Nog twee ‘aanhitsers’ vas oor onluste

‘n Winkel in die Pretoriase middestad gedurende die onluste verlede week. (Foto: ANA)

Dit is meer as ’n jaar ná die verwoestende onluste van Julie 2021 en nóg twee mense is bygevoeg tot die lys van beweerde aanhitsers.

Altesame 50 verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle aandadig was aan die grootskaalse openbare geweld wat verlede jaar in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng geheers het toe oudpres. Jacob Zuma in hegtenis geneem is vir minagting van die hof.

Die jongste verdagtes in die saak is geïdentifiseer as Nkosinathi Ngiba en Ntobeko Knowledge Dube. Ngiba (42) het Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn voordat Dube (40) Maandag ook in dié hof verskyn het.

Hulle staan tereg op aanklagte van sameswering om openbare geweld te pleeg, aanhitsing om openbare geweld te pleeg en aanhitsing om brandstigting te pleeg, sê Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal.

Ngiba en Dube is sedertdien borgtog van R3 000 elk toegestaan en sal einde November saam met hul tientalle medebeskuldigdes in die hof moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JohanR ·

Is die een se naam Jacob Zuma, en die ander Ace Magashule?

Kobus ·

Ek gaan nie eers moeite doen om Oros en Popcorn te koop nie.

annie ·

Sjoe maar die polisie met hul rocket science is vinnig op die spoor van stouters. Nog ‘n veer vir Cele se swart hoed.

Hennie ·

Klein vissie… Hier gaan dadels van kom. Hierdie wetters is terroriste wat verantwoordelik is vir lewens verlieste en milarde Rande se skade… R3 000 bail daar vir jou hoor met die komplimente van die korrupte ANC…

Nettie ·

Daar is mense wat “screenshots” geneem het van meer bekende mense se aanhitsing. Tog word nie een van daardie mense gearresteer nie. Hoekom nie? Dit maak van hierdie hele storie een groot klug!

Jr ·

Die boer in Senekal word van terrorisme aan gekla., en hierdie “vorige benadeeldes van poer poer klagtes. Ja nee one law for some, and another for others

Yvonne ·

Sal hier ooit geregtigheid geskied…en hoe kan dit ooit vergoed vir die massiewe skades

Veronika ·

Ja maar ons weet almal wie is die eintlike organiseerder en aanhitser. Sit lekker in sy Sandton huis en orgistreer als! Verkondig die swaarkry en onder drukking, maar as hy uit sy rooi overall klim, klim hy in sy Armani pak klere en sy Mercedes in en hou partytjie in Sandton nagklubs!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.