NWU-student dood in koshuiskamer gevind

Die Mafikeng-kampus van die Noordwes-universiteit. (Foto: NWU)

Die polisie is op die spoor van verdagtes nadat ’n 21-jarige student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) oor die naweek dood in sy koshuiskamer op die Mafikeng-kampus aangetref is.

’n Geregtelike doodsondersoek is aanvanklik geopen. ’n Saak van moord is intussen aanhangig gemaak nadat ’n nadoodse ondersoek onthul het dat die student verskeie beserings, waaronder kopbeserings, opgedoen het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê ’n vriend het glo Sondag op die student se liggaam op sy bed in sy koshuiskamer afgekom. Die student is Vrydagaand vir die laaste keer saam met vriende gesien.

Die student se ouers het begin bekommerd raak nadat hulle hom nie Saterdag of Sondagoggend in die hande kon kry nie.

Die universiteit se sekerheidswagte kon Sondag die student se kamer oopsluit en hy is dood op sy bed aangetref.

Die polisie doen ’n beroep op lede van die publiek om enige inligting rakende die ondersoek by die ondersoekbeampte, sers. Neo Motswadira, by 079 897 1944 óf Stop Misdaad by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jack ·

Nou word daar oral gemoor. Wie is volgende en wanneer. As jou kind saans uitgaan kom hy terug en dalk in n sak? Die terrorisme word nou in ons strate gevoer soos voorheen. Die sapd se deelname hieraan is ongetwyfeld weens hul onvermoe om te keer en om hul eie wapens te beskerm. Wapens word ingebring vanaf afrika en aan misdadigers verskaf. Geen beheer het nou die eskalasie in moord en geweld tot gevolg. Is dit nou 60 of 160 moorde per dag?

miche ·

Waar is die dae toe ‘n koshuis nog vir studeer was? Nou is dit
meestal ‘n ” crime scene”.

Antonk ·

Hulle maak so groot ophef oor die verlede op jeugdag.Maar nou gaan dit nog erger as in die verlede.

Swerwer ·

Die spoor van waar die oorledene Vrydagaand laas saam met sy vriende gesien is moet gevolg word, kameras van daar tot by die koshuis sal iewers lig op die moord saak gee. Was die arme oorlede te voet waar hul gekuier het of is daar iewers ‘n motor ter sprake. Vandag is niemand sy lewe meer seker nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.