OB gee uitstel vir Gordhan oor SAID-eenheid

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (Foto: ANA)

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer, het Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, sewe dae uitstel gegee om ʼn beëdigde verklaring in te dien oor ʼn sogenaamde onwettige geheime eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

“Ek wil minister Gordhan ʼn regverdige geleentheid bied om die inligting te verskaf omdat van die inligting al ʼn paar jaar terug dateer,” het Mkhwebane in ʼn verklaring gesê.

Die OB het Gordhan se versoek om uitstel toegestaan wat betref die verklaring en stawende dokumente wat hy Dinsdag [23 April] moes indien.

Mkhwebane stel ondersoek in na bewerings van onbehoorlike optrede, ʼn oortreding van die Uitvoerende Etiekkode, en beweerde onreëlmatige en onwettige optrede deur Gordhan tydens sy termyn as kommissaris van die SAID.

Die OB het gesê haar kantoor sal met ʼn lasbrief die betrokke dokumente direk van die SAID bekom en bygevoeg sy “maak staat op die waarnemende kommissaris, Mark Kingon, dat die SAID haar kantoor sal respekteer as ʼn onafhanklike grondwetlike instansie” en dat hy ook die SAID se grondwetlike verpligting om haar kantoor by te staan, in aanmerking sal neem.

Indien haar kantoor nie die betrokke dokumente ontvang nie, sal sy staat maak op die Wet op die Openbare Beskermer, wat betref minagting. Oortreding van die wet kan lei tot ʼn boete van R40 000 en/of tronkstraf tot ʼn maksimum van 12 maande.

Mkhwebane stel ondersoek in ná ʼn klag wat EFF-adjunkpresident Floyd Shivambu ingedien het oor die sogenaamde eenheid wat na bewering aktief was terwyl Gordhan aan die hoof van die SAID gestaan het.

Gordhan het die uitstel versoek omdat die sewe dae wat hy oorspronklik gegun nie, nie voldoende tyd was om ʼn omvattende beëdigde verklaring in te dien vir Mkhwebane se ondersoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Griet ·

Pleks sy eerder…ñ ondersoek na haar eie onbevoegdheid las…

Hennie ·

Die tydsberekening hier is merkwaardig! Net toe Gordhan op die vrot ANC podium klim en strooi praat oor hoe goed dit gaan met ESKOM, nou word hy skielik bietjie kans gegun. Hulle het hom aan die kort hare beet en die OB werk saam met die ANC! Hoe korrup!

Ellisras ·

Hier is beslis die Dunning– Kruger effect in aksie. Sy is sowaar te dom om te besef sy is ‘n gevaar vir die samelewing..

fred ·

het sy nie ander prioriteite nie..?
sy kry ook nie rigting nie..miskien moet Cyril haar n biekie help met sy seun se “konsultasie” fees…..

George in Bloem ·

Wat ‘n onbevoegde spul narre is hierdie sirkus nie? Was verlede week by die SARS kantoor in Bloemfontein om uit te vind geld wat ek al 2 jaar voor wag is al vir ‘n jaar op oudit. En boonop het uitgevind ek deel nou my belastingnommer met een of ander vent,natuurlik met ‘n Afrika van. Dit sal blykbaar nou reggestel word. Ek hou regtig nie my asem op nie. As ek nou weer indien gaan hulle my 3 jaar se geld skuld.Hulle neem die woord onbevoeg na nuwe hoogtes. Bravo en viva?

Jepetto ·

Die OB moet haar dae geniet sy het nog so minder as 40dae oor in daai pos As ek sy was begin ek my cv uitstuur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.