Nuwe dagvaarding op Zuma bedien

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Itumeleng English/African News Agency (ANA)

Die Zondo-kommissie het ʼn nuwe dagvaarding op oudpresident Jacob Zuma bedien ná hy die eerste geïgnoreer het en daar word verwag dat Zuma in Januarie voor die kommissie sal verskyn.

Die dagvaarding is vandeesweek op Zuma bedien by sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal en dwing hom om van 18 tot 22 Januarie voor die kommissie te getuig.

Die kommissie doen alles wat binne die reg in sy vermoë is om Zuma te dwing om vrae te beantwoord oor sy nege jaar in die amp.

ʼn Senior advokaat is opdrag gegee om dokumente voor te berei vir ʼn bevel van die Grondwethof wat hom sal verplig om die dagvaarding te respekteer. Indien die kommissie slaag, sal Zuma skuldig wees aan minagting van die hof en in hegtenis geneem kan word as hy in Januarie versuim om voor die kommissie te verskyn.

Dié aansoek is nog nie ingedien nie, het ʼn woordvoerder vir die kommissie gesê, maar die JG Zuma-stigting het vroeër reeds regter Raymond Zondo se skrywe aan adv. Tembeka Ngcukaitobi as “onbehoorlik” beskryf.

Volgens die stigting het Zuma geweier om te getuig, “omdat hy nie bereid is om geboelie te word nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JohanR ·

Hoeveel lasbriefe moet die ou nog kry? Na my 1ste lasbrief wat ek ignoreer en nie in die hof verskyn sonder ‘n goeie rede nie, kom haal die platpote my en ek is tronk toe. Wat maak die ou soe spesiaal?

Persheks Adri ·

Stem! Jy’s wit Johan onthou jy nou weer ek weet ook nie wat hom so spesiaal maak nie regtig waar pffft

J ·

Arresteer Zuma vir ‘n klein maklik bewysbare misdaad bv. BELASTINGONTDUIKING en sluit hom op vir 6 maande terwyl die res van die klagtes in die howe voortgaan!

Die polisie sal dan sorg dat Zuma elke hofsaak bywoon.

Voeg daarna elke afsonderlike misdaad se straf by die eerste 6 maande.

Laat hy solank begin ‘betaal’ (tronkstraf) vir sy misdade.

Anders gaan die hofsake so lank duur dat Zuma lankal dood gaan wees teen die tyd dat ‘paytime’ aanbreek.

Konfiskeer AL sy geld en bates om vir die skade te vergoed wat hy die land aangedoen het.

Friedrich ·

Hy moet nou al tronk toe, dat hy in Januarie voor die kommissie verskyn. In Boeie

Deon ·

Nog n gebreekte been van onse staat, daar is eintlik geen rede waarom hulle nodig het om so te stoei om hierdie man in daai komissie te kry nie. Hy het mos nou reeds n hof verskyning geminag, sluit hom daarvoor toe, easy peasy.

Alta Alleman ·

Watter slinkse plan gaan daar nou beraam word om nie te getuig nie?

Cornelius ·

Kyk maar hy gaan weer siek word en Cuba toe gaan vir behandeling.

Samuel ·

Is dit regtig so moeilik om JZ te arresteer? Dit wil mos voorkom asof hy bo die wet verhewe is. So sal hy voortkarring tot hy dood is.

KapteinHond ·

Gun die ou kader sy gemaks-sone en gee hom sy ou tronksel.

Snowball ·

Hou net aan, solank by nooit weer rustig slaap nie, nie lekker vakansie gaan hou of uitsien na Kersfees of sy verjaarsdag, sonder dat hofsake, regsonkoste, vervolging en ‘n oranje pak daar oor sy wese hang en sy dae en nagte versuur nie, is dit al ‘n tipe troos. Ry hom, tot by Daantjie in die kalwerhok.

Meinung ·

Zuma was seker maar ‘n moeilikheidmaker oor tyd. Wat was sy rol nou weer in daardie ANC-kampe? Sy opgang tot by staatspresident was een van die grootste tragedielyne in hierdie land. ‘n Jakkals verander mos nie van haar nie.

Dries ·

Genade, nog 7 weke! Die kommissie is mos in sitting, waarom kan hy maar dadelik aanmeld nie? Dit gee hom net meer tyd om verdere slenterstreke uit te dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.