Nóg twee sibbe sterf ure ná noedel-ontbyt

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Miles Burke/Unsplash)

Nóg twee kinders is verlede week kort na mekaar dood nadat hulle glo ure tevore saam kitsnoedels vir ontbyt geëet het. Die oorledenes se ma, wat in Mpumalanga woonagtig is, beweer nou dat hul dood met die noedels verband hou.

Konst. Busi Mthethwa, polisiewoordvoerder van Embalenhle in Mpumalanga, het aan Maroela Media bevestig dat Thato Makofane (9) en haar ouer broer Keamoketswe Makofane (13) kort na mekaar dood is.

Die sibbe het saam met hul ma, Matlatsi, en tweejarige broer in uitbreiding 19 in Embalenhle gewoon.

“Thato het die oggend van haar dood alleen vir die skoolbus gewag, terwyl Keamoketswe by die huis gebly het waar sy ma hom met ʼn skoolprojek gehelp het. Keamoketswe was egter ʼn ruk later op pad busstop toe,” sê sy.

“By die busstop het Keamoketswe sy suster op die grond aangetref, waar sy vermoedelik minute vantevore inmekaargesak het. Hy het vinnig huis toe gehardloop om sy ma daarvan in kennis te stel.”

Volgens die polisie is Keamoketswe aangesê om saam met sy jonger boetie by die huis te bly terwyl Thato se oom die ma en dogter na die plaaslike kliniek toe gehaas het.

“Die verpleegsters het Thato ondersoek, maar dit was reeds te laat. Sy is by die kliniek dood verklaar.”

ʼn Gebroke Matlatsi het Keamoketswe van die kliniek probeer bel, maar het bekommerd geraak toe hy nie antwoord nie. Sy het haar buurman in die hande gekry en gevra om ʼn oog by die huis te gaan gooi.

“Die buurman was geskok om te sien dat Keamoketswe inmekaargesak het, en het dadelik hulp ontbied. Matlatsi het terug gejaag huis toe en Keamoketswe kliniek toe gevat, maar hy is net soos sy suster by sy aankoms dood verklaar,” sê Mthethwa.

Die kliniek het die polisie ontbied en ʼn geregtelike doodsondersoek is van stapel gestuur.

Hoewel die oorsaak van die sibbe se dood nog nie bekend is nie, meen Matlatsi die enigste element wat die kinders se dood verbind, is die pakkie noedels wat hulle vir ontbyt geëet het.

Volgens Mthethwa is dit nog nie duidelik of dié saak verband hou met ʼn voorval vroeër vandeesmaand in die Oos-Kaap waarin die drie Ngwendu-kinders dood is, ure nadat hulle ʼn pakkie noedels geëet het nie. Die geregtelike doodsondersoek in dié saak is nog nie afgehandel nie en die presiese oorsaak van die kinders se dood dus nog nie bekend nie.

“Die polisie is steeds besig om die saak te ondersoek, maar meer feite sal aan die lig kom sodra die forensiese ondersoekers hul bevindinge bevestig,” het Mthethwa oor die mees onlangse voorval gesê.

Dit is ook nie bekend wat Thato en Keamoketswe se simptome was voor hul dood nie.

Die kinders se begrafnis het reeds die afgelope naweek plaasgevind.

Phindile Zweni, die private ondersoeker wat die dood van die drie Ngwendu-kinders in die Oos-Kaap ondersoek, het weer eens bevestig dat die vervaardiger van die noedels wat die kinders geëet het, ʼn plaaslike handelsmerk is wat in die gebied vervaardig en verkoop word en dus nie in Mpumalanga beskikbaar is nie.

  • Die voorval in Mpumalanga hou nié verband met ʼn stemboodskap wat die rondte doen oor ʼn beweerde swanger vrou wat in die hospitaal opgeneem is nadat sy noedels geëet het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Waarnemer ·

LES nr 1:Moenie Enige voedsel of drank by die Nigeriers se spaza winkels koop nie.Koop by Shoprite,Checkers,P&P of Woolworths.
Les nr 2:Moenie 2 minute noedels eet nie….dit is geneig om mense te laat sterf.

Harley Davidson ·

Nigeriërs is in die dwelms bedryf ,pakestaniers het die kafees en spaza winkels oorgeneem.

E ·

Kinders sterf van noedels en geen woord van enige gesondheids owerheid nie, ons weet nog glad nie watter maak noedels dit is nie??? Maar listeria was histeria… Nou moet kindertjies maar eet en dood gaan lyk my.

Jaco ·

En hoe lank wil hul neem met die eerste kinders se doodsondersoek. Dit kan sekerlik nie so moielik wees om dit nie binne ‘n dag of twee klaar te maak nie? Veral as jy vat hoeveel mense eet daagliks noodles.

Carina ·

Dit sal baie help as die handelsmerk van die noodles wat hulle geëet het bekend gemaak word, sodat ander mense dit kan vermy.

TRP ·

Die twee gevalle is twee verskillende handelsmerke as ek reg verstaan. Dink dit gaan meer skade as goed doen as daar nog nie konkrete bewyse is dat dit wel die noodles was nie, dink daarom word nie name verswyg.

katerinadiekat ·

Meer skade as 5 kinders wat nou al dood is? Ek glo nie. Al is daar nog nie konkrete bewyse nie, bly aan die veilige kant totdat die saak opgelos is. Maar mens Kan nie aan die veilige kant bly as jy nie n cooking clue het Wat die produk se handelsmerk is nie.

Misky ·

Hoe tragies, maar ek dink tog iets anders moet verduideliking wees en indien dit wel die noedels kon wees, sou duisende tog siek geraak het. Innige simpatie aan die moeder en moet hartverskeurend wees

anniekiewiet ·

Mag julle familie diepe troos van ons Vader kry, kinders se dood is te erg met baie seer.

marius ·

Toets maar gerus vir Melamine . Dieselfde het in Sjina gebeur .

Anoniem ·

Baie eenvoudig, koop ‘n aantal pakkies van die betrokke noedels by verskillende winkels en ontleed dit.

boerie ·

Dit kan tog nie so moeilik wees om van die noedels te laat toets nie, dws as jy nie net n 30% ter is nie.

Jeffrey ·

Ek het so paar weke gelede 2 minute noodles geëet en ek het so pyn op my maag gekry dat ek nie eens kon regop loop daarvan nie…nie weer nie.

Mariaan ·

Hoekom die ondersoek so uitrek! Hier moet vinnig en daadwerklik opgetree word! Toetse op noodles…nadoodse ondersoeke..MAAR VINNIG…sodat mens die probleem kan vastel…maar nee…dis WEER n geval van treurige agterstallige …gesloerde diens van SA…verlore is ons!

katerinadiekat ·

Ag nee regtig nou!!!????????????????WATTER HANDELSMERK is hierdie noedels??? Hoeveel kinders moet nou nog doodgaan???

katerinadiekat ·

Wel Maggi en Kelloggs se noedels gaan nou maar op die rakke bly. My tienerseun is baie lief vir noedels maar selfs hy is nou te versigtig om dit te eet. Ek het vir hom gese jy Raak nie eens aan n pakkie noedels nie, en bly sommer permanent weg daarvan want dis in elk geval ongesond.

Janine ·

Dis my 16-jarige se stapelvoedsel ( eie keuse!). As sy nie my kos wil eet nie, eet sy noedels. Ek dink die ma probeer geld maak uit die vervaardiger. Nie eens dieslfde maak as ander (of selfde provinsie nie), wat in elk geval vrae laat! GEEN 4 maande oud BABA eet noedels nie. Punt.

katerinadiekat ·

En die ouer kinders wat wel bo alle twyfel noedels Kan eet? Noodles can be mashed, along with the flavored water, into a substance thats like watery porridge. A baby could swallow that. En wat is fout daarmee dat sy die vervaardigers wil dagvaar? Dit gaan nou wel nie haar kinders terugbring nie maar miskien sal die vervaardiger in die vervolg Versigtiger wees met hul produk.

Janine ·

Enige een wat ‘waterige noedels’ aan ‘n 4 maande oue baba gee, kort ‘n warm klap om wakker te skrik! Op 4 maande kan hul magies nie eens behoorlik Nestum hanteer nie. Tsk.

Casper ·

As hierdie spesifieke noedels dieselfde is as dié wat die kinders in die Oos Kaap se dood veroorsaak het dan moet die handelaars ondervra word en die noedels moet onttrek word.Die vervaardiging moet gestaak word totdat die sake ondersoek is en die uitslae bekend is.

Willem ·

PUBLISEER ASB DIE HANDELSNAAM / HANDELSMERK SODAT DIE PUBLIEK DIE BETROKKE MERK KAN VERMY. DIT IS IN OPENBARE BELANG. VERBRUIKER SE VEILIGHEID IS BELANGRIKER AS VERVAARDIGER SE INKOMSTE.

Skappie ·

My innige simpatie aan die ouers van die 2 kinders. Mag onse Liewe Heer julle styf vashou in Sy arms.

Su ·

Kan enigiemand bevestig watter MAAK dit is? Daar is heelwat verskillendes op die mark.

Zombie ·

Miskien het iemand iets in die kinders se Noodles gegooi tydens voorbereiding? Snaakse dinge gebeur.

Esme ·

Word hierdie sake ondersoek? Dit wil voorkom of daar sinester magte agter die gemakskos sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.