Ondersoek aangevra na die onwettige handel van sigarette

(Argieffoto: pixabay)

Die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) het pres. Cyril Ramaphosa versoek om ʼn geregtelike kommissie aan te stel om die onwettige handel in sigarette te ondersoek. Die koop en verkoop van tabakprodukte is steeds verbode te midde van afsonderingsregulasies wat stelselmatig verslap word.

TLU SA het Woensdag in ʼn verklaring gesê die verwarring verlede maand nadat die regering aanvanklik gesê het die verbod op tabakprodukte gaan opgehef word net om later aan te dui dat dit nié die geval is nie, het nou bespiegelings aangevuur dat lede van die nasionale bevelsraad betrokke is by die onwettige handel van sigarette op die swartmark.

Die swartmark floreer die afgelope paar maande sedert die verbod op tabakprodukte ingestel is.

“Dit is in die belang van Suid-Afrika en diegene betrokke om ʼn dringende en beslissende ondersoek van stapel te stuur om enige onwettige handelinge bloot te stel,” het Louis Meintjes, president van TLU SA, in die verklaring gesê.

Meintjes meen die verbod op die koop en verkoop van tabakprodukte dien geen doel nie aangesien rokers hulself bloot tot die swartmark wend om sigarette te koop. “Die enigste mense wat voordeel trek uit die situasie is diegene wat betrokke is by die onwettige handel in sigarette,” het Meintjes bygevoeg.

Die South Africa Tobacco Transformation Alliance (SATTA) is ook van mening dat politici voordeel uit die verbod trek. “Dit is ʼn politieke magspel en misbruik van die regeringsproses om die grondwetlike regte van die wettige tabakbedryf en volwasse verbruikers te ondermyn,” het Ntando Shadrack Sibisi, voorsitter van SATTA en ʼn tabakboer van Mpumalanga, Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Dlamini-Zuma en Mazziotti.

Sibisi en Meintjes is dit eens dat dit tyd is vir die regering om oop kaarte te speel oor hoëprofiel-indiwidue in die politiek se bande met onwettige tabakhandelaars.

“Kom ons volg die geld. Kom ons kyk wie het finansieel baat gevind by die verbod op sigarette en met wie hulle verbind is, sodat die mense van Suid-Afrika die werklike motiewe agter die verbod op die verkoop van sigarette tydens die afsondering kan verstaan,” het Sibisi gesê.

Maroela Media het vroeër vandeesweek berig dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het bewerings deur die beweerde onwettige sigarethandelaar Adriano Mazzotti dat hulle vriende is, ontken.

Dlamini-Zuma is Dinsdag tydens ʼn parlementsitting prontuit oor haar bande met Mazzotti uitgevra deur die leier van die DA in die Nasionale Raad van Provinsies, Cathy Labuschagne.

“Ek is nie Mazzotti se vriend nie,” het Dlamini-Zuma geantwoord. Sy het gesê almal wat in Suid-Afrika die wet oortree, moet in hegtenis geneem, verhoor en gevonnis word – ook onwettige tabakhandelaars.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Rodger17 ·

Dit sal baie goeie ding wees die ondersoek!Chinese,indiërs en ander buitelanders buit die weerlose arm rokers uit vir eie gewin!Stuur sommer al hierdie buitelanders terugkom waar hul vandaan kom

Karoomeisie ·

Wil julle vir my sê nie een van die Parlementslede rook nie? Gaan die Parlement na dese rookvry wees? Ek dink nie so nie. So, waar kry hulle sigarette?

Rokers se longe is reeds beskadig, so of hulle nou rook of nie, dit gaan nie ‘n verskil maak nie…

Stofdonkie ·

Karoomeisie, dis waar jy die fout maak, dit gaan ‘n verskil maak. Iemand wat byvoorbeeld al vir 30 jaar rook en nou skielik moet ophou gaan erge onttrekkingsimptome beleef. So persoon kan sommer doodgaan, maar dit is aanvaarbaar vir die media en vir die regering. Want dan noem hulle dit ‘n covid-sterfte en die media verkoop koerante en die staat kan lange die lockdown toepas waarin hulle die nuwe magte wat hulle het baie geniet.

JohanR ·

Hoe weet ons Cyril Ramaphosa is nie self betrokke nie. Met die klomp ANC rampokkers is enigeiets moontlik! h

Kokerboom ·

Mooi so TLU!! Hier kom ‘n ding!! Of…..Nie? Hou die ruimte fyn dop!

Pieter ·

Gaan kyk op news 24 sy gaan op wat die HSRC se. Twee duisend was teen rook ses honder en veertig duisend was vir rook. Waar is die wetenskaplike bewyse dat rook die virus versprei. Ou kopdoek weet presies waar mee sy besig is. Haar van is nie verniet zuma nie

PH ·

AS daar ooit ‘n ondersoek kom, beter hulle vir Chuck Norris kry ander gebeur daar weer niks nie.

Pieter ·

Mm moet ons kommentare plaas of dink hulle ook ons is kinders

Eerlik ·

Dinge raak nou warm vir die minister van sameswerende regering.

Alleen Wolf ·

Jammer om te se, maar as daar ‘n ondersoek sou plaasvind sal dit op niks uitloop nie, Zondo kommisie is ‘n voorbeeld daarvan.

Pappa Beer ·

Die uitgerekte verbod op tabak maak dit DUIDELIK dat daar beslis iets sinister onder die tafel gebeur. Ek is n volwassene, dit is bly MY besluit wat ek met my liggaam doen, ek is bewis van al die gevare en maak my besluit daarvolgens. Ek is nie n kind wie se besluite vir my geneem moet word nie. Die onwettige tabak verspreiders en van die sogenaamde “ministers” is almal kop in een mus, of moet ek eerder se, in een “kopdoek”?

Cleopatra69 ·

Antie Zuma het beslis bande want amper al die sigarette in die mark is gemaak deur haar vriende van n sekere maatskappy

pokkel ·

Ek sien toevallig in ‘n Daily Maverick artikel dat navorsing bewys het dat LSD & Magic Mushrooms (wat beide glad nie verslawend is), ook by verre minder skadelik is, so miskien moet ons maar die alkohol en sigarette los en ander opsies oorweeg

Chris ·

Die regime het nog nie agtergekom dat wanneer jy ‘n vrye mark verwoes, word dit ‘n swart mark. Jy kan in die tye floreer. Hou jou vriende naby jou en jou vyande nader.

Stefan ·

Elke tiende ou verkoop smokkel sigarette, almal weet van hulle, kan nie so moeilik wees om hulle vas te vat nie.

Vrijburger ·

In vandag se media:
“A report by the Human Sciences Research Council indicates that 88% of smokers were not able to buy cigarettes during level 5 lockdown, suggesting that the temporary ban was effective in reducing access to cigarettes and usage thereof”.
“A UCT study from mid-May, meanwhile, found the ban had not been successful in cutting usage and was creating a lasting illicit tobacco market. The survey found that 90% of respondents had bought cigarettes during the lockdown.”
Soos die gesegde se; “There is lies, damn lies and then there is statistics”. Iemand lieg en bedrieg erg.

Delilah ·

during level 5 lockdown, suggesting that the temporary ban was effective in reducing access to cigarettes and usage thereof”.

ja omdat ons genoeg voorraad aangekoop het en vanaf level 4 ontwettige sigarette begin koop het, wys jou net hoe dom kan kopdoek wees

Vriendelike Frikkie ·

My Ouma het altyd gesê: “Waar kla jy die Duiwel aan, as die aanklagkantoor in die Hel sit?”

Adam ·

Om die regering te vra om iets te ondersoek is so goed as om ‘n mes te neem om die verlede te probeer wegsny. Elke enkele feit word deur die regering verdoesel en almal weet die swart mark floreer en sekere politicibaat daarby.

Magda ·

laat Gerrie Nel dit Privaat vervolg – dan weet n mens tenminste dat dit regverdig en nie omgekoop gaan word nie. Vertrou NIEMAND van die sogenaamde vervolgings mense wat die korrupte goed moet aankla nie, hoeveel is al aangekla EN HOEVEEL IS AL SKULDIG BEVIND – SO PRIVAAT VERVOLGING MET GERRIE NEL ASB.

Juffrou ·

Wat beteken haar kommentaar: sy is nie vriende met Mazotti nie? Maar sy staan hand omi blaas met dié vent? Én dan ewe te sê mense moet vervolg word! Sy dink ons is almal gekke. Sy’s die grootste gek.

PieterP ·

Hy het dan beyaal vir haar presidensiele veldtog. Grootbek maar jaar knieë bewe want sy weet haar seun sal dan toegesluit behoort te word maar dan omdat hy ook nog ‘n Zuma is sal hy ook nooit sit nie

Yvonne ·

Soos alles , sal die skuldiges , al word hulle uitgewys ooit tot vergelding ge roep word?

Corne123 ·

Met die volgende buget speach los julle sonde belasting uit want julle dit nie nodig nie so stel die hele mal af want julle wil dit nie he nie

Gemaskerde Sopbeen ·

Baie goeie idee. Kom ons krap die ou Zuma nessie oop

koos10 ·

Tydens die hofsaak oor die wettiging van dagga was daar geen teenstand van die regering af nie, wetende dat dagga rook tot swaarder dwelms kan lei. Kundiges is totaal geignoreer.
Wel, dit nog steeds wettig, rokers miskien is dit dan ons pad?

Alida ·

Die groot induna met die kopdoek sit reg langs CR! Hoekom verder soek?

Ansie ·

Natuurlik sal sy dit ontken, bewyse of nie. En Edward Zuma se naam is ook ‘n tyd gelede genoem met bewerings dat hy betrokke is by die onwettige handel van sigarette. En ek wed as een van haar vriende of familie gevang word sal daar ‘n stokkie voor die vervolging gesteek word soos nou met die ondersoek na korrupte polisie-hoës gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.