Nuus oor ontvoerde seuns ‘misleidend’

Die vier Moti-broers wat ontvoer is. [Foto: Verskaf]

Die polisie het hom gedistansieer van ʼn berig Vrydag, wat beweer dat twee mense in hegtenis geneem is vir hul beweerde betrokkenheid by die ontvoering van vier skoolseuns in Limpopo.

Die Benoni City Times het berig twee inwoners van Benoni in Gauteng is in aanhouding en dat hulle glo binnekort na Limpopo oorgeplaas sou word. Die berig is kort daarna van die nuuswebtuiste verwyder.

Die polisie sê nou dié berig is misleidend, hoewel dit nie seker is na watter inligting die polisie presies verwys nie.

Zia (15), Alaan (13), Zayyad (11) en Zidan (6) Moti was verlede week van hul huis in Nirvana op pad na die Curro Heuwelkruin- private skool, toe hul motor gekaap en hulle ontvoer is. Hul pa is ʼn gesiene sakeman in Polokwane.

Dit is steeds nie duidelik wat van die seuns geword het en of die ontvoerders met die familie kontak gemaak het nie, aangesien die polisie en familie weier om enige nuwe inligting oor die saak bekend te maak. Die polisie het die media ook gevra om versigtig te berig oor enigiets wat “die betrokke partye se veiligheid in gedrang kan bring”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Duck ·

Is nou weer ‘n “cover up” saak seker te sensitief om in die media te wees…..wag en kyk maar

Shakespeare ·

“Die Polisie” is baie misleidend want almal van ons weet as die “Polisie” jou aftrek weet jy nie of jy aangerand, beledig of ‘n korrupte bribe gaan kry nie. BEL DIE POLISIE is deesdae ‘n vrugtelose oproep met nadele..

Keelvol ·

Wat het jou nikseggende kommentaar met die berig te make?

Frank John ·

Ek dink ook verslaggewers moet versigtig wees want wat as dit die kinders se vrylating benadeel.

annie ·

Die wil soos ‘n tipiese Indiese twis voorkom, waar iemand moet bes gee. Dit sal die ouers moet wees. Staan trots of gierigheid of wat, in die pad? Hulle hou dit baie stil om drastiese polisie-optrede te verhoed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.