Nóg skole in Noordwes gesluit weens Covid-19

(Argieffoto)

Die Noordwes- departement van onderwys het Dinsdag nog agt gevalle van Covid-19 onder leerders en onderwysers aangemeld. Dit bring die algehele getal Covid-19-gevalle in skole in dié provinsie op 12 te staan.

Dié gevalle sluit in drie gr. 7-leerders, vier onderwysers en een administratiewe personeellid. ʼn Skoolhoof het ook Maandag positief getoets vir Covid-19. Alle skole wat geraak is, is intussen gesluit en sal weer oopmaak sodra dit behoorlik ontsmet is.

Dié provinsie het tot dusver 1 177 Covid-19-gevalle aangeteken. Dit is slegs 1,9% van die gevalle landwyd. Vyf mense het al hier weens Covid-19 gesterf. Volgens die provinsiale regering se statistieke het Bojanala-distrik (Rustenburg) die meeste gevalle (754), dan Dr Kenneth Kaunda-munisipaliteit (Klerksdorp en Potchefstroom) met 49 gevalle.

Maroela Media het vroeër berig dat meer as 30 skole landwyd reeds gesluit het weens Covid-19 sedert skole net meer as ʼn week gelede op 8 Junie heropen het. Voormalige DA-leier Mmusi Maimane wend hom nou tot die hooggeregshof om skole weer te sluit, het Maroela Media berig.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francois ·

Belaglik. Ek verstaan dit nie. As die kinders en onderwysers getoets is voor hulle die skool gronde ingaan soos voorgeskryf dan waarom die skool sluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.