Nóg ʼn week sonder beurtkrag, sê Eskom

(Argieffoto / Maroela Media)

Suid-Afrikaners kan dalk uitsien na nog ʼn week sonder beurtkrag.

Dít volg nadat beurtkrag nou al vir 32 opeenvolgende dae opgeskort is.

Eskom skryf die volgehoue opskorting toe aan voldoende opwekkingskapasiteit en noodreserwes.

Altesaam 13 898 MW is weens onbeplande onklaarrakings onbeskikbaar, terwyl 5 424 MW aan instandhouding afgestaan word. Eskom sê 3 300 MW behoort teen Maandag weer op die kragnetwerk beskikbaar te wees.

Die kragvoorsiener sal na verwagting volgende Sondag weer terugvoer oor die toestand kragnetwerk gee. Indien enigiets voor dan verander, sal die publiek onmiddellik in kennis gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Michael ·

Dit is nie ‘n beloning nie die feit dat daar enige beurtkrag is is reeds ‘n skande en n bewys van onbevoegdheid.

Casper ·

Waar kom die skielike MW vandaan wat tot die network gevoeg word.Vandag nog 3300 MW,dan gaan dit mos eintlik goed by eskomse opwekkingsvermoeëns of daar is daar die moontlikheid van onklaarrakings op groot skaal.

Papsak ·

Ja noem dit weer goeie bewys van onbebevoegdheid maar raak nie bly nog n verkiesings foefie om stemme te werf vir anc daarom doen hulle dit ????

Hannes ·

Die kragnetwerk word verby sy vermoë gedruk terwille van die verkiessing. Volgens Suid Afrika se kragnetwerk konfigurasie (NRS097) behoort die kragtoevoer nie 253V oorskry nie. Saterdag het die krag 255.5V bereik vir 6 ure.

SjN ·

En dieselverbruik skiet die hoogte in en is nie volhoubaar nie.

Cassie Carstens ·

Hierdie is maar net die stilte voor die verkiesingsstorm. Na dit sal ons weer baie onderbrekenings hê.

Stofbakkies ·

ESKOM kan gerus nou maar ophou om ons almal se tyd te mors deur elke week ‘n beriggie te laat plaas. Ons weet mos dit is ‘n foefie – ons behoort altyd krag te hê, julle doen ons geen guns nie. Kom ons kyk nou maar hoe lank die “geen beurtkrag” na die verkiesing gaan aanhou. Ai mens moet eerder maar lag, want kwaad word help tog nie.

groenboer ·

My voorspelling: die dag na die verkiesing is ons terug op Fase 4.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.