Ondersoek ná skokvideo oor polisieman se dood

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Dinsdag die verspreiding van ʼn skokvideo van ʼn polisiebeampte wat gedurende ʼn gewapende rooftog doodgeskiet word, veroordeel.

Brig. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Donderdag net ná 01:00 in Katlehong, Gauteng, gebeur. Konst. Tshepo Tladi (35) is tydens ʼn gewapende rooftog in die Twala-gedeelte in Katlehong-Noord doodgeskiet.

Volgens De Beer word beeldmateriaal van die skietery, wat deur veiligheidskameras op die perseel vasgevang is, sedertdien wyd op sosiale media versprei. In die video, waarvan ʼn weergawe in Maroela Media se besit is, kan gesien word hoe polisiebeamptes agter ʼn muur skuil voordat hulle in dieselfde rigting begin skiet.

Op die video kan gesien word hoe een van die beamptes voor ʼn ander beampte inbeweeg en van agter in die kop geskiet word. Kort daarna kom nog ʼn polisiebeampte nader gehardloop en dit lyk of die beampte die gewonde polisieman se pols voel. Die video eindig met ʼn beeld van die gewonde polisiebeampte wat nog op die grond lê.

De Beer het gesê Tladi is ná ʼn skietery in die hospitaal dood.

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het opdrag gegee dat daar ʼn strafregtelike ondersoek en ondersoek na moontlike wangedrag, in samewerking met die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), gedoen word. Phahlane het gesê die ondersoeke sal fokus op die polisiebeamptes wat op die toneel was om seker te maak dat die persoon of persone wat vir Tladi se dood verantwoordelik is dienooreenkomstig hanteer word.

ʼn Interne ondersoek sal ook gedoen word met die oog op dissiplinêre stappe wat teen enige polisiebeampte gedoen sal word wat ʼn misdaad gepleeg of die polisie se gedragskode oortree het.

“Ons is uiters geskok en ontsteld deur die beeldmateriaal wat ons gesien het en wat aanlyn versprei word,” het Phahlane gesê. Hy het gesê indien bewyse aan die lig kom dat polisiebeamptes met die toneel gepeuter het of dat daar enige vorm van ʼn toesmeerdery was, sal daar geregtelike gevolge wees.

“Die onsensitiwiteit van die media wat hierdie traumatiese video versprei, is sensasionele joernalistiek en betreurenswaardig. Dit is jammer dat die ontslape polisiebeampte se familie onderwerp word aan die trauma daarvan om deur hierdie wydverspreide beeldmateriaal ooggetuies van sy dood te wees en ons betuig ons innige meegevoel met hulle. Ons sal seker maak dat geregtigheid geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jacobus

Dit is as gevolg van n gebrek aan opleiding.

Poot

Voor iemand die beampte veroordeel…..wees bewus daarvan dat die beeld materiaal misleidend kan wees. Party CCTV kameras het hoë definisie beeld sowel as nagsig bevoegdheid. Die toneel mag dalk dag helder lyk, maar glo my 01h00 in die oggend is dit stik donker in Katlehong se sy straatjies.
Dis baie tragies.

Koos1

Jacobus en Poot. Ek stem saam met julle, MAAR ek het die geleendheid gehad ‘n paar jaar terug om OPERASIONELE LEDE in aksie te sien op ‘n skiet baan. Van die lede kon nie hulle dienspistool Z88 in 2 minute aan mekaar sit nie. Ander kon na 50 rondtes nie ‘n A4 papier op ‘n teiken tref nie. En dit alles op die beskermde plek van ‘n skiet baan. Ek sou nooit daardie lede op straat laat werk nie, want die spanning is 1000% hoër in ‘n skiet geveg. So Poot, jou uitkyk is geregverdig maar Jacobus het ‘n baie… Lees meer »

Cobus

Beampte wat geskiet het kan nie die blaam dra nie. Daar was niks voor hom toe hy geskiet het nie. Lyk of die beampte wat geskiet is het voor hom inbeweeg. Sulke dinge gebeur ongelukkig as dinge rof gaan. Ek hoop net ander kan hieruit leer sodat dit voorkom kan word dmv addisionele opleiding en bewusmaking. My hart gaan uit vir die beampte wat geskiet het en vir die oorledene se familie, dit moet vir almal baie moeilik wees om te hanteer.

Koos1

Jacobus en Poot. Ek stem saam met julle, MAAR ek het die geleendheid gehad ‘n paar jaar terug om OPERASIONELE LEDE in aksie te sien op ‘n skiet baan. Van die lede kon nie hulle dienspistool Z88 in 2 minute aan mekaar sit nie. Ander kon na 50 rondtes nie ‘n A4 papier op ‘n teiken tref nie. En dit alles op die beskermde plek van ‘n skiet baan. Ek sou nooit daardie lede op straat laat werk nie, want die spanning is 1000% hoër in ‘n skiet geveg. So Poot, jou uitkyk is geregverdig maar Jacobus het ‘n baie… Lees meer »