Onafhanklike firma kyk na verdrinking op skooluitstappie

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Onafhanklike regsfirma gaan die verdrinking van ʼn 12-jarige leerder van die Refalotse Primary School in Winterveldt tydens ʼn skooluitstappie ondersoek.

Mandla Chauke, ʼn gr. 6-leerder, se lewelose liggaam is Vrydag in ʼn swembad aangetref. Ondanks onderwysers en ouers se pogings, en later ook dié van paramedici, is Mandla op die toneel dood verklaar.

Die groep leerders, vergesel deur onderwysers en sommige ouers, is Vrydagoggend na die oord vir die skooluitstappie. Daar het hulle eers ʼn formele seremonie gehad en toe middagete geniet, waarna die kinders onder toesig van onderwysers en ouers gaan swem het.

Dit is hier waar Mandla later bewusteloos in die water gevind is.

Matome Chiloane, Gautengse LUR vir onderwys, het die laerskool Dinsdag besoek en aangekondig dat die prokureursfirma die omstandighede rakende die seun se verdrinking sal ondersoek.

Chiloane het ook die Chauke-familie besoek om sy medelye met Mandla se dood te betuig. Hy het die familie die versekering gegee dat ʼn omvattende ondersoek gedoen sal word.

“As departement het ons besluit om ʼn proses te fasiliteer waarvolgens ʼn onafhanklike regsfirma ʼn deeglike ondersoek na die verloop van gebeure sal doen. Die onafhanklike ondersoek sal gelyklopend met die polisie-ondersoek gedoen word,” sê Chiloane.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lillian ·

ek wil verstaan of hierdie kinders almal bevestig het dat hul kan swem … en is dit bevestig met die ouers …

Perdeby ·

Moenie die kinders na plekke toe vat waar hulle kan swem nie! Hulle leer ook nie!

Danie ·

Ek se weer kinders kan nie sonder behoorlike toesig gelaat word nie.Water is n natuurlike magneet vir hulle.Iemand gaan weer die skuld kry.

Christine ·

Onderwysers en ouers moet geleer word om toesig te hou en wat dit beteken! Kinders word oral net toegelaat om hul eie ding te doen! Klein kinders van 4 jaar oud word winkel toe gestuur om brood te gaan koop, kinders swem alleen in riviere, al kan hulle nie swem nie!

madels ·

Kan hulle nie by elke swembad een of sekuriteits kameras opsit nie? Dit sal mos n magdom vrae kan beantwoord. Natuurlik in damme en riviere en see is dit nou nie moontlik nie maar verseker kan kameras opgesit word by elke publieke swembad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.