Nuwe DA-leierskap vir Noordwes bekend

Leon Basson is die DA se nuwe leier in Noordwes. (Foto: Facebook)

Leon Basson, parlementslid van Brits, is die DA se nuwe leier in Noordwes.

Basson is die naweek eenparig op die party se virtuele provinsiale kongres vir ʼn termyn van drie jaar tot leier verkies as opvolger vir Joe McGluwa, wat nie herkiesbaar was nie.

Noordwes is tans die provinsie waarin die DA die meeste sukkel. Die party het trouens sedert verlede jaar se algemene verkiesing elke munisipale tussenverkiesing waaraan hy in Noordwes deelgeneem het verloor.

Sedert verlede jaar het die party twee wyke in Potchefstroom, een in Stilfontein en een in Schweizer-Reneke afgestaan aan die Vryheidsfront Plus en een by die Hartbeespoortdam aan die ANC.

Basson het dus ʼn taai taak op hande.

Die kongres het adv. Freddy Sonakile, DA-hoofsweep in die provinsiale wetgewer, tot provinsiale onderleier, en die Rustenburgse stadsraadslid Luan Snyders as DA-voorsitter in Noordwes.

Die drie provinsiale ondervoorsitters is Don van Zyl van Leeudoringstad wat ʼn stadsraadslid is in die Maquassi Hills-munisipaliteit, gesetel in Wolmaransstad, en twee stadsraadslede van die Madibang-munisipaliteit in Brits, naamlik  Nkateko Mabunda en Erna Rossouw.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jaco ·

Vreemde keuse. Die DA het dan ‘n paar jaar gelede VIR regstellende aksie en BEE gestem. Dié man se ras pla my nie, maar is daar regtig geen swart DA lid vir die leiersrol in Noordwes nie? Die DA is tog ‘n veelrassige party.

Elize ·

Hi Jaco weet jy wat ek die laaste ruk opgemerk het is, dat sodra jy ‘n kleur vermeld jou hart nie lekker is nie. Dit moet uitnemendheid wees wat ons nastreef. Nie wit,swart, griek, jood of wat ookal nie maar wie kan en gaan die wa deur die drif trek.

Androclus ·

Los die man se kleur die regerende party is veels te korrup en skelm,doel is om hulle te verwyder.

Sarel ·

Jaco… jy sè die man se Ras pla jou nie maar vra dan vir ‘n Swart Leier??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.