Nog twee vas ná rooftog by Centurion-winkelsentrum

Daar was Maandagoggend ‘n gewapende rooftog in die Centurion-winkelsentrum (Foto: Yusuf Abramjee, Twitter)

Nog twee verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem in verband met ’n gewapende rooftog wat Maandagoggend by ’n juwelierswinkel in die Centurion-winkelsentrum plaasgevind het. Twee verdagtes is Maandagaand reeds in dié verband vasgetrek.

Die polisie is op soek na nog twee verdagtes.

Die juwelierswinkel se 55-jarige eienaar is tydens die rooftog in die maag geskiet en het op die toneel aan sy wonde beswyk. Een van die personeellede van die winkel is ook beseer toe sy die rowers wou keer om te vlug.

Volgens kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, is twee verdagtes, onderskeidelik 36 en 42 jaar oud, Woensdagaand in Aeroton, Johannesburg, aangekeer.

“Die twee was in besit van twee vuurwapens en ʼn motor. Die motor was glo tydens die rooftog gebruik,” bevestig Sello.

Die verdagtes sal na verwagting eersdaags in die hof verskyn op aanklagte van sakeroof en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Suzette ·

Sal graag wil weet wat hierdie moordenaars se vonnis gaan wees want in SA is vonnis vir moord verseker nie op standaard nie en dan hoef jy net een of ander siektetoestand voor te gee en jy word vrygelaat of kry opgeskorte vonnis. Wat ‘n sirkus. Weet nie hoe dit gaan stop nie…..

Perdeby ·

Die 1 was reeds uit op borg vir gewapende roof of iets. So ek hoop nie hulle kry borg nie

Di ·

Hoop julle sit lank in die tronk – Dink kan wegkom met als in die land. CRIME DON’T PAY

AW ·

Om te arresteer is stap nommer een.

Om verhoor te word is stap twee

Om skuldig bevind te word stap drie

Om gevonis te word is stap vier

So Dankbaar daar is arestasies !!

Nou wag ons vir die verhoor en skuldig bevinding…..

Tyd sal leer !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.