Nog onklaar eenhede noodsaak langer beurtkrag

Argieffoto (Foto: Mujahid Safodien/AFP)

Beurtkrag sal tot verdere kennisgewing voortduur nadat nog vier eenhede oornag onklaar geraak het.

Volgens Eskom het twee eenhede by die Kendal-kragstasie en ʼn eenheid elk by die Kriel- en Arnot-kragstasie onklaar geraak en sal fase 3-beurtkrag dus tot verdere kennisgewing toegepas word.

Die kragvoorsiener het gesê hy sal later vandag meer inligting bekend maak.

Fase 3 het Woensdag om 16:00 in werking getree en sou aanvanklik net tot middernag geld, maar is toe tot 05:00 vanoggend verleng “ten einde die damvlakke by die pompopgaarstasies aan te vul”.

Die situasie het egter oornag versleg waarna Eskom vanoggend aangekondig het beurtkrag duur onbepaald voort.

Volgens die beurtkrag-app EskomSePush was daar al 91 dae beurtkrag vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Adriaan ·

Dis opmerklik dat die “onklaar” eenhede omtrent altyd by dieselfde kragstasies is.

Wat vreemd is, is dat daar steeds mense is wat ontken dat sabotasie plaasvind.

Pietertjie ·

En dit vind gewoonlik “oornag” plaas. Wanneer die toerusting nie so hard hoef te werk nie. Dit laat my ook wonder…

Henri ·

Eskom se hoop flikker elke keer op in my kers se vlammetjie…

Terence ·

En nogsteeds bly die onbevoegde regering in bewind. Net in Afrika waar onnoselheid heers.

casper ·

Maar gelukkig het ons ministers darem nog altyd krag ne !!!

Vernon ·

Dis hoekom hulle nie n flenter omgee nie,want hy kry sy “pay”.

Leon ·

Beurtkrag gaan ongelukkig vir altyd by ons bly. Eskom gaan nooit die situasie beredder kry nie, trouens, ek verwag dat dit erger gaan word.
Belê in sonkrag as jy kan!

Wakkerslaper ·

Hendrik en vuurvliegie, waar val julle uit? As dit nie vir Mnr. De Ruyter was nie, het ons moontlik al ‘n totale ineenstorting gehad. Verstaan julle dat alles wat Mnr. De Ruyter probeer doen gesabotteer word? Hoe moet hy daarmee werk? Hoe moet hy ESKOM regruk as die politiek die heeltyd teen hom werk, eenhede doelbewus beskadig word ens? Het julle ‘n beter plan?

Wakkerslaper ·

Dit is heel waarskynlik sabotasie. Alles word gepoog om Mnr. De Ruyter uit te kry want hy het ESKOM begin skoonmaak en daarvan hou hulle niks.

Koos 100 ·

Dirk, dit is heel eenvoudig. Instandhouding word nie gedoen en geinspekteer gedurende kantoor ure nie, dan kan hulle ure lank na ure werk en ooryd betaling kry as die goed breek.

Danie ·

Solank jy wolf skaapwagter maak sal die probleem nooit ophou of tot n einde kom nie.

henndrik ·

Ek sal graag ‘n artikel wil sien oor die werklike redes vir die ‘onklaar raak’ van die eenhede. Hoekom gebeur dit, wat veroorsaak dit en hoekom dit meeste van die tyd in die nag gebeur?

Jakkie ·

Kan iemand wat ‘n Wiskunde briljantjie is vir ons die statistiese kans uitwerk, dat soveel eenhede toevallig dieselfde tyd onklaar raak……….Weerlig slaan nie 2 keer op dieselfde plek nie……so dink ek maar by my selwers

Andries ·

Kla een bestuurder aan vir terrorisme, vervolg hom tot hy skuldig is, en die gemors sal tot ‘n einde kom.

Jandup ·

Andries jy is reg. Die bestuur span van die kragstasies moet verantwoordelik gehou word. Enige faling moet hy op bonusse gepenaileer word. Geskors word sonder betaling. Ook medepligtig gehou word vir enige sabotasie onder hulle toesig

TO ·

Dit is verseker sabotasie, hoekom altyd dieselfde substasies? Arresteer hulle soos die diewe van kabels wat verseker ook oorsaak is van onklaar eenhede

Perdeby ·

Hoekom altyd by dieselfde kragstasies. Stel maar liewers die land in kennis dat vir die volgende 2 jaar gaan ons elke dag loadshedding kry, tot alles reg gemaak is, dan weet ons mos. Nog nooit voorheen, wanneer daar ‘n probleem by die kragstasies was, het ons loadshedding gehad nie. Ruk al die onwetting darde af en stel wagte aan.

piet ·

Ek het die voorstel van die begin af gemaak. Die hele storie het nou in ‘n media malhuis ontaard en almal gaan op loop elke keer wanneer ‘n aankondiging gemaak word. Hulle moes 2-jaar terug een groot media konferensie gehou het en aangekondig het dat dit minstens 2-jaar gaan vat om die situasie reg te stel en dat mense kan verwag om ELKE dag aan 2 ure se beurtkrag blootgestel te word (fase 2) en daarvoor moet voorsiening maak. En gehou het by die een skedule vir 2-fase beurtkrag. Dan het almal geweet waar hulle staan en wanneer die krag kan af wees volgens die vasgestelde skedule. Nou is dit ‘n aan en af storie, spring van een fase na die ander en so gaan dit aan. ‘n Totale, verwarrende gemors.

louis ·

Snaaks dit gebeur meesal oornag. Dat sabotasie plaasvind is n feit!

Sarel ·

Vraag wat nie neantwoord word nie…Hoe is dit moontlik dat die Eenhede gedurig onklaar raak.
Moet net nie sê ” Ouderdom” nie..

Prikkie ·

Sê asseblief vir Eskom se woordvoerder dat die eenhede nie “onklaar” geraak het nie. Die eenhede was werkende eenhede en dus klaar of dan diensbaar.

Nou dat hulle nie meer in ‘n werkende toestand is nie, is die eenhede dus ONDIENSBAAR. Met ander woorde, hulle kan nie ‘n diens lewer nie.

Dat die eenhede KLAAR (soos in moeg of poegaai) is, dit weet almal van ons.

Elma ·

Sien? WEER 4 eenhede gelyk. Ek sê julle, die ouens kan regtig net tot by 4 tel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.