Ondersoek ná talle vragmotorkapings in Delmas-gebied

Argieffoto ter illustrasie

Die polisie het ʼn grootskaalse soektog begin na verdagtes wat verantwoordelik is vir ʼn vlaag vragmotorkapings in die Delmas-omgewing in Mpumalanga.

Twee vragmotors van dieselfde maatskappy is omstreeks 20:30 Maandag op die R50 gekaap, het brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê. Die vragmotors het soja van Bronkhorstspruit na Standerton vervoer.

Volgens Hlathi het een van die vragmotors glo meganiese probleme ondervind waarna die bestuurder van die pad af getrek het. Die bestuurders van die ander vragmotor het ook langs die pad stilgehou om bystand te verleen.

“Vier gewapende verdagtes het toe glo met ʼn wit Nissan-afleweringsvoertuig op die toneel stilgehou en die vragmotorbestuurders oorrompel. Die bestuurders is met hul skoenveters vasgebind en in die vragmotors gelaai.

“Die verdagtes het glo met die vragmotors na ʼn onbekende ligging gery en 40 ton soja ter waarde van R400 000 afgelaai. Die vragmotorbestuurders is hierna in ʼn veld afgelaai. Die twee vragmotors is Dinsdag in die vroeë oggendure opgespoor.”

In nog ʼn voorval is ʼn vragmotor wat skryfbehoeftes vervoer het, Dinsdag in die vroeë oggendure op die N12 deur die insittendes van ʼn wit VW Polo en ʼn swart Mitsubishi, albei met blou ligte toegerus, van die pad af getrek.

“Vyf gewapende mans het uit die voertuie geklim. Hulle het glo uniforms van die polisie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aangehad. Die bestuurders is ontvoer en later in ʼn veld afgelaai. Skryfbehoeftes ter waarde van R100 000 en die vragmotor ter waarde van R500 000 is gesteel.”

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het aangedui dat die polisie alles in sy mag sal doen om die verdagtes aan te keer.

Enigiemand met inligting word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dries ·

Dit is al wat julle goed kan doen julle leer mooi by julle ANC regering hoe om te plunder

emily ·

Vuilgoed.
Dan verwag SAPD dat ons moet stop as ons deur hulle afgetrek word, Hoeveel van die BOGUS kriminele IS daar.
Ons SAPD kan maar net nie die misdaad in die land verminder, kan hulle.
Die klink vir my ook na Inside job. Hoekom is blou ligte en polisie ens. uniforms so vrylik beskikbaar.

JM Coetzee ·

Ek persoonlik dink dis hoog tyd dat wanneer ‘polisie’ ‘n vragmotor langs die pad wil stop, die vragmotorbestuurder ook net sy noodflikkerligte moet aanskakel en na die naaste vulstasie toe moet ry. Die ideal sou natuurlik wees as elke vragmotor ‘n gewapende sekuriteitsbeampte aanboord kon hê. Maar nou ja….

F Coetzee ·

Iets stem nie ooreen nie, die een voertuig trek van die pad af met meganiese probleme? N ander een stop om hom by te staan met probleem? Dan stop die wit voertuig “oorrompel hulle” en dan neem albei voertuie, een met meganiese “defek” en die ander een en doen hulle ding!!! Emily jou laaste punt maak baie sin.

Jurie Kotze ·

Ek dink jou kans tydens ‘n padkaping deur ‘n “regte rower” is verkiesliker as ‘n polisie kaping ( ek dink ‘n polisiekaping is ‘n werklike situasie en behoort so genoem te word).
Indien jy die roof erken as ‘n aanslag op jou lewe en eiendom kán jy jouself verdedig met jou vuurwapen. Indien die rower ‘n lid is van die magte wat jou behoort te beskerm en hom so voordoen, dan waag jy nie om op te tree nie want jy sal verseker aan die kort kant trek. Hy/ hulle mag dalk ‘n regte lid wees al is hy ‘n rower, in so ‘n geval is dit die einde van jou vrye mens status, jy sal tronk toe vir lank ongeag die feit . Hy kan sy praktyk voortsit.
‘n Rower wat herkenbaar optree soos een laat jou toe om onmiddelik die situasie op te som en kan jy optree en dalk ‘n goeie kans staan om vry te kom na die aanvanklike aanklag en gevolge as jy wel .
oorleef.
Om gestop te word deur ‘n lid of lede van die metro/polisie is net so vreesaanjaend as deur rowers.

Scalla ·

Verban alle blou ligte op/in voertuie wat nie in Sapd kleure gemerk is nie, dit is n begin.

Storm ·

Die “verdagtes” was seker opad polisie stasie toe om hulle onwetige wapens in te handig, maar het dit nog net vir oulaas gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.