Nul salarisverhoging vir politici

Die parlement tydens die 2020-staatsrede (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die parlement se portefeuljekomitee oor justisie het Woensdagoggend die aanbeveling van pres. Cyril Ramaphosa en die kommissie vir die vergoeding van openbare ampsbekleërs goedgekeur dat hoëvlak-politici vanjaar geen salarisverhogings ontvang nie.

Die kommissie staan onder leiding van regter MM Leeuw en het geen skakeling met die regering nie, maar neem wel advies aan van leidende ekonome, arbeidsmaatskappye en instansies soos die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch.

Die president, adjunkpresident, kabinetslede, parlementslede en lede van provinsiale wetgewers kry geen verhoging vanjaar nie weens die land se uitdagende geldelike situasie. Dit beteken Ramaphosa se salaris bly op R3,109 miljoen per jaar. Adjunkpres. David Mabuza en die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, word elk R2,825 miljoen per jaar betaal en hoofregter Mogoeng Mogoeng R2,896 miljoen.

ʼn Parlementslid kry R1,15 miljoen per jaar, en ‘n lid van ‘n provinsiale wetgewer R1,11 miljoen per jaar.

Vir ander openbare ampsbekleërs (wat nie politici is nie) is die salarisverhoging op 3% vasgestel vir diegene wat meer as R1,5 miljoen per jaar verdien, en 4% vir diegene wat minder as R1,5 miljoen per jaar verdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

En die kans dat ek die anc glo is ook 0%.

Anel

Niemand van hulle verdien salaris verhoging nie. In teendeel moet hulle baie minder kry as wat hulle nou kry, vir dit wat hulle doen. Dink net, amper R 300 000.00 per maand om wat mee te doen en hoeveel van sy volgelinge kry nie ‘n sent nie! Hoeveel van daardie geld, wat nie een van hulle verdien nie is geskenk vir noodleniging? En waar moet die verhogings vandaan kom as mense nie werk nie en belasting kan betaal nie? Mense verloor hulle werk en die spul kry salarisverhogings om die land in die moeras te hou. Seker die enigste land… Lees meer »

Hans

Hul hoef in elk geval nie n verhoging te kry nie. Verhogings moet op prestasie gebasseer word

koos10

Maar staatsdiens amptenare moet tevrede wees met 0%?

Pieter

Ag asb vertel ons nog n grap. Julle komuniste sal plunder tot daar niks oor is nie.