans vir verkeer gesluit nadat ’n brand uitgebreek het weens ’n ongeluk tussen ’n vragmotor en ʼn motorfiets.

Dit is die tweede brand wat binne ʼn week op die pas uitgebreek het.

Die ongeluk het Dinsdag om 11:38 op die pas naby die protea-plaas plaasgevind.

Volgens Jo-Anne Otto, woordvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, is die munisipaliteit se brandweerdiens en die span van CapeNature na die toneel ontbied.

“Die munisipaliteit se brandweerdiens het altesaam 28 brandbestryders na die toneel gestuur. Die spanne word deur drie brandweervoertuie en verskeie personeel en voertuie van CapeNature ondersteun,” sê Otto.

Maroela Media het vroeër berig ’n brand het Woensdag aan Worcester se kant van die Du Toitskloofpas uitgebreek en het tot by die weegbrugkant van die N1-hoofweg gewoed.

Brandbestryders het byna ’n dag lank gespook om die brand te blus.

’n Brand het ook Vrydagaand op Tafelberg uitgebreek en is teen Saterdagmiddag geblus.

Die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering het twee weke gelede aangekondig dat hy R13,8 miljoen beskikbaar gestel het om te verseker dat ’n verenigde brandreaksie reg oor die provinsie vir die brandseisoen daargestel word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie ·

Dit lyk my brande daar nou n alledaagse ding word by die jare erger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.