Nog ʼn verdagte vas ná moord op toeris

Ivan Ivanov en sy vrou, Tina.

Die polisie in die Wes-Kaap het Woensdagoggend ʼn verdagte by die Houtbaai-hawe in hegtenis geneem in verband met die moord op die 44-jarige toeris Ivan Ivanov.

Die 24-jarige verdagte sal na verwagting Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van moord, het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die ander verdagtes in die saak het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn. News24 het toe berig Sinaye Mposelwa was uit op parool toe die moord gepleeg is. Die saak is tot 21 Augustus uitgestel.

Mposelwa is Saterdag kort ná die moord deur lede van die buurtwag in hegtenis geneem.

Ivanov het Saterdagoggend in die Tafelberg Nasionale Park in Houtbaai gestap toe hy omstreeks 11:00 deur drie mans naby die Oos-Fort aangeval is.

Ivanov is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek voordat die verdagtes met sy rugsak met sy persoonlike besittings daarin op die vlug geslaan het.

Ivanov se skoonsuster, net bekend as Dina, het vroeër in ʼn brief haar dank teenoor die Houtbaai-gemeenskap uitgespreek vir hul hulp om een van die verdagtes vas te trek.

Sy het gesê Ivanov was ʼn liefdevolle man vir haar tweelingsuster, Tina, en ʼn wonderlike pa vir sy drie kinders, Glen (20), Taisia (11) en die tweejarige Makar.

“Hy was hardwerkend, het drie grade gehad en vier tale vlot gepraat.” Ivanov was tydens sy dood op ʼn sakebesoek aan Suid-Afrika en het die land volgens berigte al by twee vorige geleenthede besoek.

Hy het saam met sy gesin in Genève, Switserland, gewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

toy ·

Dit is tragies en so onnodig. Ek dink nie daar sal in die volgende 200 jaar vrede in hierdie land wees nie.

Nugter ·

Dankie SAPS…ek glo die buitelanders en sy familie sal die arres meer waardeer as ONS ondankbare suid-AFRIKANERS…

Joke! ·

Dood gesteek vir n rugsak met besittings!! Laat die liberale oorsee kennis neem….My hart gaan uit vir die familie…

Anoniem ·

Maroela Media, kan julle asb probeer uitvind wat was die verdagte se vorige oortreding(s) waarvoor hy uit was op parool?

PW Botha ·

3 Sub-Saharan IQ persons killed a man worth a million of their kind. How pathetic these scum are!?

honourable member ·

Weereens n parool persoon. Wys net dat mense eerder nie parool moet kry nie want hulle sal nooit ophou misdaad pleeg nie.

hercu ·

volgens alle berigte is dit buurtwag lede wat verdagtes vas getrek het en nie die SAPD nie!!

wanneer onbevoegde “mense” ‘n land regeer  word die geldeenheid waardeloos en die infrastruktuur / misdaad van daardie land onregeerbaar!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.