Pres. Jacob Zuma het Dinsdag onverwags nóg ʼn skommeling in die kabinet aangekondig.
Prof. Hlengiwe Mkhize, voorheen minister van binnelandse sake, is aangestel as minister van hoër onderwys en opleiding. Sy vervang vir Blade Nzimande in dié posisie.
Buti Manamela, voorheen adjunkminister in die presidensie, is aangestel as die adjunkminister van hoër onderwys en onderrig.
Ayanda Dlodlo is uit haar pos as minister van kommunikasie geskuif en vervang vir Mkhize as minister van binnelandse sake. Mmamaloko Kubayi, voorheen minister van energie, vervang vir Dlodlo as minister van kommunikasie.
David Mahlobo, voorheen minister van staatsveiligheid, is aangestel as die nuwe minister van energie. Adv. Bongani Thomas Bongo vervang vir Mahlobo as minister van staatsveiligheid.
Zuma het in Maart vanjaar ‘n opskudding veroorsaak toe hy tydens ‘n kabinetskommeling Pravin Gordhan as minister van finansies en Mcebisi Jonas as sy adjunk afgedank het.
En daar val die rand seker weer.
Ai tog. Arme Blade.
Praat net teen hom en jy gaan
Laat my dink aan die Engelse gesegte “rearranging the deck chairs on the Titanic”.
Ek wonder wat gaan oor minder as 2 maande van nou af gebeur by die ANC bosberaad…? Numa one klou aan sy mag, en maak sulke skuiwe vandag…?
Ou Blade, waar ‘n rokie trek is ‘n vuur, toe hul skosazana ‘n kabinets pos aanbied het jy gese hulle sal jou nooit vervang nie, Bye Blade !!
FROM BAD TO WORSE !!!!
Die man se kop is ook geskommel!! Dit is hoekom ons is waar ons is!
Draai teen die duiwel en die hel is los.
Ons kla nie. Nou weet die Kommies waar hulle staan – Zuma soek hul nie net vir hul “vote”. die keer gaan hy dit nie kry. Minder stemme vir die ANC.
Binnelandse sake se minister was nie eers ‘n maand daar nie en daar skuif sy alweer? Speel hulle musical chairs?
Met die universiteite bankrot, en die standaarde so laag………………miskien het komrat Blade vir Zuma gevra om hom te pos.
Nou is die Kabinet opgestel om die twyfelagtige Russiese “Nuclear deal” deur te druk, waar die Guptas alleen die uraan ten duurste gaan verskaf. Zuma is onstopbaar, en slimmer (slinkser) as wat ons almal dink.
Magsbehepte dom astrante ruler and regulator! Onaantasbaar in sy kern korruptheid! En ons praat van n staatspresident? ANC LEGACY!!!!!
Hy gee nie eens vir mense n kans om hulself te bewys nie. Hoe kan jy in elk geval iemand in n posisie sit as dai persoon geen ervaring op dai gebied het nie? Die man se kop speel op sy ratte.
Wat gee hy om. SA is klaar na rioolstatus verlaag en dit pla hom nie. Ek hoop die wiel draai net bietjie vinniger. Die vervolgings begin nou eers maar ongelukkig neem dit baie lank.
No 1 raak nou ‘n uithaler skaakspeler
so val almal behalwe die wat vir hom opkom. Tata blade.
Net na Gerrie Nel hom gaan aanvat? Wonder of dit die rede is?
Charmain, Gerrie gaan Zuma seun Duduzane aanvat oor die ongeluk wat hy veroorsaak het.
Gerrie vat sy seun aan
Hy het dit maar net gedoen om homself te beskerm.
Hy weet almal blaf en grom maar hy homself buite byt afstand. Niemand sal hom verwyder tensy hy self gaan.
Jip en DADELIK het die rand geval : (
Ek… wonder… hoe… lank…. dit hom…. vat….. om daai….. dik dokumente….. in die….. foto…… te lees.
Ek dink Zuma verander sy ministers meer gereeld as sy onderklere!!
As Zuma uittree as president moet hy by Milky Lane gaan werk – hy is ‘n ekspert met “Skommel”!!!
Gedink fw se teenwigte sou darem by nou ingeskop het …!
Die man het n magneet ingesluk want hy klou vir al wat hy werd is aan sy magsposisie.