Die departement van gesondheid sal ondersoek by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat instel nadat noodsaaklike mediese toerusting en verbruikersgoedere in ʼn stoorkamer by die hospitaal gevind is.
Die toerusting en goedere is Vrydag ontdek toe Ace Magashule, die provinsie se premier, die hospitaal besoek het tydens ʼn skoonmaakoperasie as deel van die Mandeladag-inisiatief. Magashule het onder andere nuwe hartmonitors, uniforms, inspuitings, waspoeier en toiletpapier in ʼn stoorkamer agter die hospitaal opgespoor.
Die Pelonomi-hospitaal is die grootste hospitaal in die Vrystaat en sukkel om kop bo water te hou weens ʼn gebrek aan toerusting en medisyne as gevolg van ʼn tekort aan fondse.
Tebogo Oepeng, ʼn woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het Dinsdag gesê ʼn onafhanklike ondersoekspan sal so gou moontlik probeer bepaal wat presies gebeur het.
“Benny Malokoane, LUR van gesondheid, en Sam Mashinini, LUR van openbare werke, het Maandag met die hospitaal se bestuur en vakbonde vergader,” het Oepeng gesê. Almal by die vergadering het saamgestem dat die persone wat vir die storting verantwoordelik is, aanspreeklik gehou moet word. “Dit kan nie geduld word nie, veral nie omdat daar ʼn tekort aan die toerusting en goedere aangemeld is nie.”
Volgens Oepeng gaan ʼn onafhanklike span van kenners in die gesondheidsbedryf die saak ondersoek.
Waarom is ek nie verbaas nie?
Is da niemand wat teken vir ontvangs van die mediese toerusting wat gebestel was nie, of word die goed net afgelaai? Hoeveel linne moes gewas gewees het met die waspoeier kan nie dink dat daar top bestuur is wat moes gevra het wa is die hart monitors wat ons voor wag. Iemand is in die moelikheid !!!
lol…
Dit was dalk daar gebêre om later verkoop te word op die “informele” mark. Die toerusting sou dalk opgekap word vir die koper binne-in.
En wie is in beheer?