Nog ʼn leerder verdrink by skool

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, tydens ‘n mediakonfernsie Vrydag. (Foto: Verskaf)

ʼn Gr. 7-leerder aan die Laerskool Bekker in Magaliesburg is Woensdag dood gevind in die skoolkoshuis se swembad.

Volgens ʼn verklaring deur die Gautengse departement van onderwys, is Keamogetswe Shaun Seboko (13) se liggaam 16:00 gevind.

Maroela Media het die afgelope week berig oor die 13-jarige Enock van Parktown Boys’ High wie se liggaam tydens ʼn skoolkamp in ʼn rivier gevind is.

“Die LUR van onderwys is baie hartseer om van nóg ʼn verdrinking te hoor. Weereens is dit jammer dat ons eers Vrydag van die insident uitgevind het, twee dae nadat dit gebeur het.”

Steve Mabona, departementele woordvoerder, sê volgens inligting tot die departement se beskikking het die polisie die skool besoek en is hulle besig met ʼn ondersoek na die gebeure wat tot die verdrinking gelei het.

“Ons is ingelig dat die skool se sielkundiges leerders Woensdag tot laat in die nag berading gegee het en onderwysers is ook Donderdag bygestaan.”

Panyaza Lesufi, LUR vir basiese onderwys, het gesê: “Hierdie is ʼn baie slegte week vir ons in die onderwysdepartement. Ons het nie woorde om hierdie families te troos wat hul kinders in ons sorg gelaat het nie. Weet dat julle in ons gebede is.”

In ʼn afsonderlike voorval is ʼn leerder van Noordwes gister by die skool met ʼn mes doodgesteek.

Katlego Gristiph, ʼn gr. 9-leerder aan Kopanelo Secondary School, is na bewering Vrydagoggend voor skool met ʼn mes in die bors gesteek toe hy van die skoolbus afgeklim het. Die verdagte is glo ʼn meisie wat nie in dieselfde skool is nie.

“Sy het na die voorval weggehardloop, maar is later in hegtenis geneem,” het Elias Malindi, woordvoerder van die Noordwes se departement van onderwys, gesê. Die motief vir die aanval is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Anelize Stevens ·

Word daar risiko bepalings gedoen by skole? Health en Safety? Word leerders geassesseer of hulle wel kan swem?

C Meiring ·

Inplaas van seks voorligting. Leer kinders eerder om behoorlik te kan swem!!!!!

Elizabeth ·

Hier is meer as net dit, Veral die kind wat in die watersport oorlede is. Van Jhb. Sy ouers is glo in gelig, dat hy n lewensredderbaadtjie moes saam neen, maar omdat hulle nie ware sin presies geweet het wat dit behels nie het hulle gereken dat omdat hy kan swem dit nie nodig is nie. Ek dink dat die oord se mense wat die programme aanbied hom toegang tot die vlot moes geweier. En dat hulle ingeval lewensredderbaadtjie daar behoort te he om te gee vir iemand wat nie het nie. En dit is glo nie die 1ste keer dat dit gebeur het nie. Onderwysers wat saam was, moes ook na elke aktiwieteite seker gemaak het al hulle leerlinge is daar. Dus is hier al drie skuldig aan sy dood. Oord wat nie lewensredderbaadtjie het nie en nie wet volg nie. Skool omdat hulle nie seker gemaak het almal is terug en veilig nie. Ouers, moet maar in die toekom seker maak voir hulle toestemming gee as die vrywardings brief geteken word. Kan verstaan die baadjies kos baie geld vir net 1 keer se gebruik, kon seker maar uitgevind het hoekom is dit nodig, en dan gese het hy mag nie aan dit deelneem nie omdat hy nie dit het nie. Dink dat oord en skool maar gerus voorraad van dit kan koop en aanhou vir die toekoms.

Somme ·

Hoop nie dit maak nou dat ander leerders nie meer die swembad mag gebruik nie , die hitte is darem erg

Gertryda ·

Ja nê plaas hul swem n verpligte vak op skool maak ipv seks onderrig. My simpatie met Lesufi sy jaar begin op baie slegte noot. Hy sal hom moet regruk
RIV al die onnodige kinders wat onnnodig sterf

Theo ·

Lesufi kon ook die 3 leerders by drie hoek skool in van der bijl park voorkom maar die ervaring kort. Die verkeerde man in die verkeerde pos

Gemaskerde Sopbeen ·

Anelize, jy WEET dit werk nie so nie………Mense word geskiet, vat weg AL die vuurwapens, mense verdrink, gooi toe AL die swembaddens….Dis die logika in Afrika.

Free Spirit ·

Dit is dan n vereiste dat n kind moet kan swem as hy graad een toe wil gaan! Ouers moet verantwoordelik wees en seker maak hul kinders leer swem voor sesjarige ouderdom. Onderwysers probeer kinders se skoolervaring interessant maak met uitstappies waar kinders in die natuur kom , anders sal sommige van hulle nooit die plesier ervaar wat die buitelewe bied nie.

Nita ·

Of kind kan swem het niks met saak te make.
Ek het jare gelede (middel tagtigs) in Langkloof gewoon. Daar was seun wat op plaas grootgeword het. Daar was nie plaasdam wat hy nie kon deurswem. In gr 8 het hy LO onderwyser gehelp om ander kinders te leer swem. Sy lyk is eendag op bodem van swembad aangetref.

skurweberg ·

Twee opsies: 1. Gooi al die swembaddens by skole toe. Dis veiliger. Miljoene rande is gespandeer om swem as ‘n buitemuurse aktiwiteit by skole aan te bied of 2. Bring gespesialiseerde liggaamlike opvoeding as vak by opleidingskolleges of Universiteite terug, wat weggeneem is. Onderwysers is daar opgelei om in skole gimnastiek, swem, rugby, sokker, atletiek, netbal, hokkies, ens, aan te bied en kinders op te lei in hierdie aktiwiteite. Duisende kinders is by skole geleer om te swem en water vrees te oorkom ens. Verander maar die skole se inskrywingsvorms en voeg die volgende by. Mag jou kind aan buitemuurs deelneem of nie JA /NEE . Die risiko’s in die onderwys word net te groot vir beheerliggame en veral vir hoofde van skole om enigsin buitemuurs aan te bied. Opleiding, opleiding en nogmals, kwaliteit opleiding.

DS ·

Ai Anelize. LOGIKA? As ek nie kan swem nie bly ek weg van swembaddens, see, riviere en damme. Op 13 het mens al daardie ervaring van ek kan of ek kan nie. My simpatie aan die ouers en ook die ander seun wat verdrink het se ouers. Miskien laat dit die LUR van onderwys besef om swemlesse eerder verpligtend te maak by skole eerder as seksvoorligting.

Skerpioen ·

Miskien kry die kinders te skaam om voor maats te erken dat hulle nie juis kan swem nie. Dalk hou kinders nie die swembaddens se diepte in gedagte nie. Anyway wat ook die rede, dit bly baie sleg. Ek wens al die kinders kon leer swem. Tans leer ek my dogtertjie van waterveiligheid en om te swem. Sy is amper 5.

Dink 'n slag ·

Dis dalk beter om op te hou oordeel en raad te wil verskaf. Ongelukke gebeur.

Moet alle karre waarmee kinders skool toe gery word nou verbrand word omdat leerders in motorongelukke sterf?

Ek is self ‘n onderwyser en was al op vele skooltoere/uitstappies/swemgala’s en en. Reëls word gegee en kinders mag nie saam sonder ‘n ‘indemnity vorm’ van ouers op ‘n kamp gaan nie. Ongelukke gebeur wel, al word voorsorgmaatreëls getref.

Almal blameer nou onderwysers, terwyl soveel ouers hul kinders by die huis mishandel en geen beheer het oor hul eie een of twee kinders tuis nie. Kinders verdrink tuis ook soms as ‘n ma net haar rug draai, ouers het al hul kinders per ongeluk dood gery, maar onderwysers wat na groepe van 200-300 kinders kyk, terwyl hul eie ouers êrens sit en suip word blameer?

Pbb ·

Nie veronderstel om na 200 of 300 kinders gelyk te kyk nie. Ipv om verdrinkings aan te spreek..begin eerder om ooglopende ontgroening in skole te staak…dis die wortel van kwaad

@PBB ·

Ontgroening is lankal onwetting en gestaak. Oriëntering mag wel plaasvind. Ek glo nie jy sal die verskil begryp nie. Wat dink jy gebeur pouses by ‘n skool? Hoe groot is daardie groep en wie hou toesig? Dis onmoontlik om almal heeltyd dop te hou!

Elizabeth ·

Daardie vorm beteken niks, as daar nie behoorlike beheer toegepad word nie, en ouers meer inligting gee oor wat hulle gaan doen tydens dit. En ouers moet nie net teken indien hulle onseker is oor wat presies gaan gebeur tydens so n uitstappie. En as daar behoorlike rollcall gedoen was veral op die seun by die oord dan sou hulle nie 24 uur later eers agter gekom het dat hy missing is nie. Daarom doen ons skool glad nie n wegbreek nie maar alles word gedoen by skool skoon suiwer pret, en selfs ons ouers kan gaan kyk wat hulle doen.

Scalla ·

Lesufi, die nuwe swem instrukteur, nog n plus punt op sy CV.

Wielspore ·

Leer ‘n kind swem en red ‘n lewe. Ons het al ons kinders, ingesluit die kleinkinders, leer swem. Dit vrywaar hulle nie om te verdrink, ongelukke gebeur ook in die water.

Ida Kriel ·

Ek stem. Swemlesse is uiters belangrik. My kleindogter het die oomblik toe sy begin loop, met swemlesse begin. Dis baie belangrik vir enige mens se gemoed as jy weet jy gee jou kind die nodige lesse om hom/haar te beskerm.

Anelle Zondagh ·

Ontgroening by skole, universiteite en alle instellings moet gestop word, want dit ruk handuit. Ontgroening vind steeds plaas en word net oriëntering genoem. Neem asseblief ook kennis van die graad 8 meisie van Port Elizabeth wat in die hospitaal opgeneem is omdat sy gedurende ontgroening nie toegelaat is om water te drink of iets te eet nie. Daar moet ook gekyk word na skooltoere waar die onderwysers nie behoorlik toesig hou nie.

Elaine Krige ·

Hallo Anelle. Dis verskriklik! Het jy miskien vir ons kontakbesonderhede? Groete.

Regtig waar ·

Ek dink alle skole moet gesluit word eerder. Mens lees te veel van ongelukke by skool, of kar ongelukke oppad skool toe of voetganger ongelukke oppad van skool af. Die skole is die oorsaak van alle ongelukke so kom ons sluit die skole… hoe klink daai? Julle almal het tog altyd die beste raad en die simpelste advies. Jy kan jou kind in n staal kluis toesluit en hy kan daarbinne sy naels kou en verstik. Ongeluk is presies dit, n ongeluk. Daar is 7 biljoen mense op aarde, ek is seker daarvan jy gan hoor van n ongeluk of twee. Moenie altyd iemand wil blameer nie. Iets of iemand moet ook altyd die skuld kry.

Alida ·

As daar behoorlike toesig en veiligheidsmaatreels ingestel is kan n ongeluk verhoed word. Hoeveel onderwysers kan swem?

Maritsa ·

Hoekom kan Onderwys nie nou begin wegbly van see, riviere en damme af vir kampe. Kry n venue. Neuk weg van waters af man ..

@Maritsa ·

En dan val iemand uit ‘n boom, van ‘n klimraam af of een of ander ongeluk gebeur? Ongelukke kan gebeur, beheermaatreëls kan dit verminder, maar sit kan nogsteeds gebeur.

Clh ·

Julle almal praat van Logika -ai my mening is hoekom n swembad toe gooi as dit in n gebou is sluit dit toe dat daar geen loop gang is vir studente nie en as dit oop is moet daar n toesighouer wees soos enige openbare swembad plek n lifegaurd het om oor die mense te kyk en sit reels in plek van tye wat die swembad gebruik kan word by die skole . En my mening is daar is even volwasse mense wat kan swem en vedrink ☺️ En ek dink dus regtig nie n onderwyser se plig om jou kind te leer swem nie dus n ouer se plig nes dus n ouer se plig om n kind van dsex onderrig te leer nie n onderwyser nie hulle is daar om jou kind reg te maak vir die toekoms en ja ek sal se skole moet net bietjie meer aandag gee oor veiligheid maar nie te leer wat n ouer n kind moet leer nie. Almal kan kommentaar lewer maar die feit Logika is n ding wat almal miet verstaan hoe en wat n ouer se plig is n onderwyser sin en n skool sin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.