Eskom het aangekondig dat hy Dinsdag fase 4-beurtkrag sal instel. Dié fase het 14:00 in werking getree.
Die kragvoorsiener sê in ’n verklaring dat ’n eenheid by die Koeberg-kernkragsentrale, noord van Kaapstad, uitgeskop het.
Die eenheid is van die nasionale kragnetwerk ontkoppel weens ’n fout met een van die turbines. Dié verlies van ongeveer 930 MW plaas verdere druk op die opwekkingsvloot wat die kragvoorsiener genoodsaak het om nou fase 4-beurtkrag in te stel.
Eskom sê ’n span kundiges stel ondersoek in.
Hy het nie aangedui tot wanneer dié fase gaan geld nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Eskom sê ’n span kundiges stel ondersoek in.
Hulle hèt nie eers ‘n span kundiges nie, almal weggejaar onthou.
Hau!
En nou is daar skierlik kundiges wat by Eskom werk. Waar kom hulle so skielik vandaan.
Aitog soveel onbeholpenheid!
Dit is wat daarvan kom as jy almal krag en water belowe ( en jy hoef nie te betaal nie ) en jy gee dit sonder om die stelsel op te gradeer , dan as almal gelukkig is dan jaag jy die met kennis weg , sit n klomp onbevoegte kundiges daar en siedaar – hier sit ons nou. Belaglik , dalk kan Zim ons biekie krag leen terwyl ons kort is.