Nuwe polisiekommissaris aangestel

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag ʼn nuwe nasionale polisiekommissaris aangestel.

Dit volg ná genl. Khehla Sitole se dienskontrak op 31 Maart tot ʼn einde gekom het. Ramaphosa en Sitole het vroeër ooreengekom dat die vroeë beëindiging van die kommissaris se kontrak in die beste belang van die land is.

Ramaphosa het genl. Sehlahle Fannie Masemola as die nuwe nasionale polisiekommissaris voorgestel.

“Genl. Masemola was ʼn adjunk-polisiekommissaris met ʼn uitstekende rekord van prestasies in polisiëring reg oor Suid-Afrika,” het die president gesê. “Dit sluit in sy hulp met die de-eskalasie van geweld in KwaZulu-Natal ná ons eerste demokratiese verkiesing in 1994. Hy het ook ʼn leidende rol gespeel om veiligheid te koördineer vir alle verkiesings sedert en insluitend 1994. Hy was ook aan die hoof van veiligheid vir verskeie groot nasionale en internasionale byeenkomste in ons land insluitend berade van die Verenigde Nasies, klimaatskonferensies, en die 2010 Fifa-wêreldbeker. Hy het onlangs ook die land gedien as voorsitter van die Nasionale Gesamentlike Operasionele Intelligensiestruktuur (Natjoints) oor Covid-19 wat die regering se pogings in verskillende bedrywe nasionaal en internasionaal gekoördineer het om ons almal veilig te hou.”

Pres. Cyril Ramaphosa en genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Ramaphosa sê ʼn paneel is aangestel om ʼn geskikte persoon te vind om dié belangrike rol te vervul. Die voormalige minister van veiligheid en sekuriteit Sydney Mufamadi was die voorsitter van dié paneel. Die paneel het ook ingesluit polisieminister Bheki Cele, minister van basiese onderwys Angie Motshekga, voormalige polisiekommissaris George Fivaz, direkteur-generaal in die presidensie Phindile Baleni, direkteur-generaal in die nasionale tesourie Dondo Mogajane, en direkteur-generaal vir die Staatsveiligheidsagentskap ambassadeur Thembi Majola.

ʼn Kortlys van kandidate is saamgestel en daar is spesifiek gekyk na, onder andere, hul strategiese vermoë en leierskap; program- en projekbestuurvermoë; finansiële bestuur; mensbestuur; vlak van gemeenskapsvertroue; veranderingsbestuur; probleemoplossing en analise; en integriteit en eerlikheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Dries ·

Gaan dit net weer n persoon wees wat ten hemele geprys word deur regering en media,net om maar later dieselle hulpelose,hopelose,korrupte wese soos al die voorgangers te wees

Joe Olivier ·

Weereens ‘n paneel van kaders wat toe ‘n kader wat nie eers ‘n das ordentlik kan knoop nie aangestel het. Die vraag is, kan die fannie misdaad wat totaal hand uitgeruk het stop? Ek het my bedenkinge.

Dries ·

Tyd het ons geleer dat die ANC nog nooit n bevoegde kommesaris kon aanstel nie. Hoekom sal dit nou anders wees ?????

Henning ·

Hoe lank is jou “nooit” Dries? As ek reg kan onthou was George Fivas kommisaris gedurende die ANC bewind….en hy was bevoeg

Anton ·

“uitstekende rekord van prestasies” ….
Waar in SA is die burgers veilig?

twaalfboor ·

Gee die man ñ kans asseblief tog. Al wat ek weet is dat ek is bly ek staan nie in sy skoene nie. Met ñ onbevoegde minister as jou baas is al klaar ñ uitdaging.

Realis Thailand ·

Die minister het niks to doen met die direkte bestuur van die Polisie nie

Nie Verbaas ·

En kyk net hoe hang die medaljes! Verbaas hy kan nog regop loop.

Realis Thailand ·

Hy het hulle gekry vir nie die bed natmaak. Betyds op kantoor te wees eenmaal n week. Sy lisiensie om te bestuur nognie verloor nie en die beste een is vir hoe om ongeskik met die publiek te wees

Chris dupreez ·

Ten minste staan hy regop en lyk trots om n polisieman te wees. Nou moet daar net ontslae geraak word van die hanswors met die hoed

Wondermaarnet ·

‘n Trotse polisieman sal sorg dat sy das ordentlik geknoop en aangesit word.

Wakkerslaper ·

….shame, kyk tog net al die “medaljes”…. laat my dink aan ou Idi…

Realis Thailand ·

Hy gaan geen verbetering op die huidige kommissaris wees nie
Sy Polisiemag is korrup en sonder disipline en een man gaan dit nie regruk met die klomp offisiere wie tans daar dien nie
Kom ons kyk oor twee jaar hoe korrek is my woorde.
Voorspel hy gaan ook uit die bus vas soos die vorige klomp na Gnl Fivaz

SjN ·

Nog n Fannie kader aanstelling, kom ons kyk hoe vee die nuwe besem, hoop daar kom n drastiese verandering.

Martin ·

‘n Span is net so sterk soos sy swakste lid, ons polisie stelsel is nie effektief nie en die wiele val tans af en dit moet reg gestel word van onder af tot heel bo by hulle bestuur. Ons regering is nie in staat om dit te doen nie agv onkunde, swak bestuur en korrupsie in die regering.

Pieter ·

Nou as daar ‘n bekwame man was wat al meer as 25 jaar se ervaring het, hoekom word die nou eers oorweeg? Klink vir my of hulle maar gaan soek het vir goed om te noem…
Soos die res se, praat is verby. Dade sal wys wies wie…

Yvonne ·

Gekyk na die paneel wat n keuse moes maak?????? Ek kan net hoop en glo dit sal beter gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.