Olifantkoei vertrap veldgids

Sheldon Hooper (Foto: Verskaf)

’n Veldgids van die luukse Thornybush-natuurreservaat aangrensend aan die Nasionale Krugerwildtuin is dood nadat hy Dinsdagoggend deur ’n olifantkoei vertrap is.

Trevor Jordan, uitvoerende hoof van die Thornybush-natuurreservaat, het die voorval Woensdagmiddag aan Maroela Media bevestig.

Volgens Jordan het Sheldon Hooper (27) en nog ’n veldgids net ná 08:00 heinings soos beplan in die omgewing van die River Lodge nagegaan.

Hoewel die lodges in die reservaat toegespan is met ’n heining wat bestand is teen olifante, word daar vermoed dat ’n groep van drie olifantkoeie en ses kalfies van verskillende ouderdomme deur die hek van die heining gebreek en op die veldgidse afgekom het.

Sheldon Hooper (Foto: Verskaf)

Die gebied is dig bebos en die veldgidse het vermoedelik nie die olifante gesien aankom nie. “Hulle het mekaar absoluut verras. Dit is ’n natuurlike ding vir ’n olifant om te reageer wanneer daar kalfies by is.”

Hooper is in die voorval deur een van die olifantkoeie vertrap terwyl die ander veldgids daarin kon slaag om ongedeerd van die voorval af te kom. Die olifante het ná die voorval weer terugbeweeg na waar hulle vandaan gekom het.

Volgens Jordan het Hooper sowat 18 maande by die Thornybush-natuurreservaat as veldgids gewerk. Hy het voorheen onder meer by die Sabi Sabi-natuurreservaat in die Krugerwildtuin gewerk.

“Sheldon het ’n passie vir die bos gehad en mense van oor die wêreld entoesiasties ingelig oor die wonders in die natuur,” het Rod Wyndham, besturende direkteur by Sabi Sabi, intussen op sosiale media geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Plaaskind ·

Dis baie hartseer – maar moet asb nou nie weer die olifant van kant maak nie. Dis hulle “huis” wat wagters binne tree en hulle kan nie dink soos mense nie. Al wat hulle dink is om hul kalfies te beskerm.

katerinadiekat ·

My innige simpatie aan sy geliefdes. Hierdie wat ek nou gaan se, is maar net my opinie: “To be killed by nature is a good death. To be killed by evil men is a bad death”. Ek weet dit gaan nie jul hartseer wegneem nie maar ek hoop dit bring n mate van vertroosting. Ek glo hierdie stelling met my hele hart, siel en gees.

Sonia ·

Onbeskryflik baie hartseer, so jonk en lewenslustig – my hart gaan uit na Sheldon se geliefdes

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis ‘n aaklige dood. Sterkte aan naasbestaandes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.