Omstrede pastoor en vrou in hof

Shepherd Bushiri en sy vrou Mary in die hof (Foto: Nasionale Vervolgingsgesag via ANA)

Shepherd Bushiri, leier van die Enlightened Christian Gathering Church (ECG)-kerk en sy vrou Mary het Woensdag in ‘n hof in Pretoria verskyn vir hul aansoek om borgtog.

Ephraim Nyondo, woordvoerder van die ECG, het in ʼn verklaring gesê die staat het die aansoek om borgtog teengestaan en versoek dat die saak uitgestel word. “Ons prokureurs het driftig die staat se versoek teengestaan en gesê hulle is gereed om verklarings vir die aansoek om borgtog in te dien,” het Nyondo gesê.

Die landdros sal na verwagting Vrydag uitspraak lewer oor die uitstel en moontlik ook die verhoor vir die aansoek om borgtog.

“Ons is baie ongelukkig. Dit is om van die kriminele regstelsel ʼn wapen te maak.”

Volgens Nyondo behou die staat die reg voor om persone in hegtenis te neem en te vervolg, “maar hulle kan nie net altyd inhegtenisnemings doen en dan aanvoer hulle is nie gereed om voort te gaan nie.”

Hy sê die egpaar het nog altyd skuld ontken. “Ons hoop dat die staat sonder dadelik met hul saak sal voortgaan sodat die waarheid aan die lig kan kom.”

Maroela Media het vroeër berig die Bushiri-egpaar word saam met ’n ander egpaar van betrokkenheid by bedrog en geldwassery ten bedrae van R102 miljoen beskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Vir R102 miljoen se geldwassery sal ek sê julle kan maar sit! Dan het julle die volgende stelling:

“Ons is baie ongelukkig. Dit is om van die kriminele regstelsel ʼn wapen te maak.”

Haai shame vir julle ne. Moes gedink het voor julle betrokke geraak het hoor!

Kokerboom ·

Laat hul sit. Verhaal gelde en na tronkstraf deporteer die ongevraagde Afrika insypelaars asb. Hul tipe misbruik ons land. Ons het REEDS meer as te veel skelms hier

Riaana ·

Dis eintlik sad… Vir jare by Tshwane event centre gewerk waar hierdie kerk was, 14 Aug 2020 is al 47 werkers retrenched en gegooi vir die wolwe, als deur DA City of Tshwane. Almal het altyd gedink hierdie kerk is besig met duistere dinge, maar net so sleg soos hle gemaak word of is het ons dieminste n salaris verdien, nou sit 47 gesinne en kripeer, en weet nie waar kom ons kinders se volgende bord kos vandaan nie, en of ons more nog n dak oor ons kop het, ons het die Venue aan ECG verhuur ons was nie deel van enige onderduimse dinge nie maar ons word ook gestraf,

Erika ·

n man wat verhouding het met God Maak nie so nie Nou moet Hulle verantwoordelik heid neem vir Hulle keuses..,..en Pap en vleis eet

ES ·

Die Staat kan beslis aanvoer dat hul nie gereed is om voort te gaan nie. As die staat nog vir genoegsame bewyse en informasie wag wat ‘n bepalende faktor kan wees vir die besluit om nie borg toe te staan nie, kan die staat die saak soveel keer uitstel as wat hulle wil.

Hierdie vals kerke moet almal toegemaak en ontbind word. Dis ‘n skande.

JohanR ·

Hoeveelste “Pastoor” en sy vrou mind you, in ‘n hof. Hoeveel van hulle nog gaan mense uit hulle geld verneuk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.