NWU sê Kgwadi het nie daardie ‘veg’ bedoel nie

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het gesê beskuldigings teen sy visekanselier, prof. Dan Kgwadi, dat hy geweld aangeblaas het by ʼn vergadering op die Potchefstroom-kampus is totaal onwaar.

Dit kom nadat AfriForum Jeug Woensdag uitgevaar het teen Kgwadi en strafregtelike klagte van aanhitsing tot geweld teen hom aanhangig gemaak het. Volgens Hans Gildenhuys, voorsitter van AfriForum Jeug se Pukke-tak, het Kgwadi tydens ʼn studentevergadering van die groep #ReformPUK gesê: “I’m encouraging you to fight.”

“AfriForum Jeug veroordeel hierdie uitlatings van prof. Kgwadi ten sterkste en wil hom herinner dat die NWU nie ʼn politieke speelveld is vir universiteitsbestuur met verskuilde agendas nie, maar ʼn akademiese instansie en dat prof. Kgwadi as visekanselier onpartydig behoort te bly,” het Gildenhuys gesê.

Volgens prof. Johannes Froneman, Kgwadi se woordvoerder, het Kgwadi wel gesê studente moet “veg”, maar het hy duidelik bedoel dat studente moet veg vir geregtigheid. “Om dit as aanmoediging tot geweld te interpreteer, is uiters onverantwoordelik.”

Froneman het gesê prof. Kgwadi se inisiatief “Ons is die NWU”, wat onlangs van stapel gestuur is en onder wie se sambreel die vergadering van die Reform-Puk-groep plaasgevind het, het juis ten doel om vreedsame dialoog aan te moedig.

“Die aanklag dat hy nie onpartydig sou wees nie, is eweneens onsinnig. Natuurlik is hy nie ‘onpartydig’ of neutraal nie. Hy het baie duidelik standpunte en wil inklusiwiteit en maatskaplike geregtigheid by die NWU bevorder. Dit beteken hy is teen die reste van ou en nuwe apartheid.”

Volgens Froneman moedig Kgwadi alle studente aan om standpunt in te neem, te praat, mekaar te probeer verstaan en natuurlik te “veg” vir geregtigheid. “Dit is duidelik ’n nie-gewelddadige benadering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anneke ·

Dis tipies sodra jy aangevat word oor wat jy kwyt geraak het sê jy dis nie wat jy bedoel het nie. Al die politici doen dit herhaaldelik en wat gesê is kan nie weer ongesê gemaak word nie. Maw hy het wat hy wou sê ingekry, “nevermind” wat na die tyd dan nou kwansuis reggestel moet word nie. Daaroor is hy min gepla.

hein ·

Die effek van Suid-Afrika se offisieele taal “Bad English” wat buite konteks gebruik word , slaan weer toe. Self hoogsgeleerde prof kan dit nie ordentlik gebruik nie want dit is nie sy eie taal nie.

Jeanette ·

Prof. Froneman en die DA dra die Afrikaner se belange op die hart. Moet nie te vinnig oordeel nie. Ons weet nie werklik wat die omstandighede was nie.

Anton ·

Jeanette
Moet asb nie kom met die storie dat die DA en Froneman die Afrikaner se belange op die hart dra nie dis die grootste klomp snert wat ek al gehoor het! Hoekom steun die da bee en aa? Hulle steun alle wette om blankes uit NMU en ander te hou? Waar was die da toe Afrikaans op Elsenburg in die Gedrang was? Hulle is nerens nie! Toets hulle self en vra hulle om jou te se hoekom steun hulle BEE en ander wette wat blankes uitsluit!

Kaspaas ·

Asseblief die DA voel niks vir die Afrikaner. Hulle is regte ANC skoothondjies

Jeanette ·

Nee Johan ek is nie die Jeanette waarna jy verwys nie. Ek is net lojaal DA.

chrisp ·

Jeanette.
Ek kan jy asb vir ons voorbeelde gee van jou verdraaide waarheid stelling( toe ek lieg skryf word dit verwyder) dat die DA Afrikaner belange op hul hart dra.Ek sal met liefde baie voorbeelde van die teendeel gee.Ek weet jy gaan nie want jy kan nie?
Jy gaan net so wegraak soos al die DA ondersteuners(lojaal) wat leuns versprei oor hul party.
Julle kan nie meer vir die meeste van ons jok nie.

Maroela is dit nou mooi genoeg gestel? ‘n Mens noem ‘n ding by sy naam of moet ons nou van moordenaars verwys as lewenemende persone?

Netta ·

Die man praat suiwer Afrikaans, of altans hy het toe hy nog probeer beindruk het. Nou kom trek hy ‘n Jacob Zuma streep. Twak man! Hy weet presies wat hy bedoel het!

Gert ·

Snaaks dat `n man nie net iets kan se en dit bedoel nie! Moet altyd verskoning maak vir hul lawwe uitlatings.

Bruno Stef ·

Die beste manier vir Maroela se soetkoekie is om n kommentaar nie te plaas nie maar n mens moet klink of jy respek het vir n onderduimse gekonkel en moet terselfde tyd nie die misdadige aanval op n student noem nie.As die skoen pas kan die Froneman hom aantrek die ouers betaal baie geld om die kinders te laat studeer of wil hy n posisie he soos elders waar studente paaie en ingange afblok.

Roepstem van Noorde ·

Die NWU is darem die laaste ruk vir al die verkeerde redes in die nuus….

sarel Strydom ·

Hoe moet daar vrede wees en student,wat wil, studeer as die visiekanselier aan die voorpunt is.

Gerhard ·

Die goeie professor en sy onderdanige kornuite moet liefs die studente aanmoedig om hulle “sideshows” te laat staan en te begin studeer. Maar dít sou volwassenheid en leierskap verg, iets wat nie meer op my alma mater waatgeneem word nie.

Schalk ·

As jy iets doen doen dit die eerste keer reg. Die kaders het dit tot ‘n kuns ontwikkel om sy sê te sê en daarna baie tyd te spandeer en te sê wat hy nou eintlik gesê het. Gebrek aan nugtere denke?

Daan Malan ·

Ek het ‘n week gelede die volgende waarskuwing aan die grootkoppe gerig. En toe gebeur antwoord Kgwadi met die ge-eikte terme van die teologie van die revolusie…”veg vir geregtigheid”. Dit is ‘n openlike oorlogverklaring van sy kant af!

Daan Malan ·

Waarom kan ek nie my skrywe hier “copy & paste” nie? Wat doen ek verkeerd?

Elisabeth ·

Dit is altyd rondom eksamentyd dat kampusse skielik “onregeerbaar” gemaak moet word. ‘n Goeie verskoning waarom studente wat nie hulle kant gebring het nie, druip – of nog beter: glad nie kan eksamen skryf nie. Wanneer daar nou weer radio- of TV-uitsendings is waarop studente praat, behoort die volgende vrae aan hulle gestel te word: 1. swot jy op die PUK? 2. swot jy met die doel om ‘n kwalifikasie te behaal? 3. hoe gaan dit met jou studies? Dis tog waarvoor studente hier is …

Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi ·

As u beweer dat prof. Kgwadi is ‘n rassis, verkondig u ‘n leuen. Ek sou graag van u wou weet hoe sodanige laster strook met u Christelike beginsels?

Sune van Heerden ·

Dagsê Johannes

Dankie vir die reaksie, ons het intussen die persoon se kommentaar verwyder omdat dit nie aan ons bepalings en voorwaardes vir leserdeelname voldoen nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

chrisp ·

Johannes is daar enige verskille tussen die toelatingsvereistes van wit kinders en swart kinders? Indien wel is dit rassisties.

Johannes Meintjes ·

In die kleine kry ek te doen met groot geleerdes in akademie en die kerk. Soos een professor al vir my op skrif genoem het; “it depends on your perspective …”

Dup du Plessis ·

Na jare lange studies is dit nou wetenskaplik bewys dat moedertaal gebruik onder spesies kan ly tot ‘n afname of verhoging van misverstande a.g.v. taalgebruik. Tydens die oefening waar daar verskillende moedertaal gebruikers saamgevoeg was ( in hierdie spesifieke geval is ganse en beeste saamgevoeg in ‘n bepaalde area) het daar herhaaldelik en konstant misverstande ontstaan oor hoe en op watter manier die water in die krippe aangewend moes word. Wanneer daar weer net homogene groepe moedertaalgebruikers in die area was, het al hierdie diere die water op dieselfde manier gebruik. Die oefening is honderde kere herhaal en die uitkoms elke keer dieselfde. Dus kan daar aanvaar word dat daar minder taal misverstande is tussen dieselfde moedertaalgebruikers. Die gebruik van moedertaal onder spesifieke groepe word dus aanbeveel. (ander voorbeelde hoe verwarring ontstaan tydens uitspraak is bv. – back vs bek, buck vs bak, put vs pad, hub vs hap, tie vs taai, cup vs kap, nut vs nat, my vs maai, hack vs hek, bill vs bul ens,ens.) misverstande, misverstande, mis-vêr-stand-dê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.