Nuwe hoof van leër aangekondig

Lt.genl. Lawrence Mbatha, nuwe hoof van die SANW. (Foto: Verskaf)

Lt.genl. Lawrence Mbatha is as die nuwe hoof van die Suid-Afrikaanse leër aangewys. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het dié nuus Donderdag bekendgemaak.

Mbatha het sy basiese militêre opleiding in 1987 in Angola voltooi en het onder meer in die ANC se destyds militêre vleuel Umkhonto we Sizwe (MK) gedien. Hy dien sedert 1994 in die SANW en was sedert 2017 in bevel van die weermag se militêre akademie.

Mbatha se aanstelling volg op die skielike dood van die voormalige weermaghoof lt.genl. Thabiso Mokhosi. Dié is in Desember in ʼn hospitaal dood ná ʼn kort siekte, net ʼn paar maande nadat hy as hoof van die leër aangestel is.

Die parlementêre komitee vir verdediging en militêre veterane het Mbatha se aanstelling verwelkom en hom sukses toegewens. “Sy aanstelling kom op ʼn kritieke tyd, gegewe die huidige uitdagings weens Covid-19 en die weermag se rol in die afdwing van die regulasies vir algemene afsondering,” het Cyril Xaba, voorsitter van die komitee in ʼn verklaring gesê.

“Hy het groot skoene om te vul, maar ons is oortuig daarvan dat Mbatha die nodige ervaring, wysheid en moed het om ons troepe en ons land in die regte rigting te stuur,” het Xaba gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Rodger17 ·

Só wonderlik dat geen witte ooit oorweeg word vir só verantwoordelike pos nie!Maar ág die weermag is elk geval net n leë dop.Is nie n greintjie van die destydse weermag nie.Dis n jammerte dat als só ten gronde gegaan het.Ou SA weermag was n elite mag gewees,nou net n lee grondboontjiedop

Adele ·

Verkeerde publikasie rondom nuwe hoof van die SANW. Lt Gen L.K. Mbatha is die nuwe hoof van die SA Leër, nie die SANW nie.

Adele ·

Dieselfde geld vir die ontslape Lt Gen Mokhosi. Hy was Hoof van die Leër.

Strandloper ·

Die berei lyk soos Andy Cap sin….enige persoon MET MILITÊRE OPLEIDING weet wat dit beteken…

Frank ·

Kan ‘n troep hom net asb wys hoe om sy hoofbedekking korrek op sy kop te sit!!!! Liewe ouers, my maat!!!

Douglas ·

Dis moonlik ‘n biretta wat hy dra en nie ‘n beret nie.

Scalla ·

Seven single op sy kop, was seker verplig om n vinnige foto te neem agv al sy pligte nou.

Kruger ·

Hmmm…..hy gaan seker die voertuie rooi/blou verf sodat ons hulle nie verloor in die veld nie…

Kruger ·

Ek sien julle modereer my antw? Hoekom? Dis die kwaliteit generaals wat ons het. Dit was een se reaksie oor hoekom ons so baie militere voertuie verloor. As hulle in die bos parkeer word kan hulle nie gesien word a.g.v. van kamoeflering. En siende waar hy opgelei was….kyk net hoe sit sy beret…. genoeg gese….

Michael 1 ·

Het nie eers geweet sa het n weermag nie kan net sowel ontbind en coin sekuriteits aanstel dit sal die belastingbetaler betaler minder kos.

MakersMark ·

Die beret lyk soos ‘n vlieende piering wat geland het.

Boortor ·

Daai beret lyk soos perfekte bees…..! Ek lag my n papie! Pateties om die minste te se. Maar ons verstaan, moenie bekommer nie. Ons is nie dom nie.

Grassie ·

“n Gewese terr wat nou hoof van die leër is. Gedorie! Mag ons Skepper ons behoed.

Bloedhond ·

Kom ek lees eerder “Skape speel te oulik op die rondomtalie” dit het vir my meer waarder as die berig.

Hector ·

Het wyle Generaal Constand Viljoen nou omgedraai in sy laaste rusplek?

Gawie ·

Toe ek die berig lees, sê ek vir myself – hier gaan nou weer ‘n klomp ou weermagmanne hulle speelgoed uit die kot gooi. En wraggies, ek was nie teleurgesteld nie. Almal weet wat die man verkeerd doen met sy beret, en almal kritiseer. Ek stem saam, sy beret sit nie reg nie, maar hoe het jou nuwe beret die eerste dag gelyk toe jy dit opsit? Ken enigeen van julle vir die man? Wat weet julle van sy weermagrekord behalwe van dit wat in die berig gegee word? Net omdat die man swart is word hy uit die staanspoor nie kans gegun nie.
Nee maggies manne, gee die man ‘n kans om homself te bewys! As hy dán droogmaak – sê jou sê.
Ek wens hom sterkte toe met sy nuwe pos – soos die berig sê, hy het groot skoene om vol te staan!

Boortor ·

In my dae het dit so 10 sekondes geneem om uit te vind wat die regte manier is. Miskien kry hy dit eendag reg. Dit gaan oor trots en dissipline en nie die velkleur nie.

Dr Pieter ·

Die opskrif van die berig is verkeerd. Die hoof van die Leër is NIE hoof van die hele Weermag nie, slegs van een van die drie “bene” van die weermag.
Die weermag sluit in leër, vloot en lugmag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.