Nóg ʼn noodlottige botsing eis 3 lewens

Die ongelukstoneel.

Drie mense is dood en nog een ernstig beseer toe ʼn motor vanoggend teen ʼn vragmotor op die R56 in Richmond in KwaZulu-Natal gebots het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is net voor 07:00 na die toneel ontbied waar hulle met hul aankoms ʼn omgeslaande vragmotor en ʼn motor langs die pad aangetref het.

Volgens Van Huyssteen is drie mense met noodlottige beserings in die motor aangetref. Al drie is op die toneel dood verklaar.

Paramedici het een persoon op die toneel behandel wat daarna na ʼn hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die omstandighede rakende die voorval is in die stadium onbekend. Die toepaslike owerhede was op die toneel.

Die botsing is een van verskeie motorongelukke oor die naweek op Suid-Afrikaanse paaie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael P ·

Spoed spoed mense moet leer om op te hou jaag jy sal daar uit kom.

Z ·

Sê die een wat 30 kruip in splinternuwe sterk kar in die regterkantse baan, laat die wat haastig is verby gaan, om iemand aspris op te hou maak net die een agter jou en die res agter hulle meer gemotiveerd om verby te kom..

Suzette ·

Dis waar die goue reel inkom en baie verstaan dit dit duidelik nie “Keep left pass right”. Om aspris verkeer op te hou is net so gevaarik as spoed en om op sperstepe en witlyne verby te steek.

Gerhard ·

Die inligting in die berig is vaag, maar ek kan maar net noem dat die betrokke pad ‘n enkelbaanpad met baie draaie en op- en afdraendes is. My raaiskoot sou wees dat spoed nie deurslaggewend sou gewees het nie, maar wel verbysteek op ‘n gevaarlike plek. Die hele pad tussen Pietermaritzburg en Kokstad is so, asook in die teenoorgestelde rigting tussen Pietermaritzburg en Greytown. Die meeste ongelukke op hierdie twee paaie is hieraan te wyte.

Louis ·

Dit is maklik om afleidings te maak maar min mense wat kommentaar lewer was self op die toeneel so dit is hul eie opinie en nie die feite nie
Is dit net om iets te sê dat mense hier reageer..,..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.