ʼn 26-jarige man van Noordwes het Donderdag skuld erken op aanklag dat hy sy vierjarige dogtertjie met ʼn gordel geslaan het.
Isaiah Maotwe het aan die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane gesê hy het op 8 November 2016 sy vrou en dogter in Ikageng naby Rustenburg gevind waar hulle geslaap het.
“Ek het haar ma wakker gemaak en ons het ʼn woordewisseling gehad. Die kind het wakker geword en ek het haar aangesê om te slaap, maar sy het geweier. Ek het haar daarna met ʼn gordel geslaan,” het Maotwe in sy pleitverduideliking gesê.
Hy staan tereg op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Hy moet op 22 Augustus weer in die hof verskyn. Sy borgtog is verleng.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
N Pa tug sy kind en dit is nuuswwaardig???
Daar is ‘n groot verskil tussen tug en aanrand. Hy was kwaad vir sy vrou toe haal hy dit op die kind uit. Hoop hy kry tronkstraf.
Verskoon tog maar is Ikageng nie buite potch nie?
Ons was met ‘n sweep geslaan toe ons kinders was. Ek onthou ek het daardie sweep in klein stukkies gebreek en onder my matras weggesteek het. Ek is nou amper 70 en sal dit nooit vergeet nie.
Ek dink hier is ‘n ander slang in die storie . Die berig se die man het sy vrou en dogter in Ikageng gevind. Was sy en die kind by die huis of werk hy op die myn in Noordwes en sy bly op Ikageng – vra maar net