Onbetaalde ANC-werkers wil van Donderdag staak

Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad. (Foto: Google Earth)

Werkers in die ANC se kantore landwyd gaan van Donderdag staak weens hul onbetaalde salarisse.

Die groep eis dat nasionale leiers van die regerende party ingryp en die situasie dringend oplos. Hulle dring ook daarop aan dat hulle uitstaande salarisse vir Julie en Augustus dadelik betaal moet word.

Die werkers eis onder meer ook dat enigiemand wat langer as 18 maande by die organisasie werk as ʼn permanente werker beskou moet word, dat alle betalings aan die Voorsorg- en Werkloosheidsversekeringsfonds dadelik gedoen moet word en dat die ANC as werkgewer hom skriftelik tot die eise moet verbind.

Werkers in ANC-kantore sê hoewel die ANC se bestuur al verskeie ondernemings gegee het, mondelings en op skrif om die situasie te beredder, duur hul “skokkende” werksomstandighede voort.

“Ons word ongelukkig gedwing om stappe te doen teen die glorieryke beweging van Oliver Tambo op ʼn tyd wat die bewegings polities voor verskeie uitdagings te staan kom.

“Die Suid-Afrikaanse ekonomie ondervind ʼn krisis wat na vore gekom het in die beleggingskoers, ekonomiese groei, asook die verdere agteruitgang van die lewenstandaard van die meeste Suid-Afrikaners,” lui ʼn brief van die gegriefde werkers.

“Die ongelukkige situasie het nie werkers van die ANC gespaar nie.”

Die werkers sê stygings in die prys van brandstof, elektrisiteit en ander basiese benodigdhede raak hulle en hul gesinne.

“Ons het probeer vasbyt, maar die situasie is nie meer volhoubaar nie. Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat ons tot sondebokke vir die organisasie se finansiële wanbestuur gemaak word.”

Hulle sê hulle het die ANC met toewyding gedien en moet met waardigheid behandel word. Hulle het ook ʼn beroep op ander lede van die ANC gedoen om hul optrede te steun.

Werkers by die kantore van die regerende party het in Junie al betoog oor die benarde situasie waarin hulle hul bevind en hul uitstaande Mei-salarisse is destyds ná die betoging betaal.

Toe het die ANC die skuld vir sy “kontantvloeiprobleme” onder meer gepak op die algemene ekonomiese situasie, die inwerkingstelling van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye, asook ʼn dringende behoefte om die ANC se operasionele en finansieringsmodelle te moderniseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Nationalist ·

Sal absoluut niks verander aan die volume werk wat hul daagliks doen nie…

FranWilder ·

dit sal ook niks verander aan die aantal stemme wat hulle in ‘n verkiesing kry nie

VaalDonkie ·

Ja snaaks hier in my dorp wanneer die rommel ouens staak, word die asblikke vinniger leeggemaak.

Ek blameer nie die ouens op die trokke nie, ek blameer die baas in die kantoor.

Wat op dees Aarde ·

Al die werkers moet net bedank. Ongelukkig gaan dit ‘n reuse invloed hê op die al stygende werkloosheidskoers, maar dit sal ook dan die ANC se ondergang beteken en hopelik lei tot ‘n beter verkiesing en nuwe regerende party.

Jackie ·

Bid dat dit nie Juju en sy onheilige trawante is nie. Die enigste partye wat suksesvol sal kan oorneem is n koalisie tussen DA en Groenewald se manne.

Persheks Adri ·

Julle eie skuld plunder nog! Skraap die betogings uit die grondwet uit julle maak net moeilik!

Jr ·

Damn goeie vraag daar. Dink nie so nie. Want dan die geeste hulle spook

Grens ·

Dienslewering kan dalk verbeter as hulle staak, dan kan bekwame mense inspring en dit doen.

Piet parys ·

Wat hulle waar gaan kry om in Anc se kantore te werk .

Jr ·

Hierdie mense wragtag. Volgende maand nuwe surprises vir die publiek. Pensions en petrol is eerste. En tax verhooging op jou Saterdag braai ook miskien. What a circus. Maar Oktober sit hulle weer hulle merk voor die cANCer party. Eeehhh yeees

Elinette ·

Nee, hy kry dan nou kammakastig so swaar dat daar donasies gevra word vir sy regskostes.

JM ·

So draai die wiel van geregtigheid: die ANC se eie mense draai nou teen hulle, die party van ongeregtigheid en “retaliation” teenoor die minderhede. God slaap nie.

annie ·

Wat was Ace se bydrae tot die probleempie? Hy was mos die baas. Hoekom so baie werkers by hoofkantoor of is dit kaders se maters plus familie se entourage. Klink na ‘n lekker spul. Nou gaan die geld van waar gehaal word? Klink soos a paradise lost met ‘we demand’ as motto.

Anel ·

En dit is ons probleem, hoe? Daar is duisende onskuldige mense wst hulle werk verloor het agv julle en julle party se stelery en skelmgeit. Voel hoe voel dit.

Nie Verbaas ·

En net soos al die ondernemings waarop die staat sy hande het kom sy eie party se werknemers ook nou tot die besef van die ANC se totale onbevoedheid.

Jaco ·

Die ANC regeer SA en het toegang tot alle belastinggeld. Daars ook baie gevalle van korrupsie waar ANC raadslede, parlementslede en ministers betrokke is. So dis regtig vreemd dat, met toegang tot so baie geld, die ANC nie sy werkers kan betaal nie.

Strandloper ·

Dalk moet hul n slag werk en nie net by die huis lê nie?

absoluut ·

Maar tog hulle bly stem vir die anc, gaan my verstand te bowe, of eerder die van ons wat een het en dit gebruik

Kobus ·

Daars nie geld vir julle nie.Dit wat daar dalk is word sekerlik aangewend om julle “god en koning” JZ se regskoste te betaal.

Spook ·

Sjoe! Daar byt die ANC se onnosele arbeidswetgewing hulle terug. Briljant!!!

Nie Verbaas ·

“asook ʼn dringende behoefte om die ANC se operasionele en finansieringsmodelle te moderniseer.” Wel die ANC het hulle vermoë on bogenoemde te vermag al oor en oor bewys.

Piet parys ·

Goed so staak . Kry vir julle . Hoop hulle raak binnekort bankrot verklaar

Kerneels ·

anc kan nie eers hulle eie diere op hul plase versorg, of hulle eie mense se salarisse betaal nie. Nou word daar van hulle verwag om ‘n land te regeer…?!!

Misky ·

Gesegde wat lui: Moet jou nie verlekker in ander se ondergang nie. Vandag moet ek bieg en erken dat ek sukkel in diè geval…. kry vir julle!!!!

Johann ·

Shame? Hoe dan nou? Dog hulle verstaan as die TOP 6 eers potal ees….dan ees da ni tjelete oor fo da udda 68756 nie!

Pieter ·

Gaan vra vir kop doek sy het baie geld gemaak met haar sigarette.

marius ·

Waar kom jul geld vandaan ? Pannekoek verkope ? Perlemoen sop ? Wit olifant tafels ?

Pietertjie ·

Die werkers moet maar net harder stem vir hulle ANC base, dalk sal dit beter gaan vorentoe. Dis waar hulle nog al die jare glo.

Marisa W ·

As daar nou net iets in die grondwet was wat voorkom dat politieke partye wat insolvent is mag deelneem aan die verkiesing… of is daar dalk?

Elinette ·

Ek weet daar moet ‘n taamlike bedraggie betaal word sodat hul benoemde kandidate kan staan in munisipale verkiesings …

Swerwer ·

Mooi, kry vir julle. Voel hoe dit is vir ons ander wat moet suffer as gevolg van jul werkgewers/party en roekolose besluite. Die wiel het begin draai. Maar stem sal daar ANC gestem word want hul kyk mos teen hul ooglede vas!

Elinette ·

Wha-ha-ha-ha-haaaaaaaaaaaaaaaaaaaa!!!!!!!!!!!!!! Dit kom daarvan as jy van Wolf skaapwagter maak. ‘n Land, wat eens kon kompeteer met die beste in die wêreld, is nou niks meer as ‘n modder-en-afval-gevulde moeras nie.

Jannie van Niekerk ·

Maar kom verklesingsdag dan stem die hele spul weer vir die ANC. En die grootste grap van alles is: Die ANC LP’s, ministers, adjunk ministers, en Politieke raadslede by munisipaliteite kry wel hulle salarisse…

Heinrich ·

Dit wys hoe die ANC geld bestuur en waarom die land in die toestand is waarin dit is. Het gehoor hulle gaan op ‘n sloer staking, wonder of iemand dit sal agterkom…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.