Thuli Madonsela, openbare beskermer, het drie klagtes ontvang teen die ANC wat glo staatshulpbronne gebruik vir sy verkiesingsveldtog.
Oupa Segalwe, Madonsela se woordvoerder, sê die openbare beskermer het twee klagtes van AgangSA sowel as ʼn klag van die DA ontvang. Hy sê die openbare beskermer is in die stadium besig om vas te stel of daar gronde is vir ʼn volledige ondersoek. “Die DA se klag hou verband met verlede jaar se tussenverkiesings in Tlokwe [Potcehfstroom]. Die party beweer dat kospakkies gebruik is in die ANC se veldtog voor die tussenverkiesings,” sê Segalwe.
“AgangSA se klagtes hou verband met bewerings dat kospakkies gebruik is in die ANC se verkiesingsveldtog in die Wes-Kaap en dat die Gautengse provinsiale regering die ANC se kleure gebruik het op sy reklameborde.” Segalwe sê hy is nie bewus van enige nuwe klagtes nie.
Die Sunday Times het die naweek berig dat die DA die ANC en die maatskaplike sekerheidsagentskap (Sassa) hof toe wil sleep oor die beweerde verspreiding van kospakkies tydens die party se verkiesingsveldtog. Daar is spesifiek verwys na ʼn byeenkoms in Atlantis waar kospakkies glo deur die departement van maatskaplike ontwikkeling, die nasionale ontwikkelingsagentskap en Sassa uitgedeel is.
Lees ook:
DA wil hof toe oor kospakkies
Dit is niks snaaks nie. Die ANC in Limpopo gebruik die taktiek al vanaf 1994 verkiesing. Limpopo Cash and Carry in Pietersburg verskaf dit namens hulle aan die skole.
Lees ook maar Maroela-Media se puik stuk verlede jaar oor die verskynsel te Potch en ander plekke:
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus-in-konteks/nuuskommentaar-kospakkies-in-potch-word-sa-verkiesing-reeds-gezim/
Die ANC is so deurtrek van die korrupsie soos n stuk vrot vleis wat met maaiers besmet is. Nie eens die reuk sit hulle af nie.
Dit bewys net die ANC se beleid n BETER LEWE VIR ALMAL (veral minder bevoorregtes) en ek moet byvoeg dit is nie net tydens verkiesings veldtogte nie. Cheers ANC, die toekoms is n beter plek met julle in beheer. Viva, Amandla for the best in the west party ANC.