Nog tussenverkiesings uitgestel

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die verkiesingshof het die uitstel van die munisipale tussenverkiesings wat in Maart sou plaasvind, goedgekeur. Dit bring die aantal tussenverkiesings wat reeds vir die jaar uitgestel is op 24 te staan.

Maroela Media het vroeër berig dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in Januarie besluit het om die verkiesingshof te nader vir die uitstel van die munisipale tussenverkiesings, aangesien die vlak 3-inperkingsregulasies politieke byeenkomste verbied.

Die OVK het die hof gevra om die verkiesings wat op 20 Januarie, 3 Februarie en 17 Februarie in ses provinsies, tien munisipaliteite en 14 wyke sou plaasvind, met 90 dae uit te stel.

Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, sê die kommissie het die hof nou weer om goedkeuring genader om die tussenverkiesings wat tussen 3 en 31 Maart gehou word, ook uit te stel tot ʼn datum wat nie langer as 120 dae vanaf die datum van die hofbevel is nie.

Al hierdie tussenverkiesings wat van Januarie tot Maart sou plaasvind, is nou geskeduleer vir 19 Mei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Suzette ·

Natuurlik wil die anc dit uitgestel hê want as daar nou tussenverkiesings plaasvind gaan hulle ‘n klomp stemme verloor en hulle is bang hulle verloor van die wyke, provinsies ens.
So alte lekker – dis Covid se skuld en politieke byeenkomste as gevolg daarvan verbied. Simpel verskoning – dit kan virtueel geskied.

gatgogga ·

Is dit altyd ANC beheerde setels waar verkiesings uitgestel word?
M.a.w. is dit altyd waar die ANC bang is om te verloor?

Hennie J ·

Nou wonder ek wat se “groot politieke byeenkomste” vind plaas ter voorbereiding van tussenverkiesings. Hierdie uitstellery is net n klug van die anc om van die stembus af weg te bly en is ook ter voorbereiding van hulle eersdaagse pogings om die algemene verkiesing van raadslede uit te stel want hulle vrees die stembus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.