Nóg ’n skool bevestig Covid-19-geval

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Leerder aan ’n laerskool in George in die Wes-Kaap het positief getoets vir die nuwe koronavirus bekend as Covid-19.

Laerskool George-Suid het in ’n verklaring bevestig dat ’n gr. 7-leerder aan dié skool tuis in isolasie geplaas is nadat die kind positief vir die virus getoets het.

Luidens die verklaring ontvang die leerder tans mediese behandeling en die kind se toestand word in dié stadium as stabiel beskou.

Sas du Plessis, die skoolhoof, sê in die verklaring ’n lys is reeds opgestel van alle onderwysers en skoolmaats met wie die leerder moontlik in noue kontak was. Dié mense word gekontak en versoek om hulself te isoleer.

Du Plessis het die skoolgemeenskap verseker dat indien die skool of departement van gesondheid nié met hulle in verbinding tree nie, só iemand nie in gevaar is nie. ’n Omsendbrief is egter Sondag aan alle gr. 7-ouers gestuur om bedag te wees op enige virussimptome.

“Hierdie is nie ʼn tyd vir paniek nie en dit is belangrik om u en u gesin so veilig as moontlik te hou…. Die veiligheid van ons leerders bly ons prioriteit,” lui die verklaring.

Verskeie skole het reeds stappe gedoen nadat ouers of leerders by skole positief vir Covid-19 getoets het.

Maroela Media het vroeër berig ’n gr. R-leerder aan die Laerskool Wierdapark in Centurion in Gauteng het verlede week positief getoets vir die nuwe koronavirus.

Onderwysers en leerders by Brandwag Primary School in Bloemfontein is ook verlede week vir die virus getoets nadat die ma van twee leerders aan dié skool die virus opgedoen het.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

Ag wanneer hou dit nou op? Is die skole nie gesluit nie. Kan mense nie dink nie.. Raak nou rerig moeg vir hierdie virus nonsens!

LIEZL ·

Begin bid, wonderwerke kan nog gebeur. Ek glo hierdie is maar net dat ons besef wie is werklik in beheer. Dit dwing ons op ons knieë en ek verwelkom dit. Hou moed, Jaco, wie weet, dalk is hierdie nonsens môre verby.

Jaco ·

Ek probeer moed hou, maar baie dankie! Ek glo en vertrou elke dag dit sal vinnig op ‘n einde kom. God is in BEHEER!!

J ·

Die land en die wêreld gaan totaal anders wees na afloop van hierdie pandemie!

My ergste vrees is dat geweld en anargie gaan uitbreek as die township massas begin sterf.

Faraway ·

Laat my wonder . . . is die vierde seël nie oopgebreek nie . . . vaal perd

Janee ·

Ons praat nie eers meer daaroor nie…doen wat ons moet, verderis ons in die Hande van die Vader….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.