Nóg ’n moord op N12

Die owerhede Woensdagaand op die toneel. (Foto: Verskaf)

Nog ʼn persoon is by die Putfonteinweg-wisselaar op die N12 in Benoni aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ’n man is Woensdag vroegaand in sy motor by die berugte Putfonteinweg-wisselaar dood nadat hy verskeie skietwonde opgedoen het.

Luidens inligting het die enjinkap van die oorledene se motor oopgestaan, maar dit is nie in dié stadium duidelik of die man se motor langs die pad onklaar geraak het en hy toe vermoor is nie.

Maroela Media het vroeër berig ’n jong paartjie is in Mei verlede jaar in dieselfde omgewing helder oordag oorval en doodgeskiet.

Johanco Fleischmann en Jess Kuhn. (Foto: Facebook)

Johanco Fleischman (19) en Jess Kuhn (23) het op 26 Mei by die Putfonteinweg-wisselaar sonder brandstof gaan staan toe hulle koelbloedig vermoor is. Fleischman se liggaam is met verskeie skietwonde buite sy Toyota Hilux-bakkie aangetref terwyl Kuhn in die bakkie aangetref is.

Twee verdagtes is sowat twee weke gelede in verband met die moord op Fleischman en Kuhn in hegtenis geneem.

Die omgewing is berug vir die onwettige mynbedrywighede wat daar plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andre ·

Ek het erens gelees dat sy kar gebreek het en dat hy iemand gebel het vir hulp.

Michael 1 ·

Nou waneer word dit berug vir die hoeveelheid klopjagte wat die polisie daar uitvoer.

Janc ·

Nou vra ek waarom hou dit aan? Hoekom slaan die polisie nie toe op hierdie mense nie? Hoekom moet meer mense betaal met hulle lewens…. Daar is beslis ‘n slang in die gras as jy my vra!

Jack ·

Ek dink die aanslag begin momentum kry. Die tyd vir vrae vra is verby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.